

Goeie arbeidspraktyke en
-verhoudinge in die kollig
S
A Graan/Grain
het verlede maand berig oor die arbeids-
praktyke op Boontjieskraal Landgoed, naby Caledon in die
Suid-Kaap, waar wedersydse respek tussen werkgewer en
werknemer baie belangrik is.
Mnr Richard Krige (hoofbestuurder van Boontjieskraal Landgoed
asook hoofbestuurslid van Graan SA) vertel in dié artikel meer oor
hulle prestasie-evalueringsprogram en die minimum loon.
Prestasie-evalueringsprogram
Krige vertel dat hulle vir vier jaar (2004 tot 2008) ‘n prestasie-
evalueringsprogram bedryf het wat erkenning aan die werkers op
die plaas gegee het en produktiwiteit in die werksplek bevorder het.
Dit was ‘n prestasie-evalueringsprogram waar elke werker hulself
geëvalueer en bepunt het. Bestuur het hulle terselfdertyd ook
geëvalueer.
“Bestuur het dan met elke individu die resultate bespreek en
gegrond hierop, het almal bonusse en verhogings gekry. Daar was
tien afdelings op die vorm en die telling was uit 100 gewees. Netheid
by die huis, netheid by die werk, pligsgetrouheid, oplettendheid,
uitvoering van opdragte, bereidwilligheid, stiptelikheid, betroubaar-
heid, eenvormigheid en spanwerk/spangees was die tien afdelings
waarop evaluasie gedoen is,” verduidelik Krige.
Hierdeur het die werknemer besef wat die werkgewer se verwag-
ting van hom is. Dit het ten doel gehad om elke werknemer se
potensiaal te optimaliseer. Die produktiwiteit van elke werknemer is
verhoog en volgens Krige het dit hulle onderneming ‘n geweldige
hupstoot gegee.
Prestasiebeoordeling word vandag deur die bestuur self gedoen.
Jou siening van die minimum loon?
Op hierdie vraag, antwoord Krige: “In sekere sektore van landbou is
die minimum loon seker van pas – gegewe die produktiwiteit en tipe
werk wat gedoen word. Indien ons in die graanbedryf R5 000 vir ‘n
ton koring kry, sal ek my mense meer kan betaal.
“Ons moet egter ‘n fyn balans handhaaf van winsgewendheid en
stabiliteit om ons toekoms te kan verseker en ook regverdig teenoor
ons werknemers te wees wat die omstandighede waaronder hulle
werk en hul vergoeding betref.
“Ons kompeteer lankal met ander sektore van die ekonomie en
terwyl daar van ons werknemers in die dorp bly, is dit ook belangrik
dat hulle gelukkig is in hul werk. Daar is ‘n liefde vir landbou, wat
tesame met die betrokkenheid in die bedryf, ‘n kritieke rol speel.
“Dit is egter ‘n jammerte dat ons huiwerig is om kinders die
geleentheid te gee om sakgeld in die vakansies te verdien as gevolg
van arbeidswetgewing. Ons kry sodoende nie die liefde vir landbou
onder die jonger mense gekweek nie. Daar is belangrike lesse
wat geleer kan word wanneer ‘n kind gedurende vakansies werk.
Werksetiek, om met geld te kan werk en te besef dat geld nie aan ‘n
boom groei nie, is maar net ‘n paar waaraan ek kan dink.
“Daar word in sekere kringe gesê dat as jy nie werk of fluks is in die
skool nie, jy “sommer” ‘n plaaswerker gaan word. Dít gemeet teen
wat? ‘n Fabriekswerknemer in die stad? Die persepsie van mense
as gevolg van politieke uitsprake doen die bedryf baie skade aan,”
meen Krige.
Volgens Krige is daar baie geleenthede vir alle mense, opgelei of
nie, in die landbou. Hy vertel dat in die tyd wat daar so baie stakings
in die Wes-Kaap was, RSG ‘n gesprek gehad het oor vergoeding.
“Daar bel ‘n fabriekswerker van die Kaap in en sê hy sal maklik vir die
minimum loon op ‘n plaas werk mits hy verblyf en vervoer werk toe
kry. Mense in die stede betaal ten duurste vir vervoer en verblyf en
gevolglik het die inbeller gesê dat ‘n werker in die landbou nie in so
‘n slegte posisie is nie. Dit is jammer dat die landbou so gepolitiseer
word,” het Krige gesê.
Lees volgende maand hoe geskille op die plaas besleg word en Krige
gee ‘n paar wenke oor hoe om die beste uit jou werknemerskorps te
verkry.
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur,
SA Graan/Grain
– Boontjieskraal Landgoed (Deel 2)
Reeks
33
December 2014
AKTUEEL
Deel jou praktyke met medeprodusente
Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas
toepas en wat vir hulle werk, met hulle medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na
estiedv@mweb.co.zaen ons sal jou kontak.
Prestasie-evalueringsprogram
1. Netheid by die huis
2. Netheid by die werk
3. Pligsgetrouheid
4. Oplettendheid
5. Uitvoering van opdragte
6. Bereidwilligheid
7. Stiptelikheid
8. Betroubaarheid
9. Eenvormigheid
10. Spanwerk/spangees
/10
/10
/10
/10
/10
/10
/10
/10
/10
/10
‘n Voorbeeld van die prestasie-evalueringsprogramvorm wat op
Boontjieskraal Landgoed gebruik is.