Background Image
Previous Page  91 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 116 Next Page
Page Background

89

Die pasiënt se spiere word geleidelik verlam, hy gaan in ’n koma en

dan sterf hy.

‘n Progressiewe brein- en rugmurgontsteking ontwikkel in albei

vorme. Van die eerste tekens van hondsdolheid by die mens is

erge hoofpyn, angs, ligte spierpyne, koors en braking. Daar kan ‘n

verandering in die persoon se stemtoon wees en die persoon sluk

moeilik weens verlamming van die slukspiere. Die keel van die per-

soon is gewoonlik nie seer nie.

Die persoon kan hidrofobie (vrees vir water) ontwikkel. Later onder-

vind die aangetaste persoon oormatige speekselafskeiding, stuip-

trekkings, verlamming, koma en daarna tree die dood in.

Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte en prakties gesproke is daar geen

kans op herstel nadat die persoon siektetekens begin toon het nie.

Wat kan jy doen wanneer ‘n hondsdol dier

jou gebyt het?

Laat die dier vang en plaas dit in ‘n veilige plek van aanhouding.

Wilde diere sal geskiet moet word, maar die brein van die dier is

nodig vir analise en moet dus nie beskadig word nie.

Stel jou staats- of privaat veearts onmiddellik in kennis van die

vermoedelike hondsdolheidsgeval sodat verdere optrede ten

opsigte van diagnose van hondsdolheid by die dier en ander

beheermaatreëls so gou doenlik toegepas kan word.

Beskou elke byt van ‘n dier sonder uitlokking as gevaarlik.

Laat die wond, indien moontlik, vrylik bloei. Dit sal help om die

virus uit die bytplek te spoel.

Was die wond ‘n hele paar keer (vir 15 minute) deeglik met seep

en water en ontsmettingsmiddel.

Meld jou so gou as moontlik by ‘n geneesheer aan vir intensie-

we behandeling. Die persoon wat gebyt is, kry inentings teen

hondsdolheid en ander terapie (toediening van antiserum en

antibiotika) sal ook gegee word. Wonde word gewoonlik nie toe-

gewerk nie.

Persone wat in aanraking was met die dol dier net voor die siek-

tetekens verskyn het of gedurende die fase waarin die dier siek

was, moet hulle ook by ‘n geneesheer aanmeld vir inentings

teen hondsdolheid. Die virus wat hondsdolheid veroorsaak,

kan reeds in die speeksel aanwesig wees voordat die dier waar-

neembare siektetekens toon.

Enkele persone in die wêreld met hondsdolheid wat reeds siek-

tetekens gewys het, het die besmetting oorleef weens intensiewe

behandeling wat bekend staan as die “Milwaukee protokol”.

Tref só voorkoming en beheer

Opvoeding van en inligting aan die publiek aangaande honds-

dolheid is noodsaaklik.

Eienaars van troeteldiere (honde en katte) moet toesien dat

hulle diere gereeld teen hondsdolheid deur ‘n privaat veearts of

soos deur ‘n staatsveearts gereël, ingeënt word. Die eienaars

moet seker maak dat hulle in besit is van ‘n geldige inenting-

sertifikaat vir vervoer- en rekorddoeleindes.

Hondsdolheid by diere is ‘n siekte wat deur die staat beheer

word. Enige vermoede van hondsdolheid onder diere moet by

‘n staatsveearts aangemeld word. Die staat sal kwarantyn, inen-

tingsprogramme en ander beheermaatreëls toepas.

Persone wat weens die aard van hulle werk aan die risiko om

hondsdolheid blootgestel kan word (veeartse en dierehanteer-

ders), moet voorkomend daarvoor ingeënt word.

Raadpleeg jou veearts vir verdere inligting en die beheer van

hondsdolheid in troetel-, wilde- en plaasdiere (beeste).

Vir meer inligting, kontak dr Jan du Preez by 012 843 5600 of

jan.dupreez@mpo.co.za

.

VEE- EN WILDFAKTOR

OP PLAASVLAK

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/005A

Met soveel veranderlikes in boerdery, kan jy van een

ding seker wees: by PANNAR werk ons hard om risiko

uit te skakel. Ons kombineer die beste basters met

praktiese oplossings en innoverende saad- en

plantbeskermingsprogramme vir optimale produksie.

Span ons kundige advies in tot jou voordeel.

Boerdery is in jou

bloed. Om jou sukses te

verseker, is in ons s

n.

Praktiese op-die-plaas-navorsing

bied produksiebestuursriglyne.

Vir presisieplasing van basters.

Omvattende saad- en plant-

beskermingsinisiatiewe.

Swamdoder- en insekdoderspuit-

programme.

TM

PRAKTIESE BOERDERY OPLOSSINGS

TM

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za