Background Image
Previous Page  106 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 106 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

104

Belanghebbendes voer

droogtedialoog

D

ie Departement van Landbou Wes-Kaap het op 23 en

24 Junie 2016 rolspelers uit die landboubedryf genooi

om deel te neem aan ‘n droogtedialoog by Elsenburg,

Stellenbosch gelei deur mnre Alan Winde (Minister van

Ekonomiese Geleenthede) en Anton Bredell (Minister van Plaaslike

Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning).

Die doel met hierdie gesprek was om in oorleg met die bedryf,

‘n strategie neer te lê om sodoende departemente, organisasies

en produsente te lei om in lig van die heersende asook toekoms-

tige droogtes risiko’s te beperk en meer doeltreffend te bestuur.

Die geleentheid is deur ongeveer 100 rolspelers bygewoon in-

sluitend verskeie kommoditeitsorganisasies, produsente, analiste,

akademici, nasionale en plaaslike regeringsamptenare, Agri Wes-

Kaap en AFASA.

Ons wil graag die Departement gelukwens met ‘n uitstekende pro-

gram en sprekers wat die agtergrond, bestaande inisiatiewe asook

huidige uitdagings wat deur alle industrierolspelers ondervind

word, as vertrekpunt in perspektief geplaas het om gesamentlik op-

lossings te vind.

Met hierdie waardevolle en relevante inligting, sal werkgroepe

gevorm word om die prioriteitsareas saam te vat en ‘n pad vorentoe

te beplan om die landbousektor in die Wes-Kaap meer droogtege-

reed te maak.

Die uitkoms van die dialoog was 32 aksiepunte wat die hoofuit-

dagings opsom, asook watter rolspelers verantwoordelik is om dit

oor die kort-, medium- of langtermyn aan te spreek.

Vanuit hierdie 32 uitdagings is die volgende vyf punte as die

topprioriteite, waaraan onmiddellike aandag gegee moet word,

geïdentifiseer:

Oorbruggingsfinansiering om nuwe era-boere (en ook ander

nuwe produsente) op plase te hou.

Meer doeltreffende watergebruik.

Meer akkurate droogte- en rampvoorspellings, asook beter

kommunikasie tussen rolspelers.

Ontwikkeling van ‘n sosiale veiligheidsnet om landelike gemeen-

skappe en plaaswerkers wat deur die droogte geaffekteer word,

te ondersteun.

Herbesinning van die waterbestuursbeleid spesifiek met betrek-

king tot infrastruktuur en die bou van damme.

Vanuit Graan SA se oogpunt, korreleer hierdie vyf prioriteite ook

met die graanbedryf se behoeftes en ondersteun ons graag enige

inisiatief om hierdie doelwitte te bereik.

AKTUEEL

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

AGRICULTURAL WRITERS SA

1: Regs voor op die verhoog: Dr Ilse Trautmann (hoofdirekteur: Navor-

sing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste, Departement van Landbou,

Wes-Kaap). Agter op verhoog: Anton Bredell, Alan Winde en

Darryl Jacobs (waarnemende adjunk-direkteur-generaal,

Departement Landbou Wes-Kaap).

2: Anton Bredell, Alan Winde, prof Ferdi Meyer (direkteur: BFAP),

Cornie Swart (president: Agri Wes-Kaap) en Ismail Motala

(president: AFASA).

3: Die droogtedialoog by Elsenburg, Stellenbosch, is deur ongeveer

100 rolspelers bygewoon.

Agbiz honours his role

in SA agriculture

The Agricultural Business Chamber (Agbiz) has honoured

Hans van der Merwe, former CEO of Agri SA, for his exceptional

service to organised agriculture in South Africa. He received the

Agbiz Honorary Award at the business chamber’s biannual congress

held in Somerset West in June this year. Agbiz chairperson, Schalk

Pienaar (right), presented the award to him.

Photo: Gavin Withers

1

2

3