Background Image
Previous Page  102 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 102 / 116 Next Page
Page Background

Vrouemaand-profiel

Augustus 2016

100

AKTUEEL

“Graan SA moet meer daarop fokus om nuwe toetreders se posisie

in die landbousektor te bevorder. Die fokus moet wees op ekono-

miese bemagtigingsinisiatiewe soos byvoorbeeld swart mense,

vroue, gestremde persone en op die jeug van alle rasse. Die

proses om swart Suid-Afrikaners in staat te stel om suksesvol in

kommersiële boerdery en landboubesighede te wees, sal goed-

ontwerpte en behoorlik-geteikende pogings verg om die speelveld

gelyk te maak en om ‘n meer verteenwoordigende en diverse sektor

tot stand te bring.

“Hierdie pogings moet ontwerp word om ‘n gediversifiseerde en

doeltreffender landbousektor op te lewer, wat die dryfkrag vir ‘n

groeiende landelike ekonomie sal verskaf, sonder om ‘n negatiewe

impak op bestaande kommersiële produsente te hê,” meen sy.

Volgens haar geniet Graan SA-lede heelwat opleidingsgeleent-

hede en inligtingsessies: “Alles daarop gemik om van jou as boer en

jou boerdery ‘n sukses te maak en om ons as boere aan te moedig

om ons kennis te verbreed en vaardighede te verbeter. Die stem van

georganiseerde landbou en die waarde wat almal daaraan heg, is

ook baie belangrik,” sê sy.

Ontwikkelende landbou

Graan SA se Ontwikkelende Landbouprogram lê dié produsent na

aan die hart en sy beskou dit as een van die organisasie se kern-

funksies.

“Vandat Graan SA by ons boerdery betrokke geraak het, het ons

in alle opsigte gegroei. Deur middel van studiegroepe in ons streek

kom ons gereeld bymekaar om inligting te ontvang en ook inlig-

ting met mekaar te deel. Die verskeidenheid onderwerpe is altyd

interessant.

“Met die proewe wat geplant word en die boeredae wat gehou word,

kan ons sien dat ons nog op die regte pad is. Dit verbreed ons kennis.

Ek het ook al vele kursusse bygewoon en baie daarby gebaat.

“Dankie aan die personeel in Graan SA se Paarl-kantoor: Ons kan

enige tyd op hul knoppie druk. Hulle is altyd bereidwillig en be-

skikbaar.”

Op ‘n vraag hoe kommersiële produsente meer betrokke kan raak

by nuwe era-boere, antwoord Preline: “Deur as mentor op te tree

en jou jarelange kennis te deel. Kommersiële produsente het reeds

die oplossings vir talle uitdagings in landbou gevind, want hulle is al

jare lank in die bedryf.

“As ek só met die produsente saamwerk, sien ek oor watter kwaliteite

hulle beskik en watter soort mense hulle is. Ek en my gesin het tot die

besef gekom dat dit ons niks gaan help dat ons, as nuwe era-boere,

ons eie oplossings probeer vind nie. Ons moet eerder sorg dat ons

van kommersiële produsente leer. Daar is kommersiële produsente

wat die kuns vervolmaak het: Hulle bedryf uitnemende boerderye en

wanneer ons die eerste tree gaan gee en om hulp vra, glo ek hulle sal

hul kennis (wat werk en wat nie werk nie) met ons deel.

“Ons het ‘n wonderlike mentor, Kosie van Zyl, wat verskriklik baie

vir ons beteken en wat graag sy kennis en ervaring met ons deel.”

Wenke

Ons het haar gevra watter wenke sy vir ‘n pa of ma sal gee wat

daaraan dink om saam met hul kinders ‘n familieboerdery te bedryf:

Jou kinders moet jou passie deel.

Laat jou kinders saam met jou werk, skuif ongemerk van jou

verantwoordelikhede oor na hulle toe en kyk of hulle verant-

woordelikheid daarvoor kan aanvaar.

Openlike kommunikasie is belangrik.

Daar moet ‘n gevoel van samewerking en intimiteit tussen jou en

die kinders onderling wees.

En vir ‘n vrou wat saam met haar man by die boerdery betrokke is?

“Wees daar vir jou man, ondersteun hom en staan hom deur

dik en dun by. Ek hou my man se arms omhoog en gee hom my

ondersteuning om hom sterk te maak vir môre – hetsy storms of mooi

weer. Ek is my man ewig dankbaar dat hy my aan die landbousektor

bekend gestel het.”

Sy sluit af: “My raad aan enige produsent is om in afhanklikheid van

ons Hemelse Vader te lewe.”

Toekennings

In 2013 is Preline benoem vir die 2013 Female Entrepreneur of

the Year Award en word as naaswenner aangewys waarna sy die

Nasional Ministerial Award in die Jeug-afdeling ontvang.

In 2014 is sy deur Minister Tina Joemat-Pettersson uitgenooi om

deel te wees van die lewendige uitsending van die TNA/SABC 2

Breakfast Briefing

in Johannesburg. “Dit was vir my ‘n verskriklike

groot eer en ‘n ervaring wat ek vir lank sal onthou,” vertel sy.

Ralph, met Preline bankvas agter hom, is in 2014 as Graan SA/Absa

se Nuwe Era Kommersiële Boer aangewys. Swart Boerdery het ook

‘n rits ander toekennings ingeryg: Hulle het die toekenning vir nuwe

toetreders tot die kommersiële landbou van die Landbouskrywers

Suid-Afrika ontvang en by die Aldam Vleisbeesskool van 2014 het

hulle ook Pick ‘n Pay se eerbewys vir die beste vordering vir die

afgelope dekade ontvang. Sy is in 2015 aangewys as die Top

Achiever: Farmer Development Programme: Bathopele/Kaap Agri

en genomineer vir die 2016 AgriSeta National Excellence Award:

Short skills programme. ‘n Program oor hul boerdery is vroeër van-

jaar op

Megaboere

op die

KykNet

-kanaal uitgesaai.

“Ek is opreg dankbaar en voel geëerd oor al hierdie groot gebeurte-

nisse in ons lewe en glo en vertrou van harte dat hierdie toekennings

vir ons gesin baie deure sal oopmaak. Dit is alles te danke aan my

Hemelse Vader. Hy het gesien hoe hard ons werk en ons daarvoor

beloon. Dit hou ons nederig en op ons knieë.”

Hard val, knieë afvee, opstaan

Ralph en Preline het albei

‘n passie vir boerdery.

Ralph is baie trots op sy

vrou en hy glo dat sy nog

vele hoogtes sal bereik.