

Volwasse goudogies voed hoofsaaklik op nektar asook heuningdou
en/of stuifmeel, maar kan ook hul dieet aanvul met insekte. Die
larwes lyk in sekere opsigte net soos dié van die skilpadkewer, maar
is gewoonlik ligter van kleur en meer langwerpig (
Foto 7
).
Daar is twee duidelike knypers (monddele) aan die voorpunt van die
kop wat gebruik word om prooi mee te vang en vas te hou tydens
voeding. Gewoonlik word die prooi se ingewande/sappe verorber
sodat net die leë “vel” oorbly ná voeding. Goudogies het gewoonlik
drie instars. Ná voltooiing van die larvale stadium (ongeveer twee
weke) spin die finale instarlarwe ‘n kokon wat aan die plant geheg
word (
Foto 8
). Binne die kokon ontwikkel die papie en die volwasse
goudogie verskyn ongeveer tien tot 14 dae later.
Sweefvlieë
(Hoverflies)
Hierdie insekte behoort aan die
Diptera
-orde (familie:
Syrphidae
)
en ondergaan ook ‘n volledige metamorfose. ‘n Algemene spesie
wat plantluise op koring aanval is
Eupeodes corollae
wat met sy
geel en swart agterlyf, baie soos ‘n by of perdeby lyk (
Foto 9
). Soos
die Engelse naam aandui, kan hierdie vlieë doodstil in die lug bly
hang of fladder en dan vinnig van lokaliteit verander waar dit weer
sal fladder. Sweefvlieë is uitstekende vlieërs en kan tot 3,5 m per
sekonde beweeg met ‘n vlerkslag van tot 120 slae per sekonde.
Volwasse vlieë voed op nektar en stuifmeel en verrig dus ook ‘n
belangrike diens ten opsigte van bestuiwing (sommige sweef-
vliegspesies is saprofiete, terwyl ander op plante en/of swamme
voed, maar daar is bitter min oor Suid-Afrikaanse spesies bekend).
Ná paring lê die wyfievlieg haar eiers op die plant, gewoonlik na
aan potensiële prooi vir haar nageslag, soos ‘n plantluiskolonie. Die
eiertjies (ongeveer 1,5 mm lank) is wit van kleur en word direk op
die plant gelê, gewoonlik ook naby prooi. Slegs die larvale stadium
met ‘n lewensduur van ongeveer tien dae, is predatories en, soos
in die geval van goudogies, word die prooi se ingewande/sappe
verorber sodat net die leë “vel” oorbly ná voeding (
Foto 10
). Daar is
ook drie instars en die finale instarlarwe vorm ‘n papie op die plant
(
Foto 11
) waaruit die volwasse vlieg agt tot nege dae later verskyn.
Buiten insekte is daar baie ander predatore wat nie in hierdie artikel
behandel word nie, maar wat ook ‘n belangrike rol speel in plant-
luisbeheer, soos byvoorbeeld spinnekoppe en voëls. Swaeltjies
word dikwels opgemerk waar hulle heen en weer oor koringlande
vlieg en jag maak op gevleuelde plantluise. Plantluise beweeg ook
oor die grondoppervlak tussen plante en kan dan deur grondkewers
in die familie
Carabidae
(sien
www.carabidae.org )aangeval word.
Produsente moet kennis neem van hierdie voordelige insekte en nie
onnodig chemiese insekdoders toedien nie. Predatore is voordelige
insekte en lewer ‘n gratis plaagbeheerdiens. Leer ken
jou (vriendelike) vyand en boer saam met die natuur!
Vir verdere navrae, kontak dr Justin Hatting, LNR-
Kleingraaninstituut, by 058 307 3468.
Foto-erkennings
Foto 1:
www.macreando.blogspot.comFoto 2:
http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Hippodamia_variegata_egg.jpg
Foto 3:
http://toronto-wildlife.com/Insects/Beetles/Ladybug/ladybugs.htmlFoto 4:
https://farm6.staticflickr.com/5510/14102705139_c7ff79f6fa.jpgFoto 5:
http://www.mattcolephotography.co.ukFoto 6:
http://tcpermaculture.blogspot.com/2011/05/beneficial-insects-lacewings.html
Foto 7:
http://spiders-n-stuff.blogspot.com/2009/09/green-lacewing-chrysopa-chi.html
Foto 8:
http://nathistoc.bio.uci.edu/neuropt/10730009.JPGFoto 9:
http://blog-imgs-15.fc2.com/f/u/k/fukker666/20110510162658164.jpgFoto 10:
https://c2.staticflickr.com/4/3433/5737808951_403d1f0419_z.jpgFoto 11:
www.nzacfactsheets.landcareresearch.co.nzOP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Ken jou (vriendelike) vyand!