Background Image
Previous Page  69 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 112 Next Page
Page Background

Nuwe tegnologie vir sojabone op pad

D

ie uitstekende waarde wat biotegnologie na soja- en

mielieprodusente in Suid-Afrika gebring het, het gelei

tot verdere behoeftes in die sojaboonbedryf. Met die

huidige uitbreiding van sojaboonaanplantings in die land,

het dit tot gevolg dat die gebruik van nuwe biotegnologie in soja-

bone groot waarde na die mark toe kan bring.

Roundup Ready-sojabone word reeds vir meer as tien jaar in

Suid-Afrika gebruik en daar is min hektare wat sonder dié tegno-

logie verbou word. Die beheer van breëblaaronkruide in sojabone

was ‘n groot probleem voordat Roundup Ready-sojabone op die

toneel verskyn het.

Na deeglike oorweging het Monsanto Suid-Afrika goedkeuring ver-

kry om die volgende generasie biotegnologieprodukte in Suid-Afrika

te toets. Die daarstelling van die teling-en-tegnologieheffing wat op

die been gebring is, het ook ‘n groot bydrae tot hierdie goedkeuring

gelewer.

Die nuwe geen-pakket bestaan uit twee gedeeltes. Dit bestaan

uit ‘n onkruiddodergedeelte wat die tweede generasie Roundup

Ready-geen insluit. Hierdie geen is meer effektief as die vorige een

en verskaf uitstekende verdraagsaamheid van die gewas gemeet

teen Roundup-onkruiddoder.

Die tweede gedeelte van die geenpakket bestaan uit ‘n geen wat

die Afrika bolwurm beheer. Op hierdie stadium word ‘n groot aantal

insekdoders toegedien om die Afrika bolwurm te beheer. Hierdie

geen staan bekend as “Intacta” en sal baie waarde toevoeg indien

dit effektief aangewend kan word.

Hierdie nuwe gene word onder streng gereguleerde toestande

getoets – dit is ‘n voorvereiste vir deregulering vir kommersiële

verbouing. Die regulatoriese proewe sal in die 2017-seisoen herhaal

word. Voorlopige resultate van die huidige seisoen lyk beson-

der positief.

Produsente en die bedryf is baie opgewonde oor die nuwe tegnolo-

gie wat op pad is. Registrasiedokumente vir die geen-pakket sal

hopelik teen einde 2018 ingedien word. Kommersiële beskikbaarheid

sal afhang van hoe vinnig die regulatoriese goedkeuringsproses

verloop en hoe vinnig die tegnologie deur saadverskaffers beskikbaar

gestel kan word.

67

August 2017

FOKUS

Sojabone

Mini

LEONARD OBERHOLZER,

tegnologie-ontwikkelingsbestuurder: Suid-Afrika, Monsanto

Voor-opkomsonkruide word voor-plant bespuit en indien die

Roundup Ready sojabone met glifosaat bespuit moet word, is

dit praktyk om die Roundup met ander middels te meng om die

effek van die Roundup op die sojabone te verminder.

Swamme is ‘n uitdaging by sojaboonverbouing. Van Coller bestuur

swamdodertoediening daarom ook eerder voorkomend as om

reaktief op te tree. Die bespuiting van die sojabone net voor blom

en tydens blom word sover as moontlik beperk om te verseker dat

die meeste blommetjies wel bestuif raak.

Van Coller wil sy grond so vinnig moontlik met gewasse bedek

hê en plant daarom nouer rye. Hierdie rywydtes maak dit vir die

sojabone moontlik om vinnig die rye toe te maak en sodoende

word die grondtemperatuur verlaag en die vogverlies as gevolg van

verdamping verminder.

Gepraat van grondtemperatuur: Dit is ook krities om te besluit

wanneer met die sojaboonaanplantings begin kan word. As die

grondtemperatuur nog te laag is, sal die ontkieming van die saad

benadeel word. Die plantdiepte van die saad is meer krities as dié

van mielies. Pasop om te diep te plant, maar wees ook versigtig om

te vlak te plant. Praat gerus met die saadverteenwoordigers om die

kultivars teen die regte plantdiepte te plant.

Sojabone vereis ook heelwat meer bestuur as mielies, noem hy.

Binne ‘n week kan bolwurm geweldige skade aanrig en daarom is

gereelde, volledige landinspeksies essensieel. Sodra die wisselbou

van sojabone binne die boerderypraktyke ingesluit word, is dit

belangrik dat die onkruiddoderprogram hiervoor voorsiening maak.

Bespreek dit met jou chemiese verteenwoordiger en bestuur dit.

Vir Van Coller is die aanplant van sojabone in die Viljoenskroon-

omgewing ‘n betreklik goeie toevoeging wat nie net sy wins-

gewendheid nie, maar ook sy kapitale aanwending verbreed. Hy sê

hy sal verseker steeds hierdie gewas in die toekoms verbou.

Vir navrae oor die artikel, kontak Pietman Botha by 082 759 2991 of

Cobus van Coller by 082 561 6375.

Beplanning en bestuur

Maak seker dat jy oor genoeg stroopkapasiteit beskik om die stroop van sojabone betyds af te handel..