Background Image
Previous Page  99 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 99 / 116 Next Page
Page Background

97

Makhatini het die meeste swaminfeksie in graan getoon oor alle

seisoene (gemiddeld = 33 696 pg) en Potchefstroom die minste

(gemiddeld = 178 pg). Kultivars het verskillend gereageer met

PAN6P-110, DKC80-10 en CRN3505 wat meer vatbaar was, terwyl

LS8521B en DKC78-15B meer weerstandbiedend teen swaminfek-

sie was.

Die effek van swamdoders teenoor

fumonisienproduksie in graan

In teenstelling met bogenoemde het swamdoders in die studie ‘n

beduidende hoër voorkoms van fumonisienvlakke in vergelyking

met kontroles. Die effek was veral waarneembaar op Makhatini,

Potchefstroom en tot ‘n mindere mate op Vaalharts.

‘n Tendens van hoër fumonisienvlakke in meeste kultivars wat op

Vaalharts, Greytown en Mahkatini geplant is, kan waargeneem word

(

Tabel 2

). Dit kan ‘n aanduiding wees dat strobilurin en/of triazole

kon bydra tot ‘n verhoging in fumonisienvlakke in mieliegraan.

Alle kultivar en behandelingskombinasies op Makhatini en baie

ander lokaliteite het fumonisienvlakke van meer as twee dele per

miljoen (dpm) gemeet wat hoër was as die “veilige” vlak soos in-

gestel deur die Food and Drug Administration of America (FDA) vir

menslike gebruik. Sommige van die vlakke was hoër as 5 dpm soos

vasgestel vir perde, donkies, varke, hase en troeteldiere.

Gevolgtrekking

Daar is geen verskil in swaminfeksie tussen spuit- en kontrole-

behandelings nie, alhoewel spuitbehandelings beduidende hoër

vlakke van fumonisiene gehad het in vergelyking met kontroles.

‘n Omgewing x kultivar-interaksie was belangrik vir swaminfeksie

terwyl omgewing x behandeling x kultivar-interaksies belangrik was

vir fumonisienproduksie.

Die verhoodge fumonsienvlakke in spuitbehandelings is ‘n bron van

kommer en verdere studies word beplan. Daar gaan gepoog word

om te kyk na swamdoderkombinasies en tyd van bespuiting.

Azoxystrobin (200 g/l) + difenoconazole (125 g/l) asook pyraclo-

strobin (62,5 g/l) + epoxiconazole (62,5 g/l) sal as eerste bespuiting

in kombinasie saam met cyproconazole (250 g/l) + propiconazole

(250 g/l) en flusilazole (125 g/l) + carbendazim (250 g/l) as tweede

bespuiting gebruik word.

Deur die tyd van toediening effens aan te pas, is dit dalk steeds

moontlik om swaminfeksie te beheer tydens blomstadium. Indien

strobilurins en/of triazole verantwoordelik is vir

fumonisienproduksie, kan korrektiewe aksies ge-

neem word deur voorkomende spuitprogramme te

verander.

Graan SA/Sasol fotokompetisie