Background Image
Previous Page  58 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 116 Next Page
Page Background

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Vaste koste dui op die besit van ‘n masjien en kom voor ongeag

of die masjiene werk of nie. Die veranderlike koste van masjinerie

spruit uit die gebruik daarvan. Veranderlike koste bestaan gewoon-

lik uit brandstofkoste asook herstel- en onderhoudskoste wat direk

met die gebruik van die masjien korreleer.

Vaste koste

Vaste koste kan weer verdeel word in ‘n nie-kontant en ‘n kontant

uitgawe gedeelte. Die nie-kontant uitgawes sluit aspekte soos

waardevermindering en rente op kapitaalbelegging in. Die rente op

kapitaal word bepaal om die geleentheidskoste van die masjien aan

te dui. Die kontantuitgawes van die vaste koste bestaan gewoonlik

uit versekering en lisensiegelde.

Waardevermindering kom altyd voor en verwys na die verlies of

afname in ‘n masjien se waarde oor tyd. Dit is algemene kennis

dat enige masjien of implement in die eerste jaar van sy lewe die

meeste waarde verloor, maar dit weerspieël nie noodwendig wat

met die masjien gebeur nie.

Oor dié rede word die reglynige metode algemeen gebruik om

waardevermindering te bereken. Die metode sorg dat waardever-

mindering in gelyke gedeeltes oor tyd afgeskryf word en weerspieël

meer wat met ‘n masjien gebeur.

Om die waardevermindering van masjinerie as koste per uur te

bepaal, word die aankoopkoste minus die skrootwaarde van die

masjien gedeel deur die lewensverwagting van die masjien. Die

gemiddelde lewensverwagting van trekkers word gewoonlik as

12 000 uur aanvaar en die skrootwaarde van trekkers word op 10%

van die koopprys aanvaar.

Waardevermindering by implemente word op presies dieselfde

wyse as by trekkers bepaal. Die enigste verskil is dat die lewens-

verwagting van die implemente verskil. In

Tabel 1

word die ver-

skillende implemente se lewensverwagtinge aangedui.

Bereken rentekoste só: Die gemiddelde kapitaalbelegging (aan-

koopprys + skrootwaarde ÷ 2) vermenigvuldig met die rentekoers

wat op ‘n mediumtermynbelegging verdien kan word. Hierdie be-

drag word deur die gemiddelde jaarlikse gebruik van die masjien wat

op 1 000 uur aanvaar word, gedeel om die koste per uur te bepaal.

Die lisensie- en versekeringskoste van masjinerie is ‘n kontantkoste

waar die ouderdom van die masjien ‘n rol speel. Daar is verskeie

maniere om lisensie- en versekeringskoste te bepaal, maar daar

word algemeen aanvaar dat 2% van die gemiddelde kapitaalbeleg-

ging die algemeenste koste is.

Veranderlike koste

Veranderlike koste word saamgestel uit die herstel en onderhoud

asook die brandstofkoste van ‘n masjien. Hierdie koste is baie

moeilik om te voorspel omdat daar so baie faktore is wat die

veranderlike koste beïnvloed. Die vaardigheid van die operateur,

die werkstoestande, onderhoud en baie meer beïnvloed die werk-

verrigting en herstelwerk van ‘n trekker.

Om die herstelwerk van ‘n masjien te voorspel, is ‘n ingewikkelde

proses. Hoe meer werk die trekker verrig, hoe hoër gaan die

herstelkoste wees, maar ons weet ook dat as ‘n trekker te min werk,

hy mos sommer in die stoor breek.

‘n Nuwe trekker sal nie noodwendig soveel herstelwerk as ‘n ou

trekker benodig nie, maar hy het ook maar sy instandhouding. Tog

blyk dit dat herstelwerk aan ouer trekkers toeneem tot op ‘n punt en

dan afplat. Die gebruik van ‘n gemiddelde herstelkoste per uur vir die

trekker los in ‘n mate die probleem op.

Tans word ‘n norm aanvaar waar die herstelwerk oor die trekker se

lewe bepaal word op 120% van die aankoopprys van die trekker

gedeel deur sy gebruik in uur. In Tabel 1 word hierdie norme

gebruik. Die herstelwerk van implemente word beïnvloed deur die

tipe implement, die werk wat hy doen en die slytasie. Implement-

herstelwerk word net soos dié van trekkers ook as ‘n persentasie

van die aankoopprys oor die lewensverwagting van die implement

bereken. Sien Tabel 1.

Die berekening van brandstofkoste is baie meer ingewikkeld as dié

van herstelwerk. Aspekte soos die brandstofprys, drywingsver-

eiste, die liters gebruik per kilowatt uur en die persentasie kilowatt

gebruik speel ‘n belangrike rol in die brandstofkoste. Ander aspekte

soos die trekkeroperateur en die grondtoestand speel ook ‘n be-

langrike rol in ‘n trekker se brandstofgebruik.

Oor die algemeen maak die meeste publikasies voorsiening vir

hoë, medium en lae drywingsvereistes. Hoëdrywingsvereistes

word gewoonlik gebruik as die trekker baie swaar werk doen en

60% of meer van die trekkerkilowatt benodig word. Ploeg sal

byvoorbeeld hoëdrywingvereistes hê. Lae drywingsvereiste sal

gebruik word waar ‘n trekker gebruik word om te spuit en waar

die gewig van die trekker eerder ‘n rol speel as die kilowatt van

die trekker.

Effektiwiteit en doeltreffendheid