Background Image
Previous Page  85 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 85 / 116 Next Page
Page Background

83

August 2015

Hierdie benadering word al meer in Suid-Afrikaanse koringnavor-

sing gevolg. Weerstand teen die Russiese koringluis is ‘n baie goeie

voorbeeld daarvan.

Russiese koringluis

Daar is tans vier biotipes van hierdie luis wat in die koringproduk-

siegebiede van Suid-Afrika voorkom. Hulle verskil in hulle vermoë

om die Russiese koringluis weerstandskultivars te beskadig, maar

kan nie visueel onderskei word nie.

Die voedingsimptoom wat hulle op ‘n spesifieke stel weerstand-

biedende koringlyne veroorsaak, word gebruik om hulle te klassifi-

seer. Die ontstaan van dié sogenaamde weerstandoorbruggende

biotipes het tot gevolg gehad dat kultivars wat eens weerstand-

biedend teen die Russiese koringluis was, nou nie meer so effektief

werk nie. Nuwe kultivars moet dus geteel word.

‘n Groot verskeidenheid weerstand is

beskikbaar

By die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) word meer as 250 ko-

ringlyne met weerstand teen Russiese koringluis in ‘n kiemplas-

maversameling op Bethlehem bewaar. Die oorgrote meerderheid

van hulle besit weinig goeie eienskappe behalwe die Russiese

koringluis weerstand.

Meeste van hulle is landrasse wat dekades terug deur ywerige

botaniste in verafgeleë gebiede in dié lande waar koring sy oor-

sprong het, versamel is. Hierdie lyne is vanaf 1990 sorgvuldig

bymekaargemaak en vir weerstand teen Suid-Afrikaanse Russiese

koringluis geëvalueer. Die mees geskikte donorlyne word gebruik in

kruisings om die weerstand vanuit die onaangepasde lyne na goeie

Suid-Afrikaanse agtergronde oor te dra.

1: Die aar van ‘n onaangepasde Russiese koringluis weerstandsdonorlyn. Let op

die wollerige voorkoms en die eienaardige baard.

2: Kruisingsakkies word gebruik om bestuiwing tussen spesifieke plante te bewerk

en om die relevante inligting op aan te teken.

3: Indien ons in die toekoms die beskikbaarheid van bekostigbare brood wil

verseker, moet koring as gewas nou bevorder en beskerm word.

1

3

2