Background Image
Previous Page  72 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

70

vir sojaboonproduksie van nader bekyk

D

ie seleksie van die regte soja-

boonkultivars is een van die

mees belangrike besluite wat ‘n

sojaboonprodusent moet neem.

ie veelsydige Pannar sojaboonpakket

beskik oor ongeëwenaarde stabiliteit by

verskillende opbrengspotensiaalvlakke en

oor verskillende produksiestreke heen.

Pannar het toegang tot die beste kom-

mersiële sojaboonkultivars – hetsy dit

plaaslik of in die buiteland ontwikkel is.

Die maatskappy se beleid is om die beste

moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse

mark vry te stel, ongeag vanwaar hul af-

komstig is.

Die 2015/2016 LNR Nasionale Kultivarproef-

resultate illustreer dit goed. Ons kultivars

behaal die topposisie in die koel, gematig-

de en warm produksiestreke, asook die

algehele topposisie. Die maatskappy maak

derhalwe skoonskip.

Hierdie voortreflike prestasie word ook in

ons interne proefresultate weerspieël. Ons

is gewoond aan inkrementele genetiese

verbetering in opbrengs oor ‘n lang termyn

in sojaboonproduksie. Met hierdie nuwe

reeks het ons egter sopas ‘n ongelooflike

sprong in genetiese potensiaal ervaar.

PAN 1521R en PAN 1532R het die jaar

uitstekend presteer en is ‘n moet in elke

produsent wat in die oostelike koel en

matige produksiegebiede boer, se pakket.

Sojaboonprodusente in die weste moet

ook PAN 1521R, PAN 1623R en PAN 1614R

deel maak van hul pakkette.

Produksiegebiede

Die Suid-Afrikaanse produksiegebiede word

in drie primêre produksiegebiede verdeel,

naamlik: Koel, matig en warm.

Anders as in die res van die wêreld, waar

sojaboonproduksiegebiede bepaal word

deur die relatiewe afstand vanaf die ewe-

naar, word sojaboonproduksiegebiede in

Suid-Afrika bepaal deur die gebied se hoog-

te bo seevlak. Die koel produksiegebiede is

geleë in die hoërliggende Oos-Vrystaat en

Mpumalanga, wat gekenmerk word deur

‘n korter produksieseisoen met matige so-

mersdae en relatiewe hoër reënval.

Die matige produksiegebied sluit die sen-

trale dele van die Hoëveld asook Noord-

wes- en Wes-Vrystaat in en het oor die

algemeen ‘n langer produksieseisoen met

warmer dae en gemiddelde reënval.

In die warm produksiegebiede kom ‘n lang

groeiseisoen voor, met warm dae en min

reënval. Sojabone word hier meestal onder

besproeiing verbou.

Elke produsent moet eerstens weet in wat-

ter een van die drie produksiegebiede sy

grond lê en ook wat die produksiepotensiaal

van die grond is. Die koring kan dan

sodoende vinnig van die kaf geskei word.

Kultivars tot jou beskikking

Daar is ‘n groot hoeveelheid sojaboon-

kultivars op die mark. Die verbetering

in kultivaropbrengs die afgelope 34 jaar

beloop 1,2% per jaar. Die kompetisie

tussen saadmaatskappye is intens en elk-

een wil die beste produk aan die produ-

sent verkoop.

Elke maatskappy selekteer die beste kulti-

vars tot hul beskikking uiters sorgvuldig.

Hulle gebruik die modernste produksie- en

teeltegnieke om die beste kwaliteit saad

aan die produsent te lewer.

Indien daar op ‘n kultivar besluit moet

word, is die Nasionale Kultivarproewe wat

deur die LNR gedoen word, die beste plek

om te begin. As ‘n kultivar nie in die proewe

verskyn nie, moet dit eerder vermy word.

Die Pannar sojaboonkultivarpakket presteer

goed in al die sojaboonproduksiestreke

van Suid-Afrika en lewer goeie, stabiele

prestasie en uitstekende risikobestuur.

Produsente kan met groot gemoedsrus en

vertroue ons sojaboonreeks aanplant – met

die wete dat die beste tegnologie in hierdie

kultivars opgesluit lê.

Wat die opbrengswaarskynlikheid (%) van

Pannar se kultivars wat oor die 2013/2014,

2014/2015- en 2015/2016-seisoen deur die

LNR geëvalueer is betref, dui dit op bui-

tengewoon goeie stabiliteit vir die gegewe

opbrengspotensiaalvlakke.

Groeiklasse

Die volgende stap is om tussen die verskil-

lende groeiklasse te kies. Dit is goeie

praktyk om nie al jou eiers in een mandjie

te plaas nie. Om risiko te versprei, moet

daar verkieslik ‘n pakket van verskillende

kultivars geplant word.

Deur eerste die kultivars in verskillende

groeiklasse te rangskik, kan die beste dan

uit elke groeiklas geselekteer word. So-

doende kan risiko optimaal bestuur word.

In jare waar reën aan die einde van Febru-

arie en in Maart wegbly, sal die groeiklasse

4,5 tot 5,5 baie beter presteer as die

groeiklasse 5,5 tot 7,5. Die omgekeerde is

waar as goeie neerslae in die tweede helfte

van die seisoen voorkom.

Oor die lang termyn is gevind dat groei-

klasse 5 en 6 die mees stabiele opbrengs

lewer en daarom moet die grootste deel

van die pakket uit dié groeiklasse saamge-

stel word.

Kontak jou naaste verteenwoordiger of land-

boukundige vir meer inligting rakende

kultivareienskappe en kultivaraanbevelings.

Kultivarinligting is ook op ons webtuiste

beskikbaar.

FOKUS

Sojabone

Mini

NICO BARNARD,

Pannar Saad

Die Pannar sojaboonkultivarpakket presteer

goed in al die sojaboonproduksiestreke van

Suid-Afrika en lewer goeie, stabiele prestasie

en uitstekende risikobestuur.