Background Image
Previous Page  96 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 96 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

94

Kan voorkomende swamdoders vir

mielieblaarsiektes kopvrot-infeksies

verminder?

F

usarium verticillioides

(

Foto 1

) word regoor Suid-Afrika

aangetref, veral in droë, warm gebiede met temperature bo

28°C. Verskeie stremmingsfaktore soos droogte, insekte-, en

voëlskade sal die voorkoms van die swam aanhelp.

Besmetting met

F. verticillioides

kan enige tyd gedurende die plant

se ontwikkeling plaasvind en mielieprodusente ly jaarliks miljoene

rande se verliese as gevolg van swak saadgehalte en verlaging in

opbrengs. Die swam beskik oor die vermoë om ‘n mikotoksien (miko

= swam en toksien = gifstof) naamlik fumonisien te produseer.

Fumonisiene is waarskynlik karsinogenies vir mense en kan lei tot

breinverweking in perde, vog in die longe van varke asook letsels

op die pankreas en lewer. Bestaande graderingsregulasies speel

‘n belangrike rol om te verseker dat die verbruiker sover moontlik

toegang het tot veilige voedsel.

Die graderingsproses behels dat mielies slegs op visuele simptome

geëvalueer word. Die slegte nuus is dat

F. verticillioides

ook mielies

kan infekteer sonder dat enige simptome sigbaar is en fumonisien-

produksie is dikwels meer. Visuele gradering alleen is dus nie

voldoende om voedselveiligheid te verseker nie en daarom word

bykomende beheerstrategieë ondersoek.

Voorkomende swamdoders en die beheer

van mielieblaarsiektes

Kuratiewe bespuitings vind gewoonlik plaas wanneer die eerste

siektesimptome op mielieblare sigbaar is. Volgens navorsing is

dit moontlik dat 10% oesverlies reeds plaasgevind het aangesien

die mielieplante dan reeds swaminfeksie beveg en dus nie interne

fisiologiese prosesse optimiseer vir die bepaling van kop- en pit-

grootte nie.

Ekonomiese belangrike mielieblaarsiektes sluit grysblaarvlek,

noordelike blaarskroei en roes in. Die voorkoms en siektegraad van

mielieblaarsiektes hang af van klimaatstoestande, gewasrotasie

en verskillende verbouingspraktyke. Met ‘n toename in minimum

of geenploeg, bou daar ‘n plantreste deklaag op die bo-grond op

en kan die swamme wat mielieblaarsiektes veroorsaak moontlik

vermeerder en sodoende erger besmettings in die opvolgende

groeiseisoen veroorsaak.

OP PLAASVLAK

F. verticillioides

Geïntegreerde plaagbeheer

BELINDA JANSE VAN RENSBURG,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

OMGE-

WING/

KULTIVAR

MAKHATINI

POTCHEFSTROOM

BUFFELSVLEI

VAALHARTS

2011

2012

GEM 2011

2012

GEM 2011

2012

GEM 2011

2012

GEM

PAN6611 19 995 54 600

37 298

380

7

194

2 695

5

1 350 6 843

4

3 424

LS8521B

5 480 12 850

9 165

328

53

191

911

3

457 5 013

6

2 510

PAN6P-110 28 712 81 450

55 081

141

4

73

1 109

22

566 7 278

9

3 644

DKC80-10 41 400 67 617

54 089

332

6

169

3 274

12

1 643 8 823

18

4 421

DKC80-12B 7 565 32 673

20 119

339

3

171

1 723

6

865 9 930

6

4 968

DKC78-15B 2 665 14 783

8 724

124

3

64

1 270

4

637 6 442

8

3 225

CRN3505

1 177 100 776

50 977

777

5

391

2 116

3

1 060 9 868

6

4 937

Gemiddeld 15 285 52 107 33 696 346

12

178

1 871

8

939 7 743

8

3 875

OMGE-

WING/

KULTIVAR

GREYTOWN

CEDARA

GEM

2011

GEM

2012

GEM

2011/2012

2011

2012

GEM 2011

2012

GEM

PAN6611

9 132

2

4 567

754

3

379

6 633

9 104

7 869

LS8521B 6 577

3

3 290

895

4

450

3 200

2 153

2 677

PAN6P-110 8 182

9

4 096

644

4

324

7 677 13 583 10 630

DKC80-10 8 947

3

4 475

2 759

5

1 382

10 922 11 277 11 100

DKC80-12B 6 638

7

3 323

3 023

4

1 514

4 870

5 450

5 160

DKC78-15B 4 809

4

2 407

2 028

3

1 016

2 889

2 468

2 679

CRN3505 6 815

7

3 411

1 926

6

966

3 780 16 801 10 291

Gemiddeld 7 300

5

3 652 1 719

4

861

TABEL 1: DIE EFFEK VAN OMGEWING EN KULTIVAR OP SWAMINFEKSIE (GEMEET IN PIKOGRAM) IN MIELIEGRAAN VIR DIE 2011- EN

2012-SEISOENE (GEMIDDELD VAN DIE SPUIT EN ONBESPUITE BEHANDELINGS).

*Dui betekenisvolle verskille aan (LSD P<0,05)

LSD = 929,837 (omgewing)

LSD = 5 101,651 (kultivars)

LSD = 7 154,020 (omgewing x kultivars)