Background Image
Previous Page  84 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 84 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2015

82

nou saam om koringkultivars vir

die toekoms te verseker

K

undiges voorspel dat die vraag na koring in ontwikke-

lende lande met 60% sal toeneem teen 2050. Dit is al so

baie aangehaal, dat dit amper soos ou nuus klink. Kom ons

dink ‘n oomblik daaroor: Anders gestel, beteken dit dat

vir elke tien brode wat vandag in ontwikkelende lande gebruik word,

sal daar oor 35 jaar, 16 brode benodig word.

Tegelykertyd word daar voorspel dat klimaatsverandering ‘n 20%

- 30%-afname in produksie juis in hierdie gebiede kan veroorsaak.

Die nuutste opname toon dat die grootste hoeveelheid van die

wêreld se koringproduksie gebruik word binne die land wat dit pro-

duseer en dat die meeste hiervan ook ontwikkelende lande is.

Hoewel hierdie koring nie in die wêreldhandel opgeneem sal word

nie, is die verwagting dat koringpryse in reële terme as gevolg

daarvan sal verander en dat die vraag- en aanbodpatrone van ko-

ring dramaties in die toekoms gaan verander om hierby aan te pas.

Weens die toename in die wêreldbevolking en die gevolglike

uitbreiding van stedelike gebiede, word dit ook voorsien dat toe-

komstige produksie op ‘n heelwat kleiner area sal moet plaasvind

as wat tans die geval is. Die beskikbare oppervlakte kan nog

verder verminder word, indien dit nodig word om gebiede beskik-

baar te stel vir rehabilitasie en die bewaring van biodiversiteit in

die stryd teen klimaatsverandering.

Wat beteken al hierdie voorspellings vir

ons hier in Suid-Afrika?

Koring is belangrik. Dit is ‘n gewas wat oor die eeue heen sinoniem

geraak het met geborgenheid. “As daar net brood is,” is dikwels

die versugting. Indien ons in die toekoms die beskikbaarheid van

bekostigbare brood wil verseker, moet koring as gewas nou bevorder

en beskerm word.

Die deurslaggewende faktor vir die voortgesette produksie van

koring in Suid-Afrika sal winsgewendheid wees. Opbrengs, geskik-

te kwaliteit en eienskappe wat insetkoste bespaar en die gewas in

staat stel om stremmings beter te hanteer, is noodsaaklike kenmer-

ke vir toekomstige koringkultivars. Met kultivars wat by die unieke

Suid-Afrikaanse produksieomstandighede aangepas is, sal ons pro-

dusente kan werk.

Die huidige inkrimping van die koringbedryf in Suid-Afrika bied

die geleentheid vir ons as navorsers om te vra of koringnavorsing

tans op die regte onderwerpe fokus. Word daar optimaal gebruik

gemaak van beskikbare befondsing en kundigheid om koringver-

bouing te bevorder?

Waarnemings oor die veranderde

benadering tot koringteling

Dit is alombekend dat die ontwikkeling van ‘n nuwe kultivar (‘n

besonderse duur en ingewikkelde proses) tussen agt en 15 jaar kan

duur. Telers moet na ‘n lang lys eienskappe kyk en dié plant uit-

soek wat almal, of dan die meeste daarvan, bevat.

Dit maak dus sin om kundiges vir spesifieke eienskappe te gebruik

om die beste plante uit te soek en in aangepasde Suid-Afrikaanse

koringagtergronde in te bou. Hierdie aksie word “voorteling” of in

Engels

pre-breeding

genoem. Dit word veral vir eienskappe soos

gasheerplantweerstand teen siektes en insekplae gebruik, maar

kan ook met groot sukses vir kwaliteit- en opbrengsverbetering in-

gespan word.

Sodoende kan telers reeds verbeterde lyne gebruik om die verlang-

de eienskappe in hulle programme in te dra sonder om die nadelige

eienskappe wat die skenkerlyne dikwels bevat, ook in te bring.

OP PLAASVLAK

Russiese koringluis weerstandskultivars

Geïntegreerde plaagbeheer

VICKI TOLMAY,

LNR-Kleingraaninstituut

Grafiek 1: Grafiese voorstelling van die bydrae van ‘n herhalende kultivarouer in ‘n terugkruisingsprogram.

Kundiges voorspel

dat die vraag na

koring in ontwik-

kelende lande met

60% sal toeneem

teen 2050.