Background Image
Previous Page  88 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 88 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2015

86

OP PLAASVLAK

Watter dieresoorte is betrokke by

hondsdolheid?

Alle warmbloedige diere kan draers van hondsdolheid wees en

veral die volgende: Meerkatte (rooi- en stokstertmeerkat), honde

(mak en wild), mak en wilde katte (soos die muskeljaat-, rooi- en

swartpootkat), beeste, koedoes (veral in Namibië), dassies, jakkal-

se (soos die rooibakoor- en maanhaarjakkals), strandwolf, hiëna,

muishond en ratel.

In Suid-Afrika is die meeste knaagdiere en haassoorte nie noemens-

waardig betrokke by die oordra van hondsdolheid nie. Insek- en

vrugtevretende vlermuise in Suid-Afrika kan moontlik ook aan die

oordra van hondsdolheid gekoppel word.

Ken só diere uit wat vermoedelik

hondsdolheid het

Dit is kenmerkend dat hondsdolheid die gedragspatroon van diere

beïnvloed. Wilde diere word makker en mak diere (byvoorbeeld

huisdiere) wilder. Indien ‘n dier met ‘n abnormale gedragspatroon

opgemerk word, moet hondsdolheid altyd oorweeg word.

Meerkatte, jakkalse en koedoes wat normaalweg wild is, kan baie

mak raak indien hulle die siekte onder lede het. Wilde katte en honde

asook ander dieresoorte kan ook rasend aggressief raak en byt.

Mak diere, soos honde en katte, raak aggressief en sal ‘n mens

onder uitlokking aanval en byt. Nie elke dier met hondsdolheid sal

egter die mens of ander diere aanval nie. Diere met hondsdolheid

kwyl gewoonlik baie omdat hulle slukspiere verlam is. Beeste met

hondsdolheid kan dalk aanhoudend bulk.

Dit is raadsaam en noodsaaklik om onmiddellik ‘n veearts te raad-

pleeg aangaande enige gedragsverandering by jou diere ten einde

‘n diagnose te kry om vroegtydig voorsorgmaatreëls te kan tref.

Dít is die siektetekens by diere

Die broeitydperk (inkubasieperiode) by die dier kan so kort as

sewe dae wees, maar is gewoonlik twee of agt weke en soms tot so

lank as ses maande of langer ná blootstelling. Die basiese tekens

is dié van gedragsverandering. Die hond vertoon drie vorms van

hondsdolheid, naamlik die dol, lam of stom en atipiese vorm.

VEE- EN WILDFAKTOR

Diere

1: Hierdie bees met hondsdolheid bulk

aanhoudend.

2: Normaalweg is koedoes wild. Hierdie koedoe

se gedrag het weens hondsdolheid verander en

hy het mak geword.

3: Meerkatte kan draers van hondsdolheid wees.

4: Jakkalse kan draers van hondsdolheid wees.

Hulle gedrag verander gewoonlik met honds-

dolheid.

5: Wildehonde kry ook hondsdolheid. Hulle speel

egter nie so ‘n prominente rol in die oordraging

daarvan nie.

6: Alle soogdiere skyn vatbaar te wees vir

hondsdolheid. Wanneer mak diere skielik

aggressief raak of wilde diere mak voorkom,

moet die aanwesigheid van hondsdolheid ver-

moed word.

Figuur 1: ‘n Kaart van Suid-Afrika van areas waar hondsdolheid gedurende 2014 gerapporteer is.

1

2

3

4

6

5