Background Image
Previous Page  70 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

68

Enting van sojabone onder die loep

W

at is biologiese stikstofbinding? Sojabone, soos

meeste peulgewasse, beskik oor die vermoë om in ‘n

simbiotiese verwantskap met spesifieke bakterieë van

die rhizobia-groep te leef en atmosferiese stikstof te

benut. Die proses van simbiotiese N-binding is van enorme eko-

nomiese belang vir opbrengs van hoë proteïeninhoud-sojabone.

Spesifieke

Bradyrhizobium

-rasse infekteer die sojaplant se wortels

en vorm sigbare knoppies (nodulering). Hierdie nodules ontwik-

kel ‘n pienk tot diep rooi gekleurde leghemoglobien nodig vir stik-

stofbinding (N-binding).

Die nodules verskil duidelik in voorkoms en plasing van knoppies

as gevolg van aalwurmbesmetting. Simbiotiese N-binding stel hoë

energievereistes aan die gasheerplant, wat dan eerder minerale

stikstof sal benut. Dit is belangrik om te besef dat N-binding nie

in gronde hoog in beskikbare stikstof sal plaasvind nie.

Wat is die doel van enting?

Sojabone is nie inheems aan Suid-Afrika nie en gevolglik beskik

Suid-Afrikaanse gronde nie oor die rhizobia wat vir simbiotiese

N-binding nodig is nie. Dit berus by die sojaprodusent om te sorg

dat kompeterend-effektiewe sojaboon-spesifieke rhizobia in die

onmiddellike omgewing van die plant beskikbaar is.

Dit word gedoen deur die proses van enting. Suksesvolle biolo-

giese N-binding wat só geïnisieer word, kan tot meer as 280 kg/ha

stikstof direk aan die plante verskaf. Daar is ook ander voordele soos

verlaagde onkruidkompetisie in die stikstof-arm gronde, verlaagde

transpirasie as gevolg van loofgroeibeperking en verhoogde siek-

teweerstand deur proaktief-geïnduseerde fitoaleksiene. Opvolgmie-

lies kan tot 20% hoër opbrengste lewer.

Twee basiese vorms van entstowwe

Entstowwe word in twee groepe verdeel. Dié met ‘n benatbare

poeierdraer soos gestabiliseerde veenpoeier of silikonoksied as

draer en dié wat in ‘n vloeibare selsuspensie verskaf word.

Die aktiewe bestanddeel in beide gevalle is lewende vegetatiewe

risobiumselle, wat in getalle gelyk aan of groter as 5 x 10

8

per gram

of milliliter entstof aan die einde van die vervaldatum aanwesig

moet wees.

FOKUS

Sojabone

Mini

DR STAPPIES STAPHORST,

grondmikrobioloog konsultant

Spesifieke

Bradyrhizobium

-rasse infekteer die sojaplant se wortels en vorm sigbare knoppies (nodulering).