Background Image
Previous Page  97 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 97 / 116 Next Page
Page Background

95

Produsente gee voorkeur aan hoë-opbrengs kultivars en kultivars

met moontlike weerstand word nie in ag geneem nie. Hierdie faktore

dra by tot ‘n verhoging in mielieblaarsiektes en daarom het die

klem verskuif na voorkomende spuitprogramme om blaarsiektes te

beheer sodra infeksie plaasvind.

Tans is daar geen chemiese middels geregistreer vir die beheer

van mieliekopvrotte en hulle veroorsakende mikotoksiene in graan

nie. Die doel van die studie was om te bepaal watter effek ‘n

voorkomende swamdoderprogram vir die beheer van blaarsiektes

op

F. verticillioides

kopvrot asook fumonisiene sou hê.

Veldproewe

Tydens 2011 en 2012 is droëland veldproewe geplant op Buffelsvlei

en Potchefstroom (warm, droë produksieareas in die Noordwes

Provinsie) asook Cedara, Greytown en Makhatini (sub-tropiese

produksieareas in KwaZulu-Natal) in ‘n ewekansige proefuitleg.

‘n Soortgelyke veldproef is op Vaalharts geplant (semi-woestyn

area in die Noord-Kaap) en is vloed-besproei. Sewe kultivars is

geselekteer om sodoende wit en geel, Bt en ooreenstemmende iso-

lyne in te sluit (

Tabel 1

).

Elke eksperimentele blok het bestaan uit nege rye, 32 m in lengte en

die middelste sewe rye is gebruik om te bespuit (of geen bespuiting

wat dien as kontroles) en graan te versamel.

Eksperimentele blokke wat met swamdoder bespuit is, het

azoxystrobin + difenoconazole (strobilurin, 200 g/l + triazole,

125 g/l) teen ‘n dosis van 500 ml/ha, 40 - 45 dae na-plant ontvang.

Teen 28 - 30 dae na die eerste bespuiting, is dit opgevolg deur ‘n

tweede bespuiting van flusilazole + carbendazim (silicone triazole,

125 g/l + benzimidazole, 250 g/l) teen ‘n dosis van 750 ml/ha met

petroleum as kleefmiddel (500 ml/ha).

Mieliekoppe is met die hand geoes met ‘n vogpersentasie van 12%.

Daarna is sub-monsters afgeweeg en fyn gemaal om sodoende die

swamgroei en fumonisiene in die graan te bepaal.

Die effek van swamdoders teenoor

swaminfeksie van graan

Volgens statistiese analises het die swamdoders geen effek gehad

op swaminfeksie van mieliegraan nie. Dit het wel aangedui dat die

omgewing en kultivar grootliks ‘n effek gehad het op swaminfeksie

van mieliegraan (Tabel 1).

Graan SA/Sasol fotokompetisie