Background Image
Previous Page  94 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

92

Hoe beïnvloed droogtetoestande

onkruiddodereffektiwiteit?

O

neffektiewe en selfs geen beheer van onkruide nie, is

tydens die afgelope groeiseisoen aangemeld waar een

van die ergste droogtes nog ondervind is. Asof droog-

tetoestande nie genoeg is om produsente se gemoedere

te toets nie, bied wisselvallige onkruidbeheer in droogtetoestande

‘n verdere uitdaging.

Onkruide word meestal moeiliker beheer tydens droogtetoestande

as in ‘n normale seisoen waar die verspreiding van reën meer

konstant is. Vir onkruiddoders om effektiewe beheer te gee, moet

daar ‘n paar eksterne en interne faktore in balans wees, beide in die

plant (onkruid) en die omgewing (grond en lug).

Onkruiddoders kan hoofsaaklik in twee hoofgroepe verdeel word

in terme van die tyd van toediening naamlik voor-opkoms en na-

opkoms. Toediening voor-opkoms behels die beheer van onkruide

voordat dit opgekom het (bo-kant die grondoppervlak verskyn het),

terwyl na-opkoms toediening geskied wanneer onkruide reeds

opgekom het en in die saailingstadium is.

Vir enige onkruiddoder om effektief te werk moet die “teiken” getref

word en dit is die ontkiemende onkruid in die grond (voor-opkoms)

en die aktief groeiende onkruidplantjie se blare (na-opkoms).

Wanneer droogtetoestande heers, beïnvloed dit beide teikens en

het dit ‘n direkte of indirekte uitwerking op die effektiwiteit van

onkruiddoders. Hierdie artikel wil dus lig werp op die effek van

droogte op die werking van grondtoegediende onkruiddoders (voor-

opkoms), blaartoegediende onkruiddoders (na-opkoms), asook die

omgewingseffek (droogte) op die opname van onkruiddoders.

Droogte-effek op blaartoegediende

onkruiddoders

Vir enige na-opkoms onkruiddoder om effektief opgeneem te word

deur die onkruid, moet daar genoeg van die onkruiddoder op die

blaaroppervlakte neergesit word, om sodoende vinnig opgeneem

en vervoer te word na die plek van werking binne in die plant.

Die plek van werking dui aan waar die spesifieke onkruiddoder-

molekule sal inwerk op die plant se fisiologiese prosesse en/

of weefsel om afsterwing van die onkruid te veroorsaak. So by-

voorbeeld blok glifosaat (na-opkoms sistemiese onkruiddoder)

die fisiologiese pad wat bekend staan as die Shikimaat-siklus en

verhoed die onkruiddoder-molekule die vorming van noodsaaklike

boustene (aminosure) wat benodig word vir effektiewe fotosintese

van ‘n plant.

Paraquat (na-opkoms kontakonkruiddoder) se plek van werking

is in die selwande waar dit toksiese suurstofverbindings (byvoor-

beeld peroksied) vorm en die selwande dus vernietig. Hierdie tipe

informasie mag dalk as oorbodig beskou word, maar ‘n begrip

van die werking van onkruiddoders kan produsente help om wissel-

vallige beheer van onkruide in droogtetoestande beter te verstaan

en/of te verklaar (

Figuur 1

). Dié kennis kan dus meer voordelig

ingespan word om die tyd van onkruiddodertoediening optimaal te

bepaal.

Goeie absorpsie en vinnige vervoer van genoegsame onkruiddoder-

molekules is dus noodsaaklik vir effektiewe beheer. Die aktiwiteit

van onkruiddoder-molekules binne-in die plant word direk beïn-

vloed deur die morfologie, anatomie, fisiologiese en biochemiese

prosesse in die plant (onkruid).

Wanneer droogtetoestande voorkom, beïnvloed dit al die genoem-

de prosesse in die plant en sodoende dan ook die werking van

onkruiddoders in die plant. Die eerste hindernis om te oorkom, is

die verdikte waslagie (kutikula) wat meeste onkruidspesies kan

ontwikkel tydens stremmingstoestande. Hierdie verdikte waslagie

vorm ‘n fisiese versperring wat die absorpsie en penetrasie van

onkruiddodermolekules vertraag of verhoed. Daar word dus nie

genoeg onkruiddoder opgeneem deur die plant (onkruid) om

effektief te werk nie.

Onkruiddoder-molekules word saam met water en die fotosintaat

(meestal suikers) vervoer in die plant as gevolg van fotosintetiese

prosesse. Gestremde (verlepte) plante se huidmondjies is meestal

gesluit, vervoer prosesse word vertraag en die beweging van

suikers/water in die plant is heelwat stadiger (

Figuur 2

).

Verlepte plante se blare neem dus baie minder onkruiddoder op

en vertraagde vervoer van onkruiddoder-molekules in die plant

veroorsaak dat die onkruiddoder-molekules nie gou genoeg na die

plek van werking vervoer word nie. As gevolg van hierdie vertraagde

beweging deur die plant, is daar meer tyd om onkruiddoder-

molekules te “inaktiveer” en/of af te breek.

Sodoende bereik daar nie genoeg onkruiddoder-molekules die

plek van werking nie en het dit swak onkruidbeheer tot gevolg. Die

water-oplosbaarheid van onkruiddoders loop egter hand-aan-hand

met effektiewe opname en translokasie (vervoer) binne-in die plant.

Hoe meer oplosbaar in water – hoe vinniger sal die onkruiddoder-

molekules penetreer en vervoer word.

Droogte-effek op grondtoegediende

onkruiddoders

Sodra onkruidoddermolekules op die grond val, word dit blootgestel

aan verskeie faktore wat ‘n rol speel in die afbreek, opneem en

verspreiding van die onkruiddoder wat ‘n direkte uitwerking op die

effektiwiteit van die produk het.

Die teenwoordigheid van grondvog is van kardinale belang vir

effektiewe grondwerking (aktivering) van voor-opkoms onkruid-

doders. Sommige etikette gee grasie van tot vier dae na toediening

vir reënval en/of besproeiing, maar nadat onkruiddoders vir langer

as vier dae in die grond is sonder enige grondvog, sal onkruidbe-

heer drasties afneem.

Voor-opkoms onkruiddoders vermeng (los op) met die grondvog

en word sodoende versprei in die boonste grond lagie (0 cm - 10 cm)

wat die kiemingsone genoem word. Meeste onkruiddoder-mole-

kules word deur die ontkiemende koleoptiel (eerste gedeelte van die

stingeltjie) opgeneem, met beperkte opname deur die wortels van

kiemende onkruide.

OP PLAASVLAK

Onkruidbeheer / Droogtetoestande

Geïntegreerde plaagbeheer

ELBÉ HUGO,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom