

Koringprodusente,
Quo Vadis
?
K
oringmarkte, plae en die winsge-
wendheid van dié gewas, was van
die kwellinge en kwessies wat
tydens vanjaar se LNR-Kleingraan-
instituut (LNR-KGI) Koringinligtingsdag
aangeraak is. Dié dag het op 18 September
op Bethlehem plaasgevind waartydens
produsente kundiges kon nader vir advies
oor probleme wat in hul boerderye onder-
vind word.
Mnr Divan van der Westhuizen (projek-
koördineerder by BFAP) het internasionale
en plaaslike koringmarkte bespreek asook
watter drywers koringproduksie in Suid-
Afrika beïnvloed. Hy het ook na onder meer
mieliemarkte en sojaboonmarkte verwys
asook die impak van die verbruiker op die
verskillende markte. Plaaslike areatendense,
die kompetisie vir bewerkbare grond asook
die uitvoerbaarheid op plaaslike vlak, was
ander kwessies onder bespreking.
Van der Westhuizen het ook genoem dat
ongeveer 20% van produsente se kuns-
misbehoefte in Suid-Afrika gedurende die
1990’s ingevoer is, terwyl daar vandag
ongeveer 65% ingevoer word. “Ons sal
meer produktief moet boer. Daar is die
laaste paar jaar goeie vordering gemaak
om die insetkoste op so ‘n vlak te hou om
produsente se vooruitgang te verseker. Die
vraag is egter tot watter mate ons dit kan
beheer en tot watter mate is dit uit ons
hande uit. Dit is moeilike, volatiele tye en
besluitneming op plaasvlak word al hoe
meer kompleks,” het hy gesê.
Die risiko van plantdatums is deur mnr
Willem Killian (navorsingspanbestuurder:
LNR-KGI) bespreek en hy het interessante
data met betrekking tot die verhouding
tussen plantdatums, reënval en opbrengste
voorgelê. Hy korrespondeer ook gereeld
sy data met dié data wat produsente op
hulle plase kry.
Tydens ‘n paneelbesprekingsgeleentheid
het ‘n produsent wat die dag bygewoon
het, raad gevra met betrekking tot vinke wat
tot die verwoesting van soveel opbrengste
lei. Dr Annelie Barnard van die LNR-KGI
het daarop geantwoord dat hulle tans be-
sig is met die ontwikkeling van ‘n nuwe
projek wat nie noodwendig die probleem sal
oplos nie, maar wel die gewasse tot ‘n mate
kan beskerm teen sulke plae. Hulle wag
egter steeds vir befondsing voor die projek
voortgesit kan word.
Me Lientjie Visser van die LNR-KGI het
die beginsels wat saam aangewend moet
word vir bewaringsboerdery om volhou-
baar te wees, bespreek. Hierdie beginsels
sluit in deurlopende minimumversteuring
van die grond en permanente organiese
grondbedekking. Die LNR-KGI het ook
onlangs besluit om ‘n navorsingsprojek op
die been te bring wat gewasvolgorde en die
invloed wat die verskillende gewasse op
mekaar het, te ondersoek.
Die ekonomie van gewasrotering is deur
‘n landbou-ekonoom van VKB, mnr Jaco
Heckroodt, uiteengesit, terwyl mnr Abé
Visser (‘n produsent van die Reitz-omge-
wing) sy bevindinge oor minimumbewer-
king met inligtingsdaggangers gedeel het.
Hy het in 2008 met dié bewerkingspraktyk
begin. Visser is van mening dat daar voor-
dele én nadele aan die praktyk verbonde
is. Voordele sluit onder meer die besparing
op arbeid en onderhoudskoste, hoër grond-
vog en verbeterde grondstruktuur in. Hy
het ook genoem dat minimumbewerking
die organiese materiaal en mikrobiese ak-
tiwiteite in die grond verbeter en dat hy
ná slegs ‘n jaar ‘n definitiewe toename in
erdwurmgetalle in sy lande opgemerk het.
Onrealistiese verwagtinge van besparings,
beter bestuur van die boerdery en onkruid
asook ‘n tekort aan navorsing en kennis in
Suid-Afrika oor dié bewerkingspraktyk, is
van die nadele.
Ander lede van die LNR-KGI het ook as-
pekte soos molekulêre identifikasie van
onkruiddoderweerstand en RKL-biotipes
asook die teel van kultivars met RKL-weer-
stand bespreek.
39
December 2014
AKTUEEL
ELMARIE HELBERG,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Jaco Botha (Syngenta), Willie Uys (produsent van Clarens),
Paul Farrell (produsent van Clarens) en Giepie Craffort (graanbemarker
by VKB) was van die besoekers wat waarde uit die dag geput het.
2: Abé Visser (produsent van Reitz), Jaco Heckroodt (landbou-ekonoom
by VKB), Bart Visser (Same Trekkerdienste) en Mauritz van der Merwe
(produsent van Bethlehem).
3: Klein Karoo Saad was sterk verteenwoordig by die dag. Op die foto,
agter, van links: Fanie Yssel, Casper Linde, André van der Linde en
Rudi Kuschke. Voor, van links: James Ueckermann en Christi Engel-
brecht. Almal is van Klein Karoo Saad.
2
3
1