Background Image
Previous Page  104 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 104 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

102

PAMPOENE BRING HOOP

vir gemeenskap

W

ie ken nie die bekende liedjie

van Anton Goosen waar hy sing

van “Pampoene op die dak...”

nie? Twee jong produsente van

Bultfontein kon hierdie jaar, ten spyte van

die droogte, ook met ‘n lied in die hart, juis

oor pampoene, rondloop.

Mnre Heinrich Botha en Dirk Gouws, reeds

vriende van skool af, het einde verlede jaar

uit desperaatheid en moedeloosheid om-

dat hulle weens die droogte nie mielies kon

plant nie, besluit om op 20 ha pampoene,

onder die bietjie besproeiingswater wat

beskikbaar was, te plant. Min het hulle besef

dat die pampoene nie net ‘n hupstoot vir

hulle kontantvloei sou gee nie, maar ook

hoop vir ‘n gemeenskap sou bring.

Almal leer van pampoene

Insetmaatskappye se landboukundiges in

die omgewing (wat soos die produsente

eintlik ook net mielies ken), het by die pro-

jek betrokke geraak. Juis omdat daar dié

jaar feitlik geen mielies geplant is nie, was

dit iets om op te fokus en hulle het een keer

‘n week saam met die produsente by die

pampoenlande bymekaar gekom, waar die

pampoene geïnspekteer, blaarontledings

gedoen en koppe bymekaar gesit is (en ge-

leer is) oor pampoene.

Met oestyd is deeltydse arbeiders op Bult-

fontein in diens geneem en dit is toe dat

dié produsente eers besef het hoe die

droogte ook dié mense in die informele

woonbuurt (

township

) geraak het. Buiten

dat werk baie skaars was, was die span

arbeiders aan die begin so swak dat hulle

skaars ‘n sak pampoene van die land kon

laai; dit is toe dat Heinrich en Dirk be-

sef het dat dit van honger is wat hulle so

swak is. Hulle het begin om die tydelike

arbeiders daagliks kos te gee en kon na ‘n

week duidelik die verskil in hulle produk-

tiwiteit sien.

Die twee vriende het toe bewus geraak van

hoe ‘n groot behoefte daar aan voedsel in

die informele woonbuurt is en het pam-

poene aan onder andere ‘n ouetehuis en

‘n kleuterskool geskenk. Trane van dank-

baarheid het die twee jong manne se harte

geruk. Hulle het begin om op ‘n weeklikse

basis pampoene aan behoeftige mense

op die dorp af te laai. Volgens mnr Anton

Botha, Heinrich se pa, het die pampoene-

projek ook bygedra om die plaasarbeiders

se moraal hoog te hou en hulle positief te

hou in die moeilike omstandige dié jaar.

“Hulle het gesien watter verskil die pam-

poene wat hulle op hulle plaas plant, aan die

mense op die dorp met wie dit swaar gaan

se lewens maak. Hulle is trots daarop dat

hul handewerk iemand anders kon help.

“Ek is ook baie trots op Heinrich en Dirk.

Die twee jong manne het nie gaan sit en

negatief geraak en moed opgegee oor die

droogte nie. Hulle het positief gebly en die

projek vol entoesiasme aangepak. Ek glo

hulle het waardevolle lewenslesse hieruit

geleer,” het Anton gesê.

Mark vir pampoene

Weens die droogte in die land, was daar ook

‘n groot tekort aan pampoene en die twee

produsente het pampoene aan verskeie

markte in die Vrystaat en Gauteng gelewer.

Hulle het ongeveer 1 600 sakkies per hektaar

afgehaal.

AKTUEEL

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

1: Min het twee jongboere van Bultfontein besef dat die

pampoene wat hulle geplant het, nie net ‘n hupstoot vir hulle

kontantvloei sou gee nie, maar ook hulpbehoewende mense

sou help.

2: Heinrich Botha saam met Johan Viljoen (verteenwoordiger:

Omnia) en Kobus Coetzee (landboukundige: Omnia) in die

pampoenland.

3: Hulle het ongeveer 1 600 sakkies pampoene per hektaar

afgehaal.

4: Oestyd het broodnodige werk aan verskeie tydelike arbeiders

van die informele woonbuurt verskaf.

1

2

4

3

Suksesstorie...te midde van die droogte