Background Image
Previous Page  105 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 105 / 116 Next Page
Page Background

103

August 2016

AKTUEEL

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

Reeks

D

ie impak van die huidige droogte kan dalk die produsent

noop om sy boerderybedrywighede te staak of die boer-

derybesigheid te verkoop. Dit is eerstens baie traumaties

vir die produsent en sy gesin, maar het ook ‘n geweldige

impak op sy werkers en hulle gesinne.

Die ekonomiese impak van die droogte kan ‘n produsent noop om

een of meer van die volgende opsies te oorweeg:

Aflegging van plaaswerkers;

Deelname aan die afleggingsopleidingskema (

training lay-off

scheme

).

Die Wet op Arbeidsverhoudinge (Artikel 189) handel met afleggings

en tref onderskeid tussen grootskaalse en kleinskaalse afleggings.

Aflegging van 50 of meer werkers word as ‘n grootskaalse afleg-

ging beskou. Raadpleeg gerus die Wet in hierdie verband.

Afleggings van plaaswerkers

Indien ‘n produsent sou oorweeg om een of meer van bo-

genoemde opsies uit te oefen, moet die implikasies van arbeids-

wetgewing asook die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van

Verblyfreg in ag geneem word.

Wanneer die boerderybesigheid gestaak word, sal die produsent

sy werkers moet aflê. Hierdie soort beëindiging van die diensver-

houding tussen die produsent en sy werkers word na verwys as

“geen fout” aflegging en word slegs gedoen indien die oorsaak van

die aflegging vanweë ekonomiese omstandighede (die droogte in

hierdie geval) is, of ‘n verandering in tegnologie of strukturele ver-

andering in die boerderybedrywighede.

Goeie advies is om so spoedig moontlik die Kommissie vir Versoe-

ning, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) betrokke te kry by die proses.

In die geval van afleggings moet die produsent as werkgewer ‘n

regverdige proses volg. Die proses begin deur ‘n skriftelike ken-

nisgewing aan die werkers uit te reik. Daarna tree die produsent in

konsultasie met sy werkers. Die werkers moet die geleentheid kry

om voorstelle oor alternatiewe opsies te maak wat oorweeg moet

word deur die produsent. Dit kan gedoen word deur die werkers of

die verteenwoordigende vakbond.

Indien daar voortgegaan word met afleggings, moet die afleggings-

pakket met die werkers onderhandel word. Die Wet skryf voor dat

die werkers in hierdie geval ten minste een week se vergoeding vir

elke voltooide jaar gewerk moet kry. Daar kan natuurlik op ‘n hoër

pakket ooreengekom word. Daar moet ook gesamentlik besluit

word oor wanneer die reëlings in werking gaan tree.

Werkgewers wat beoog om werkers wat afgelê is uit hul behui-

sing te sit, moet verseker dat hulle volledig voldoen aan die voor-

waardes van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyf-

reg (

Extension of Security of Tenure Act

[ESTA]).

Beëindiging van die werker se verblyfsreg mag slegs volg op ont-

slag wat voldoen het aan die vereistes soos uiteengesit in die

Wet op Arbeidsverhoudinge. Uitsetting kan ook slegs gebeur indien

die bewoner se diensverhouding die enigste rede vir sy verblyf op

die plaas was.

Die voorgeskrewe prosedure van kennisgewing moet dan gevolg

word en ‘n hofbevel moet verkry word. Hierdie prosedure behels

kortliks dat die werker, die plaaslike munisipaliteit en die Departe-

ment van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming op voorge-

skrewe tye kennis moet kry van die voorgenome uitsetting.

Die beskikbaarheid van geskikte alternatiewe akkommodasie sal

bewys moet word. Mediasie is ‘n opsie wat oorweeg kan word.

In hierdie geval is die advies om eerder die dienste van ‘n ervare

prokureur te verkry om met die saak te handel.

Deelname aan die afleggings-

opleidingskema

‘n Opsie vir boerderybesighede wat in nood is, is die afleggings-

opleidingskema (TLS). Die TLS is vir geaffekteerde werkers en be-

hels ‘n tydelike onderbreking van werk deur werkers.

Die werkers ontvang opleiding gedurende sodanige onderbreking.

Deelname aan die skema sal afhang van ‘n ooreenkoms tussen die

werkgewer en die individuele werkers of/en die vakbond indien

werkers verteenwoordig word.

Die TLS help werkers wat moontlik deur afleggings geraak kan word

om nuwe vaardighede aan te leer wat hulle dan in staat sal stel om

herontplooi te word of elders in diens geneem te kan word. Die

CCMA fasiliteer ook weer eens die proses en help om die spesifieke

rolspelers bymekaar te kry vir die implementering van die skema.

Deelname aan die opleidingskema is vrywillig. Terwyl opleiding

geskied, bly die werkers in diens, maar hul normale loon word ver-

ruil vir ‘n opleidingstoelaag. Die werkgewer betaal die werker se

volle bydrae tot die Werkloosheidversekeringsfonds, die Vergoe-

dingskommissaris en pensioen/voorsorgfonds.

Na voltooiing van die opleiding sal die werker óf herontplooi word

by dieselfde werkplek óf afgelê word nadat die nodige prosedure

(soos verduidelik) gevolg is.

Ter afsluiting

Die aflegging van werkers behoort altyd as laaste uitweg gesien te

word en ander maatreëls behoort eers oorweeg te word voordat

werkers afgelê word.

ELIZE VAN DER WESTHUIZEN,

senior bestuurder: Arbeidsverhoudinge, Agri SA

Hoe gemaak met jou werkers as jy jou boerderybedrywighede staak?

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur 'n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.