Background Image
Previous Page  100 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 100 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

98

AKTUEEL

Vrouemaand-profiel

maar weer probeer haar motto

D

ie nuwe visevoorsitter van Graan SA, Preline Swart, is die

eerste vrou op dié organisasie se Dagbestuur. Sy is tydens

Graan SA se Kongres in Maart vanjaar tot die portefeulje

verkies.

Op die vraag wat sy as uitdaging in haar nuwe rol as visevoorsit-

ter van Graan SA sien, antwoord sy sonder aarseling: “Ek wil graag

sien dat alle produsente, ongeag kleur, hande vat en begin saam-

werk. Verder sal ek ook wil sien dat meer vroue en jongmense van

alle rasse by landbou en by die organisasie betrokke raak.

“Ek voel dit het tyd geword dat ons as vroue meer betrokke raak

by landbou sodat die uitdagings waarmee ons daagliks gekonfron-

teer word, in geleenthede omskep kan word. Tradisioneel was dit

mos maar nog altyd die manne wat gemoeid was met die plaassake

– veral veiligheid en arbeid. Die boervrou het die huishouding

behartig en die kinders grootgemaak, maar ek wou nog altyd

meer as dit wees. Ek sien myself as ‘n ‘moderne boervrou’. Jy sal

my nie maklik in die kombuis aantref nie. Ons is mos maar almal

verskillend.

“In my hoedanigheid as visevoorsitter sal ek vroue graag wil aan-

spoor en uitnooi om toe te tree tot georganiseerde landbou – nie

net as sekretaresses van hul landbouverenigings nie, maar om ook

beskikbaar te wees vir portefeuljes op verskillende terreine.

“Vroue moet partykeer dubbeld so hard werk om hulself te be-

wys in velde waar hulle nie voorheen ‘n rol vertolk het nie, maar ek is

nie bang daarvoor nie. Ek hou van uitdagings!”

Georganiseerde landbou

Preline is aktief in georganiseerde landbou. “Ek was

betrokke by die Verenigde Suid-Afrikaanse Land-

bouvereniging (USAAA) en is die afgelope paar

maande betrokke by die African Farmers Association

of South Africa (AFASA). Verder is ek ook deel van

die Grain Commodity Project Allocation Commit-

tee (CPAC) en ‘n lid van die HerkouCPAC. Die

Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

en verskillende kommoditeitsorganisasies en

georganiseerde landbourolspelers is hierby

betrokke.”

Sy dien ook op die bestuur van die Bredas-

dorp Vroue-landbouvereniging. “Dit is baie

interessant om deel van die groep dames

te wees.”

Verder is sy besonder trots om deel van

die Graan SA-span te wees. “Ek voel tuis

tussen die graanmanne. Hulle gaan uit hul

pad ommy tuis te laat voel en ek waardeer

dit,” sê sy. “Dankie ook aan Graan SA se

personeel wat my so goedgesind is. Ek is

leergierig, want ek wil die beste maak van

my termyn op Dagbestuur,” het sy gesê.

Hoe dit alles begin het...

Preline is in 2008 met Ralph getroud. Sy

ouers en grootouers was boere in die Elim-omgewing. Sy het in die

begin glad nie daarin belanggestel om te boer nie en noem dat sy

gedurende die eerste jaar net hierdie boerderybesigheid bekyk het

en by tye gedink het “Waarin het ek my begewe?”

“Een oggend het ek besluit om saam te gaan plaas toe en net daar

het die boerderygogga my gebyt. Ek is nie spyt nie, want ek geniet

dit vreeslik om saam met my man en seuns te werk,” vertel Preline

met entoesiasme.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Preline Swart: Ek het

myself nooit as ‘n

boeremeisie gesien

nie, maar ek hou van

uitdagings!