

kom, is aanvanklik lig van kleur, maar verdonker stelselmatig na
helder rooi/oranje met swart kolle. Vanuit ‘n plaagbeheeroogpunt
is dit belangrik om daarop te let dat beide die larvale en volwasse
stadia predatories optree. Onlangs (2006) het daar ‘n uitheemse
skilpadkewer,
Harmonia axyridis
(wat ook as biologiese beheer-
agent optree), homself in Suid-Afrika gevestig. Ongelukkig is hier-
die skilpadkewer baie aggressief en val soms ook ander voordelige
insekte aan.
Hierdie skilpadkewer is ook bekend as die harlekyn skilpadkewer
weens die baie kleurvorme waarin dit voorkom – gaan kyk gerus
by die volgende webtuiste:
http://en.wikipedia.org/wiki/Harmonia_axyridis#mediaviewer
/File:Harmonia_
axyridis01.jpg.
Goudogies
(Lacewings)
Hierdie insekte behoort aan die
Neur-
optera
-orde (familie:
Chrysopidae
) en
ondergaan ‘n volledige metamorfose,
net soos die skilpadkewers.
Volwasse goudogies (15 mm - 20 mm
lank;
Foto 5
) is veral in die nag aktief
en word dikwels by ligte teen buite-
mure opgemerk. Kenmerkend aan die
goudogies is hul vliesagtige vlerkies en
blink oë, vandaar die naam “goudogie”.
Ná paring lê die wyfie haar eiers op die
plant. Nog ‘n kenmerkende eienskap
by goudogies is dat hierdie eiertjies op
die punte van lang steeltjies voorkom
(
Foto 6
), wat hulle en die jong larwes
van predasie en/of kannibalisme be-
skerm. Die eiers broei ná ongeveer
vier dae uit en die jong larwes begin
onmiddellik soek na prooi. Plantluise
vorm ‘n belangrike deel van hul dieet,
alhoewel ander sagtewand-insekte
(byvoorbeeld myte, blaaspootjies, wit-
vlieë en bladspringers) asook insek-
eiers as voedsel benut word.
31
December 2014
Wat is instars?
Soos die larvale stadium in grootte
toeneem, moet dit vervel en elke
fase tussen hierdie vervellings
word instars genoem.
Sweefvlieë (
Hoverflies
)
9: Volwasse sweefvlieg,
Eupeodes corollae
.
10: Fotoreeks van ‘n sweefvlieglarwe wat jag maak op ‘n plantluis.
11: Papie van ‘n sweefvlieg.
Goudogies (
Lacewings
)
5: Volwasse goudogie.
6: Eiers op steeltjies.
7: Larvale stadium van ‘n goudogie.
8: Kokon van ‘n goudogie.
5
7
8
6
9
11
10