

Desember 2014
40
Landboudebat hoogtepunt by
Swartland skou
D
ie Graan SA/Nedbank/Kaap Agri/Old Mutual/
Landbou-
weekblad
Landboudebat is op Vrydag, 5 September
vanjaar, tydens die Swartland skou op Moorreesburg
aangebied. Die tema van hierdie debat was “Die ekono-
miese vooruitsigte vir landbou in Suid-Afrika met die fokus op die
implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)”.
Sprekers wat deel gevorm het van die debat, het die volgende
persone ingesluit: Prof Johann Kirsten (Departement Landbou-
ekonomie, Uitbreidings en Plattelandse Ontwikkelingsgeleenthede),
mnr Dave Mohr (Old Mutual Wealth) en mnr Alan Winde (provinsiale
minister van Landbou en Ekonomiese Aangeleenthede).
Prof Kirsten het sy visie vir landbou in Suid-Afrika met produsente
gedeel. Hy het onder andere aangevoer dat mense sal moet begin
verstaan dat daar ‘n verskeidenheid van aspekte in landbou bestaan
wat geïntegreerd is en wat op die ou einde ‘n stelsel vorm. Ook het hy
daarop gewys dat elke aksie of verandering van een aspek, ‘n direkte
of indirekte impak op ‘n ander aspek of area het. In die lig hiervan,
het hy ook die noodsaaklikheid en behoefte aan sterk leierskap en
beleidskoördinering beklemtoon. Wat ontwikkeling betref, is hy van
mening dat dit deur kommoditeite gelei en gekoördineer moet word
wat die nodige ondervinding en kennis in hierdie verband het.
Minister Winde het produsente verder toegelig oor sy verant-
woordelikhede en fokuspunte in terme van die NOP. Hy voer aan dat
een van die belangrikste fokuspunte op hierdie stadium ekonomiese
ontwikkeling behoort te wees. Minister Winde het ‘n voorbeeld
gebruik van twee fabrieke in Kaapstad wat in dieselfde area geleë is.
Tydens die stakings wat onlangs plaasgevind het, het die een fabriek
se werkers vir ‘n maand lank gestaak waarna die fabriek sy deure
moes sluit. Die ander fabriek se werkmense het nie aan die staking
deelgeneem nie en gaan voort om winsgewend te wees. Die vraag
is: “Wat is die verskil tussen hierdie twee fabrieke?”
Sy uitgangspunt is dat ons meer aan arbeidsverhoudinge moet
aandag gee en dat hierdie verhoudinge die maak of breek van ons
bedryf kan beteken. Dit het ook ‘n direkte impak op die investering
van buitelandse maatskappye. Buitelandse investeerders moet kan
sê dat Suid-Afrika ‘n goeie plek is om besigheid te doen.
Ander fokusareas waarop die minister hom toespits, sluit die
verwydering of die minimalisering van rompslomp (
red tape
) in
om sodoende prosesse te vergemaklik. Hy het ook ‘n versoek aan
produsente gerig om enige rompslomp-prosesse direk aan hom
te rapporteer.
Verder fokus hy op die ontwikkeling van vaardighede in die provinsie
asook om leerders se belangstelling in landbou te wek. Minister
Winde blyk om prakties en oplossinggedrewe te wees en is goed
deur produsente ontvang.
Mnr Dave Mohr van Old Mutual het aan produsente ‘n oorsig van die
mark gegee. Mohr het aangevoer dat wat op die oomblik in Suid-
Afrika se arbeidsmark gebeur, ‘n globale verskynsel is en dat ons nie
geïsoleerd is nie, maar met die wêreld se arbeidsmarkte kompeteer.
Salarisverhogings is wêreldwyd laer en het nog nie ten volle herstel
ná die 2008-resessie nie. Ontluikende markte groei ook stadiger.
Suid-Afrika volg die wêreldsiklus en een van die redes waarom ons in
die laaste tyd agter raak, is omdat ons hoofuitvoerprodukte, naamlik
goud, platinum, ystererts en steenkool se pryse bly val. Alhoewel dit
val, bly dit egter steeds redelik hoog.
Mohr het produsente verder meegedeel dat Suid-Afrika se be-
grotingstekorte baie hoog raak en dat daar ‘n moontlike gevaar
van belastingverhogings mag wees. Daar word ook meer rente-
koersverhogings verwag, maar geen skokke nie. Laastens is posi-
tiewe gesprekke tydens die debat aan die gang gesit. Produsente
het verskeie vrae aan die paneel gerig wat veral op grondhervor-
ming gefokus het asook versoeke oor hoe hul betrokke kan raak om
hul werknemers te bemagtig.
Die feit dat die minister bereid was om sy selfoonnommer sowel as
e-posadres aan die gehoor uit te deel, is ‘n bewys van hoe hy nader
aan die produsente en publiek wat teenwoordig was, wil beweeg.
Hierdie geleentheid kan as ‘n positiewe en opbouende gesprek
bestempel word.
AKTUEEL
TOIT WESSELS,
ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA
1: Die paneel tydens die Landboudebat: Prof Johann Kirsten,
minister Alan Winde, Dave Mohr en Chris Burgess van
Media 24/Landbouweekblad.
2: Toit Wessels, Andries Theron (visevoorsitter: Graan SA),
Chris Burgess, minister Alan Winde, André Kirsten
(Graan SA-hoofbestuurslid) en Jacques Bester (president van
die Swartland skou en ‘n Graan SA-lid).
3: Die Landboudebat is baie goed bygewoon.
4: Prof Johann Kirsten aan die woord.
5: Graan SA ontwikkelende produsente wat die geleentheid
bygewoon het: Newton Haupt (Masakhe Coop), Thobela
Tshobololo (Ganzekraal), Patricia Duna (Masakhe Coop),
Willem Klaase (Welbeloon Boerdery) en sy vrou, asook
Winston Cleophas (Kanolskop Boerdery) en Jess Afrikaner
(Kanolskop Boerdery).
1
4
5
2
3