Augustus 2015
84
h
ondsdolheid is ‘n dodelike siekte en primêr ‘n siekte-
toestand wat in diere voorkom ná besmetting met die
hondsdolheidvirus (lyssavirus).
Die virus veroorsaak akute inflammasie van die brein
by mense en warmbloedige diere. Daar is ‘n inkuba-
sietydperk van minder as ‘n week tot meer as een jaar, maar dit
is meestal een tot drie maande. Die tyd vir die simptome om te
ontwikkel en sigbaar te word, hang af van die afstand wat die virus
vanaf die plek van besmetting (byvoorbeeld die bytplek) na die
sentrale senuweesisteem (die brein) moet beweeg.
Hoe nader die plek van besmetting aan die brein is, hoe gouer ont-
wikkel simptome. Dit is ‘n direkte soönose (siekte wat vanaf die
dier na die mens oorgedra word) en die mens doen gewoonlik
die besmetting op deurdat hy gebyt word deur ‘n besmette hond,
meerkat, kat of ander soogdier (die virusse in die speeksel van die
diere besmet gewoonlik die mens of dier) of deur die hantering
van lewende of dooie besmette diere.
Alle soogdiere skyn vatbaar te wees vir hierdie gevreesde siekte.
Die siekte kom in meer as 150 lande voor. Waar diere dié siek-
te onder lede het, gaan dit gewoonlik met duidelike gedragsafwy-
kings gepaard.
Wanneer mak diere skielik aggressief raak en wilde diere mak voor-
kom, moet die aanwesigheid van hondsdolheid vermoed word.
Gewoonlik word die siekte tussen diere oorgedra deur die byt van
‘n besmette dier.
Mens-tot-mens-oordrag is ook moontlik en die siekte veroorsaak
elke jaar duisende sterftegevalle by mense (geraam op 26 000 in
2010) wat meestal in Afrika en Asië (95%) voorkom. 40% van mense
wat gebyt word deur diere wat vermoedelik hondsdolheid het,
is kinders onder 15 jaar. Honde met hondsdolheid is die grootste
oorsaak van mense wat besmet word en sterf as gevolg van
hondsdolheid. Oorplanting van die horingvlies vanaf ‘n besmette
skenker het ook al hondsdolheid by die ontvanger veroorsaak.
Indien mense wat kontak gehad het of gebyt is deur ‘n dier wat
vermoedelik hondsdolheid het en die bytwond word onmiddellik
skoongemaak en ontsmet en die mens word binne ‘n paar uur ná
sulke kontak, teen hondsdolheid ingeënt, voorkom dit meestal die
begin van die siekte asook dood as gevolg van die siekte.
Elke jaar ontvang meer as 15 miljoen mense wêreldwyd ná
vermoedelike blootstelling aan hondsdolheid, inentings daarteen
om die siekte te voorkom.
Hondsdolheid kom op alle kontinente voor, behalwe Antarktika.
Wanneer simptome van hondsdolheid reeds by ‘n mens of dier
begin ontwikkel ná besmetting, is die gevolg so te sê altyd fataal.
Swak aanmelding van hondsdolheid in afgeleë gebiede veroorsaak
veral dat die siekte wat mense vanaf besmette honde opdoen, nie
betyds uitgeskakel kan word nie.
Ander name vir hondsdolheid
Ander name waaronder hondsdolheid bekendstaan, is rabies of
hidrofobie as gevolg van die slagoffer (slegs by die mens) se vrees
vir water.
Hoe versprei dit?
Hondsdolheid kom in baie wêrelddele voor en is wydverspreid in
Suider-Afrika, in lande soos Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe,
Mosambiek, Namibië en ook ander gebiede. In die hondsdolheid-
beheerde gebiede geld sekere bestrydingsmaatreëls om die siek-
te doeltreffend te beheer en te probeer voorkom.
Inenting van honde en katte in hierdie gebiede is verpligtend en
dié troeteldiere mag slegs onder dekking van ‘n permit, verkrygbaar
by beamptes van die Departement van Landbou, Bosbou en Vis-
serye, aangehou word.
Hondsdolheid is ‘n staatsbeheerde dieresiekte in Suid-Afrika en dit
word gereguleer deur die Wet op Dieresiektes, 1984 (Wet 35 van
1984). Die siekte is ook gelys en aanmeldbaar by die Wêreldorgani-
sasie vir Dieregesondheid (OIE) weens spesifieke nadele.
Wat is die bronne van besmetting?
Oor die algemeen wil dit voorkom asof die enigste gashere waar-
in ‘n werklike draertoestand kan bestaan, dit wil sê ‘n toestand waar
die gasheer die siekte kan oordra sonder om self siektetekens
daarvan te toon, moontlik sekere vlermuise of stinkmuishonde (in
die Amerikas) is. Vlermuisbyte is die mees algemene oorsaak van
hondsdolheidbesmetting by mense in die Amerikas en net 5% van
gevalle word deur honde oorgedra. Knaagdiere word selde met
hondsdolheid besmet.
In die vrye natuur word hondsdolheid hoofsaaklik versprei deur
muishonde, meerkatte, muskeljaatkatte en in ‘n mindere mate deur
wildekatte en jakkalse. Op plase en op plattelandse dorpe of woon-
gebiede, speel honde en veral rondloperhonde ‘n groot rol in die
verspreiding van hondsdolheid.
Herkouers (byvoorbeeld beeste en koedoes) is normaalweg die
eindgashere van hondsdolheid. Omstandigheidsgetuienis en eks-
perimentele ondersoeke gedurende hondsdolheidplae in Namibië
onder koedoes dui egter daarop dat die hondsdolheidvirus van
koedoe tot koedoe moes versprei het. Ná besmetting (meestal
deur bytplekke) met die hondsdolheidvirus beweeg die virus met
die periferale (oppervlakkige) senuwees na die brein. Die siekte kan
eers gediagnoseer word nadat simptome ontstaan het.
OP PLAASVLAK
Diere
Die gevreesde siekte: Hondsdolheid
JAN DU PREEZ,
besturende direkteur: Instituut vir Suiweltegnologie
en
FAFFA MALAN,
veearts
WILDFAKTOR
Vee- en
Reeks