Background Image
Previous Page  95 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 95 / 116 Next Page
Page Background

93

August 2015

AKTUEEL

Case IH wil die wêreld

ROOI VERF

V

ir die verkoopspan van Case IH is rooier nie net mooier

nie, maar ook beter en meer innoverend. ‘n Paneel inter-

nasionale ingenieurskundiges stem saam en het die

Magnum 380 CVT vereer met die gesogte

Tractor of the

Year 2015

-toekenning. Vyf ander Case IH-produkte is ook met toe-

kennings vereer.

Gedurende April vanjaar, is hierdie bloedrooi masjiene van Case

IH aan besoekers bekend gestel tydens ‘n demonstrasiedag op

die plaas van mnr Jaap van der Westhuizen, Case IH-handelaar

en eienaar van die Cairo-groep in die Koppies-omgewing. Meer

as 300 produsente van so ver as Douglas en Prieska kon dié

indrukwekkende implemente in aksie sien tydens die praktiese de-

monstrasies. Tubestone het ook hul produkreeks uitgestal en pryse

vir ‘n gelukkige trekking geborg.

Mnr Francois Geldenhuys, bemarkingsbestuurder van Case IH in

Suider-Afrika, het genoem dat hierdie dag aan hulle die kans gun

om inligting oor implemente en nuwe tegnologie met produsente

te deel. Dit is ook ‘n skakelplatform wat ‘n geleentheid bied vir

interaksie met hul klante.

Die bekendstelling van die trekkerreeks is afgeskop met die kom-

pakte Quantum-nutstrekkers. Hierdie reeks trekkers se lae swaar-

tepunt bied uitstekende stabiliteit op alle terreine, terwyl hulle

beweegbaarheid en lae profiel hul ideaal maak om in klein ruimtes

te werk.

Die Magnum-trekkerreeks het baie belangstelling gelok. Hierdie

medium tot hoë perdekrag-trekkers lewer krag en produktiwiteit

in die moeilikste omstandighede, tesame met uitsonderlike brand-

stofverbruik. Die enjintegnologie op dié trekkers bied tot 15% laer

brandstofverbruik in vergelyking met die vorige modelle.

Nadat besoekers ingelig is oor die trekkers en implemente, kon

hierdie bielies in aksie gesien word. Een van die hoogtepunte van die

demonstrasies was beslis die 492 kW Quadtrac 600-trekker.

Die unieke ontwerp van die spoorstelsel bied optimale vastrap-

vermoë, terwyl dit grondverdigting minimeer. Ten spyte van hul

grootte, beweeg die Quadtracs en die Steigers moeitevry deur die

lande en danksy konvensioneel geartikuleerde stuurmeganismes, is

‘n draaisirkel van 5,7 m moontlik.

Nóg ’n gewilde werktuig by Case IH se demonstrasiedag was

die Patriot selfaangedrewe spuit. Dié werktuig benut die beste

tegnologie, soos die AIM Command-spuitstelsel® wat ontwerp is

om ‘n konstante koers en druk te handhaaf.

1: Bernard Haggard en Hennie de Bruin van Parys het die Case IH-

demonstrasiedag op Koppies bygewoon.

2: Dolf Nel en Dieter Hansen van Lichtenburg het die Case IH Axial-Flow

8240-stroper met die voordele van sy bewese enkelrotortegnologie van

nader bekyk.

3: By die Magnum 315 staan twee Bultfonteiners, Kobus van der Walt

(bemarker: Wesbank Landbou-finansies) en Frank Eksteen (W&P Dienste,

wat ook ‘n Case-handelaar is), wat kom besigheid doen het.

4: Die kleiner 42 kW JX 55T.

5: Die indrukwekkende 492 kW Quadtrac 600 gereed vir aksie.

6: Die Patriot selfaangedrewe spuit by vanjaar se Graan SA NAMPO

Oesdag.

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1

3

4

6

5

2