Background Image
Previous Page  89 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 116 Next Page
Page Background

87

Dol vorm

Die hond se gedrag verander. Die hond kan skaam, liefderyk, rus-

teloos of prikkelbaar word of enige kombinasie hiervan toon.

Oormatige speekselvloei kan voorkom en die onvermoë om te sluk

kan vloeistofinname verhoed. Die simptome van watervrees kom

oënskynlik nie onder diere voor nie. Die hond gaan dan ‘n opgewon-

de of rasende stadium in, waartydens hy dol raak en enige voor-

werp byt. Hy tjank en blaf sonder rede. Ná die opgewonde stadium

tree die verlamde stadium in. Die bek kan oophang as die kouspier

verlam raak. Die hond gaan later in ‘n koma en die dood volg.

Lam of stom vorm

Ná ‘n aanvanklike stadium van abnormale gedrag, word die dier

spoedig terneergedruk, verlam, bewusteloos (komateus) en die

dood volg. Indien die hond in die lamstadium versteur word, kan hy

nogtans byt.

Atipiese vorm

Geen duidelike kliniese tekens waarop ‘n vaste diagnose gemaak

kan word, is sigbaar nie. Gelukkig is dié vorm baie seldsaam.

Die bees met hondsdolheid se gedrag verander. Daar tree verlam-

ming in, ‘n aanhoudende gebulk, dit sal lyk of die bees aggressief

is, daar is oormatige speekselafskeiding, die bees se slukbewe-

ging is aangetas, melkproduksie staak, die dier gaan in ‘n koma in

en vrek. Hierdie speekselvloei moet onderskei word van speeksel-

vloei veroorsaak deur ander faktore, byvoorbeeld stenose in die

keel of drie-dae-stywesiekte. Die veearts moet onverwyld geraad-

pleeg word.

Hoe om ‘n diagnose van hondsdolheid by

diere te maak

Die siektetekens en geskiedenis by diere help om ‘n diagnose te

maak. Bevestiging van die diagnose is deur die fluoresserende

teenliggaamtoetse en histologiese breinsnitte. By die mens kan ‘n

diagnose gemaak word deur die isolasie van die virus, virusteen-

liggame of deur die ribonuklease (RNA) van die virus aan te toon.

Hoe doen ‘n mens hondsdolheid op?

Die hondsdolheidvirus kom grootliks in die speeksel van die aange-

taste dier voor. Die virus kan nie deur die mens se intakte vel dring

nie, maar dring die liggaam binne deur sny- en bytwonde asook die

slymvlies (byvoorbeeld die neus-, oog- of mondholteslymvlies).

Die mens doen hondsdolheid hoofsaaklik op deurdat hy deur ‘n

hondsdol dier gebyt word, veral met diep bytwonde. Die virus be-

weeg langs die senuwees na die brein en moet dit bereik alvorens

die mens siektetekens begin toon.

‘n Persoon wat aan die voet gebyt is, sal dus veel langer neem om

siektetekens van hondsdolheid te toon as ‘n persoon wat in die ge-

sig gebyt is omdat die senuweebaan van die voet na die brein veel

langer is.

Nadat ‘n mens deur ‘n dol dier gebyt is, kan dit van een tot drie

maande neem voordat siektetekens ontwikkel, maar soms wissel

dit van minder as een week tot meer as een jaar. ‘n Mens kan ook

hondsdolheid opdoen deur aanraking met die virus wat in die

speeksel van die aangetaste dier aanwesig is, as die virus deur slym-

vliese of barsies of snytjies in die vel dring.

Die afslag of opsny van ‘n dier met hondsdolheid is uiters gevaar-

lik, veral wanneer die speekselkliere en die brein blootgestel word.

Só lyk siektetekens by die mens

By mense bestaan daar twee vorms van hondsdolheid, naamlik

die rasende (woedende) en verlammende vorm. By die rasende

vorm is die simptome hiperaktiwiteit, opgewonde gedrag, hidrofo-

bie (vrees vir water) en soms lugfobie (vrees vir lugbeweging). Ná

’n paar dae sterf die persoon as gevolg van hart- en respiratoriese

ineenstorting.

Ongeveer 30% van hondsdolheidgevalle by mense is die verlam-

mende vorm. Dit is minder dramaties en die pasiënt is langer siek.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/003A

Boerdery vereis gespesialiseerde kennis. Danksy ’n

ultramoderne tegnologiesentrum reg hier in Afrika

is ons op die voorpunt van innovasie in navorsing

en saadteling. Jy kan op uitsonderlike produkte en

uitstekende diens van PANNAR staatmaak.

Boerdery vereis

ervaring, kennis en

goeie oordeel.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za