

69
August 2017
Korrelentstof, soos in die VSA gebruik, is nie in Suid-Afrika be-
skikbaar nie. Die soort entstof werk uitstekend, maar beslaan ‘n
groot volume wat aansienlike stoorruimte vereis. Invoerregulasies
en hoë vervoerkoste bemoeilik beskikbaarheid.
Eienskappe van ‘n goeie entstofras
Daar is heelwat eienskappe van ‘n entstofras wat vir die entstof-
vervaardiger belangrik is. Die volgende is egter vir die sojapro-
dusent belangrik:
Die entstofras moet so vroeg as moontlik effektief noduleer
om vroeë N-binding te verseker op die kommersieel-
beskikbare sojaboonkultivars. Kultivarspesifisiteit kom soms
nog voor. Dit berus by die entstofvervaardigers om spesi-
fisiteitspektrumproewe tydens rasseleksie uit te voer. Soja-
produsente word aangeraai om te verseker dat die entstof
verenigbaar is met die kultivar wat geplant gaan word.
Die ras moet goeie oorlewing toon tydens die entingsproses.
Die bakterieë ervaar ‘n geweldige fisiologiese skok met ge-
paardgaande afsterwing tydens enting. Enting moet weg van
direkte sonlig uitgevoer word en saad so gou as moontlik na
enting geplant word. Verskeie preparate word aangebied, wat
die periode tussen ent en planttyd na bewering aansienlik kan
verleng. Wetenskaplik-gefundeerde data onder uiteenlopende
toestande is nie geredelik beskikbaar nie. Produsente word
aangeraai om hul ondervinding met die middels met mekaar
te deel.
Die bakterieë moet in redelike getalle vir ten minste die
groeiperiode in die wortelomgewing oorleef. Simbiotiese
N-binding is ‘n selfregulerende proses en die plante kan
N-binding verlaag of staak as gevolg van stresperiodes en
selfs van die knoppies afspeen. Wanneer die plante herstel,
sal dit weer noduleer en stikstofbinding hervat. Rhizobia kan
selfs tot latere groeiseisoene oorleef afhangende van grond-
en omgewingsfaktore. Produsente moet nie op die oorlewing
staat maak nie en by elke aanplanting ent.
Goeie kompetisievermoë van die ras is belangrik om nodulering
deur promiskue nie-stikstofbinders te verhoed. Hierdie nodu-
leerders behoort nie aan die korrekte
Rhizobium
-groep nie en
kom in lae getalle in meeste gronde voor. Hulle vermeerder vinnig
as kompeterende rhizobia nie infekteer nie. Sulke knoppies is
wit en op die sywortels geleë, bind nie stikstof nie en is
parasities en nadelig. Dit is een van die redes waarom enting
elke seisoen essensieel is.
Rasseleksie
In 1990 het die LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming (NIPB)
met befondsing vanaf die Proteïen Navorsing Stigting ‘n vier-jaar-
lange navorsingsprojek onderneem om die beste entstofras vir
Suid-Afrikaanse toestande te vind. Ras WB74 is uiteindelik gekies
uit bykans 100 beskikbare rasse. Dit is destyds deur die Registrateur
van Wet 36 van 1947 as enigste toelaatbare ras vir entstowwe
toegelaat.
Die Registrateur het streng registrasievereistes, asook verpligte
kwaliteitstoetsing van elke produksielot, vereis. Na 1994 is daar
weggedoen met hierdie vereistes en kan entstofvervaardigers hul
inhuis-rasseleksie en kwaliteitstoetsing self uitvoer. Ras WB74
word nog steeds deur van die ouer gevestigde maatskappye en ook
in die buiteland, met goeie resultate gebruik.
Entmetodes
Daar is twee entmetodes elk met spesifieke voor- en nadele:
Direkte saadenting waar poeier- sowel as vloeibare entstof
met saad gemeng word. Gewoonlik word ‘n kleefmiddel
bygevoeg om te verseker dat entstof aan die saad kleef. Die
kleefmiddel is vanaf meeste entstofverskaffers beskikbaar.
Dit is in meeste gevalle verryk met molibdeen. Molibdeen is
‘n essensiële komponent van die nitrogenase-ensiem ver-
antwoordelik vir stikstofbinding. Om kwaliteitvariasies tussen
individuele pakkies of houers te minimaliseer, moet entstof
uit verskillende verpakkings voor gebruik saamgevoeg word.
Hierdie entmetode is eenvoudig en vereis geen spesiale
apparaat of implemente nie. Groot hoeveelhede saad kan in
sementmengers of selfgeboude drommengers geënt word. Die
bakterieë moet vanaf die saad migreer tot by die ontwikkelende
haarwortels. Infeksie en nodulasie vind later plaas as by
plantvoor-enting. Saadbehandeling met kontakplaagdoders is
skadelik vir die rhizobia en stikstofbinding kan nadelig beïnvloed
word. Uitdroging van die lewende vegetatiewe bakterieselle
is ‘n wesenlike gevaar en vog moet so gou as moontlik na die
plantproses toegedien word.
Plantvoor-enting behels die plasing van verdunde entstof-
suspensie in die plantvoor onder die saad tydens die plantproses.
Die entstofsuspensie kan bestaan uit verdunde vloeibare entstof,
terwyl watersuspensie van poeierentstof ook moontlik is. In
laasgemelde geval moet die poeiersuspensie konstant geroer
word. Hierdie metode is uiters geslaagd en bevorder vroeë
nodulasie. Dit vereis gemodifiseerde planters met spuittoerus-
ting soos gebruik met voor-opkomsonkruiddoderaanwending.
Skoon ongechlorineerde water is ‘n voorvereiste, asook skoon
houers of tenks wat geen onkruid- of plaagdoderresidu bevat
nie. Saadbehandelings met swam- of insekdoders is nie hierin
‘n probleem nie en molibdeensaadbehandeling word aanbeveel.
Onmiddellike besproeiing na plant is minder krities.
Opberging en ander voorsorgmaatreëls
Die risobiumselle in entstowwe is in vegetatiewe staat en kan nie
weerstandige strukture soos spore vorm nie en sterf maklik af.
Entstowwe moet verkieslik by 10°C gestoor word, maar nie laer as
4°C of hoër as 27°C nie en weg van direkte sonlig.
Versoek die entstofverskaffer om te waarborg dat entstowwe
vandat dit die fabriek verlaat tot by die eindverbruiker nie hierdie
toestande oorskry nie.
Entstowwe moet nooit in die nabyheid van gifstowwe gestoor
word nie. Maak seker dat die entstof verenigbaar is met die kultivar
wat geplant gaan word.
Vergewis en noteer die vervaldatum. Moet nooit entstowwe ná
die vervaldatum gebruik nie. Vermy entstowwe waar geen duide-
like vervaldatum, lotnommer, registrasienommer en lewende bak-
terietelling aangedui is nie.
Die lewende seltelling moet die vervaldatum reflekteer en nie
wanneer dit by die fabriekshek uit is nie.
Hou rekord van al die gegewens – en beter nog, bêre ‘n leë
houer. Noteer ook die weersomstandighede tydens die enting en
plantproses en ‘n onlangse grondanalise. Simbiotiese N-binding
vereis meer as 17 dpm fosfaat, mikrohoeveelheid molibdeen en
pH (water) van 5,5 tot 7,5.
Bekalking of kortstondige versuiping van gronde wat tot sewe jaar
vroeër met atrasien behandel is, kan N-binding nadelig beïnvloed.
Die teenwoordigheid van minerale stikstof in die grond sal
N-binding vertraag of selfs totaal verhoed.
Knoppies behoort twee tot drie weke na opkoms reeds op die kiem-
wortel sigbaar te wees en na vier tot vyf weke goed gedefinieerde
knoppies op die kroon en hoofwortels te toon.
Vrae kan gerig word aan dr Stappies Staphorst by
stappies.
staphorst@gmail.com .