Background Image
Previous Page  93 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 93 / 116 Next Page
Page Background

Meer kleinboere met kommersiële

aspirasies is nodig

“M

y lede wil hul silo’s vol graan kry, maak nie saak

wie die graan produseer nie. ‘n Mieliepit is geel of

wit, nie swart of wit nie,” verduidelik me Mariana

Purnell, hoofbestuurder van Agbiz Grain, wat die

belangrikheid van kleinboerontwikkeling nie genoeg kan beklem-

toon nie.

Mariana meen kleinboere moet so gou as moontlik kommersieel

begin boer en sinvolle hoeveelhede by silo’s lewer, sodat hulle

kan bydra tot die ekonomie en voedselsekerheid van die land.

“Kleinboere wat hulself reeds bewys het, moet ‘n lae rentekoers

lening kry wat hulle in staat sal stel om grond en implemente te

koop, sodat hulle hulself kan vestig en só sekuriteit kan kry vir

gewone produksielenings soos enige kommersiële produsent.”

Volgens haar is een van die grootste uitdagings tans in landbou,

die teenstrydige beleide in regeringsdepartemente wat verwarring

in die landbousektor skep. “Die groter prentjie om genoeg kos te

produseer vir ‘n groeiende bevolking, word deur die regering ge-

kniehalter deur absurde uitsprake oor grondplafonne te maak.”

‘n Uitdaging wat volgens haar wêreldwyd ‘n probleem in die

landbousektor is, is jongmense wat nie meer op plase wil bly en

boer nie. “‘n Besigheid ontstaan omdat daar ‘n behoefte is en die

behoefte vir voedsel raak by die dag meer. Die jeug moet besef dat

daar altyd ‘n mark vir landbou sal wees, omdat mense wêreldwyd

drie of meer keer ‘n dag moet eet.” Sy vertel van die “Agriculture

is sexy”-skakel op die jeugbladsy van Agbiz Grain se webtuiste

waar drie Amerikaanse broers landbou op parodie-video’s uitbeeld.

Gaan loer gerus op

www.agbizgrain.co.za .

Inisiatiewe vir oplossings

‘n Groot hoogtepunt op Mariana se Agbiz Grain-kalender is die

mini-simposium wat sy jaarliks vir haar lede reël. Een van die

kwessies wat vanjaar by dié simposium bespreek gaan word, is die

nuwe en gewysigde regulasies van die Nasionale Padverkeerswet.

“Ek sal graag wil sien dat die hele graanbedryf selfregulerend

word. Die suikerbedryf het reeds daarin geslaag en ons kan baie

by hulle leer. Daar is steeds baie onsekerheid en vrae in die bedryf

oor dié kwessie en daarom kry ek kundiges in die bedryf om met

my lede te kom gesels.”

‘n Tweede inisiatief wat sy van die grond af wil kry, is om ‘n be-

wusmakingsveldtog van die graanbedryf en die onderskeie rol-

spelers deur middel van ‘n uitstalling by die parlement te hou. “Ek

wil hê ons moet die regering bewus maak dat die graanbedryf uit

‘n klomp komponente bestaan, verduidelik wat elkeen se rol is en

hoe al die komponente soos ‘n legkaart by mekaar inpas,” vertel sy

met groot opgewondenheid.

Agbiz Grain

Agbiz Grain is ‘n volwaardige lessenaar van Agbiz en verteenwoor-

dig tans die twaalf grootste hantering- en opbergingsmaatskappye

in die graanbedryf. “Nouer samewerking met Agbiz, wat op ‘n hoër

politieke vlak beweeg, help Agbiz Grain en sy lede om meer inge-

lig te bly oor die strategiese aangeleenthede wat die landbousektor

kan beïnvloed,” verduidelik Mariana.

Klimaatsverandering en die veranderende landbou-omgewing speel

‘n groot rol in die graanbedryf. Daar is tans silo’s in gebiede waar

graan nie meer geproduseer word nie en dié multimiljoenrand-

silo’s kan nie meer volgemaak word nie. Goedkoper, alternatiewe

opbergingstrukture, soos silosakke, word weer al hoe meer in nuwe

graangebiede gebruik.

Mariana verteenwoordig haar lede by vergaderings van verskeie

rade, komitees, trusts en organisasies. “Indien ‘n maatskappy nie

‘n lid is van Agbiz Grain nie, sal ek nie die maatskappy se betrokke

kwessies kan uitdra op die verskeie forums nie en sal hulle ook nie

belangrike inligting ten opsigte van ontwikkelings in die bedryf,

regulasies en wette wat verander asook geleenthede in die industrie

kan ontvang nie.”

Mariana nooi daarom tradisionele sowel as alternatiewe hanterings-

en opbergingsmaatskappye uit om by Agbiz Grain aan te sluit.

91

August 2015

AKTUEEL

Agtergrondinligting oor Mariana

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Ná skool verwerf Mariana haar BSc-graad in Plant- en

Dierkunde sowel as haar BScHons in Plantfisiologie aan

die Universiteit van Port Elizabeth. Later verwerf sy ‘n

MSc-graad en verskeie ander kwalifikasies.

Haar loopbaan begin as navorser by die Instituut vir Sitrus

en Subtropiese gewasse se proefplaas in Oos-Londen,

waar sy na-oesprobleme van pynappels, wat per boot

uitgevoer is na Engeland, ondersoek het. Hierna sit sy

haar loopbaan voort in plantweefselkultuur/biotegnolo-

gie by dié instituut se hoofkantoor in Nelspruit, waar

sy onder meer betrokke was by die suksesvolle kloning

van pynappels. Later tree sy ook op as gasspreker by die

eerste pynappelsimposium in Hawaii.

In 1995 het sy Suid-Afrika verlaat om as landbouweten-

skaplike-verteenwoordiger by die Suid-Afrikaanse am-

bassade in Washington DC, VSA, op ‘n vierjaarkontrak

te werk. Tydens haar tyd in Amerika, het sy ‘n uitstalling

van inheemse Suid-Afrikaanse blomme gereël om die

verskeidenheid sowel as die omvang van navorsing daar-

op ten toon te stel, samewerking met die VSA te bevor-

der en addisionele navorsingsfondse te bekom. Dit was

hoogs suksesvol en is een van die prestasies in haar loop-

baan waarop sy die trotste is.

Begin 2004 het sy ‘n loopbaanskuif gemaak na die graan-

silobedryf waar sy by Senwes vir tien jaar werksaam was,

voordat sy in 2013 as uitvoerende hoofbestuurder van Ag-

biz Grain aangestel is.

Sy is tans president van haar Rotariërklub in Pretoria-

Oos en sy het ook ‘n groot passie vir proeflees, skryf en

lessenaarsetwerk (

desktop publishing

).

Mariana Purnell

Vrouemaand-

inspirasie