Background Image
Previous Page  101 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 101 / 116 Next Page
Page Background

99

Die Swart-gesin huur al die afgelope 33 jaar grond by die Morawiese

Kerk op Elim (1 280 ha) en boer die laaste paar jaar ook op

Spanjaardskloof (89 ha) en Grootdam (945 ha) in die Stormsvlei-area

op hul eie grond.

“Weens die hoë prys van grond in die Overberg-area, is dit moeilik

om grond daar aan te koop. Die gaping tussen die markwaarde en

produksiewaarde van landbougrond in ons gebied is baie groot,”

verduidelik sy.

Hulle plant koring, gars, hawer, korog en medics en is in die proses

om oor te skakel na geenbewerkingspraktyke. In 2000 het Ralph

‘n besoek aan Dresden in Oos-Duitsland gebring en in 2012 was

hy en Preline Argentinië toe. Hier het hulle gesien watter verskil

geenbewerking maak en het daarna begin met die regstelling van

hul grond nadat dit soveel jare deur hul voorgeslagte bewerk is. Vol-

gens haar is dit hul doelwit om eendag só te boer dat hulle voort-

durend die biologiese diversiteit van die grond verhoog en verbeter.

SA Graan/Grain

wou by haar weet wat hulle as die grootste uitda-

ging in hul boerdery ervaar.

“In boerdery is daar goeie, maar ook verskriklike moeilike jare: Te

min of te veel reën en krisisse wat moeilik bestuurbaar is. Swak

graanpryse en hoë insetkoste het ons ook al hard geslaan, maar soos

my man altyd sê: ‘Volgende jaar begin ons maar net voor’.

“Deur dit alles heen is ons nog steeds op die plaas. Vir my is dit ‘n

geval van hard val, knieë afvee, opstaan en maar weer probeer. En

as ek mooi dink, is dit waar ek die graagste wil wees (al het ek

myself nooit as ‘n boeremeisie gesien nie!).”

Ander uitdagings wat hulle in die gesig staar, is die konstante

toename in insetkoste. “Ons moet gedurig opbrengs jaag ten

einde winsgewend te kan bly produseer. Die jaarlikse stygings wat

hoër as inflasie is, verminder ook my, as graanprodusent, se wins-

gewendheid.”

Ons wou by haar hoor watter rol ‘n organisasie soos Graan SA in

langtermyn, volhoubare en winsgewende graanproduksie, asook

voedselsekerheid, moet speel.

Vyf vinnige feite

Preline Carmen Swart (34) het op Elim in die Suid-Kaap groot-

geword. Haar moeder, Charmaine Daniels (‘n verpleegkun-

dige), het haar as enkelouer grootgemaak. “Met alles wat ek al

bereik het, hoop ek dat ek haar moederhart voorwaar trots ge-

maak het.” Haar vader, Pieter Hans, was vir baie jare ‘n plaas-

arbeider, maar het tans sy eie rietdakbesigheid.

Sy het op ‘n jong ouderdom op Elim begin werk en haar eie

haarsalon begin. “Ek is in Graad 10 (destyds standerd 8) uit die

skool uit en vandag is ek bitter spyt dat ek nie my skoolloop-

baan voltooi het nie, maar beoog om volgende jaar Graad 12

te doen.”

Die boervrou is ook ‘n gekwalifiseerde tuisversorger en het

haar studies by die Gesondheid en Welstand Sektorale Onder-

wys en Opleidingsowerheid voltooi terwyl sy by die Elim

Tehuis met gestremde kinders gewerk het.

Preline is getroud met Ralph en hulle woon op Bredasdorp

saam met hulle seun en dogter, Charmile (14) en Hope (7).

Ralph se twee seuns uit ‘n vorige huwelik, Leaan (24) en

Jacques (23), boer saam met Ralph en Preline in die Overberg.

Volgens Preline boer die twee kleintjies net so kliphard saam

met hulle.

Hulle saai kontant- en weidingsgewasse (koring, hawer, korog

en gars) en boer ook met Bonsmaras, Dohne-Merino-ooie

en volstruise. Preline is verantwoordelik vir die bemarking

van hulle boerderyprodukte en kyk daagliks na die graan-

en veepryse asook wat die buitelandse mark maak. Sy help

verder met die beplanning van die boerderypligte asook die

uitvoer daarvan en sorg dat alle administratiewe werk op da-

tum bly.