93
August 2016
Wanneer daar dan nie genoeg grondvog in die boonste grondlagie
is nie, kan kiemende onkruidsade nie genoeg onkruiddoder opneem
nie. Verlaagde grondvog veroorsaak dat onkruiddoder-molekules
nie in oplossing kan gaan nie en dus nie geaktiveer en opgeneem
word nie.
Swak onkruidbeheer is dan as gevolg van droogtetoestande en nie
die swak werking van die produk nie. Om sake verder te kompliseer,
kan onkruiddoder-molekules ook afgebreek word in die grond as dit
nie gou genoeg deur ontkiemende saailinge opgeneem word nie.
Sommige onkruiddoders is ligsensitief en wanneer dit nie vinnig
genoeg in die grond kan inloog met behulp van grondvog of vlak
bewerking (soos aangedui op etiket) nie, kan ‘n groot persentasie
van die onkruiddoder-molekules “vervlugtig”.
Sommige grondmikrobes gebruik onkruiddoder-molekules as ‘n
“voedselbron” en is direk gekoppel aan die hoeveelheid organiese
materiaal in die grond. Hoe hoër die organiese inhoud van die grond,
hoe hoër is die mikrobe-aktiwiteit.
In die afwesigheid van grondvog bly die onkruiddoder-molekules
dus onaktief in die grond en word oor tyd afgebreek – swak
opname en inaktivering van ‘n onkruiddoder is dan die gevolg van
swak onkruidbeheer. Wanneer dit reën na ‘n verlengde tydperk
van toediening, sal die onkruidsaad begin ontkiem, maar die on-
kruiddoder-molekules sal nie meer geaktiveer kan word om beheer
te verskaf nie.
Daar is wel bespiegelinge dat grondtoegediende onkruiddoders
se residuele effek verleng kan word, aangesien dit dan nie geakti-
veer word in die grond nie, maar daar is nie genoegsame bewyse
om te veralgemeen nie. Wanneer daar by die voorgeskrewe dosisse
gehou word, is die kanse skraal dat voor-opkoms onkruiddoders
se nawerking verleng kan word as gevolg van droogtetoestande in
die grond.
Onthou
Optimale opname van na-opkoms onkruiddoders geskied ge-
woonlik in warm, humiede toestande (hoë relatiewe humiditeit),
maar met droogtetoestande is die lug egter te droog (baie lae
relatiewe humiditeit) en temperature te hoog.
Te klein druppelgrootte het tot gevolg dat ‘n groot persen-
tasie onkruiddruppels kan verdamp wanneer dit op die blaar-
oppervlakte land.
Verkieslik moet onkruiddoders vroeg in die oggend toegedien
word wanneer onkruide nog nie verlep het nie en die huid-
mondjies nog oop is.
Oormatige stof kan ook voorkom in droogtetoestande wat ‘n ver-
dere fisiese versperring op blaaroppervlaktes kan veroorsaak.
Moenie voor-opkoms onkruiddoders spuit wanneer geen reën
voorspel word nie; verskuif eerder dan tydig na ‘n na-opkoms
beheerprogram voor onkruide te groot is.
Gebruik beproefde byvoegmiddels (
adjuvants
) saam met na-
opkoms onkruiddoders om penetrasie en verspreiding te ver-
hoog tydens droogtetoestande.
Wisselvallige onkruidbeheer is eerder ‘n gegewe in droogte-
toestande as ‘n uitsondering en dit verg beter bestuursvermoë
van produsente.
Om dosisse te verhoog, sal nie beter onkruidbeheer gee in
droogtetoestande nie.
‘n Voordelige feit is dat bestuiwing en saadvorming van
onkruidspesies oor die algemeen vertraag word tydens
droogtetoestande en is die aantal saad wat gestort word minder.
Vir enige verdere navraag, kontak dr Elbé Hugo by
HugoE@arc.agric.zaof 018 299 6298.
Figuur 1: Chemiese strukture van ‘n paar aktiewe bestanddele van onkruid-
doders, met die wateroplosbaarheid in hakies.
Onkruid wat geen stremming toon nie. Die blare is groen en volle-
dig ontvou.
Onkruide onder droogtestremming. Die blare is verlep, vaalgroen
en opwaarts gedraai.
Figuur 2: ‘n Voorstelling van huidmondjies onder stremming.
Bron:
eschoolToday.com