Background Image
Previous Page  87 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 116 Next Page
Page Background

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/001A

As boer ervaar jy die druk om die groeiende bevolking

en ons toekomstige geslagte te voed. Almal sien op

na jou… en met so ’n groot verantwoordelikheid is dit

belangrik om seker te wees van elke besluit wat jy

neem. Wees gerus, PANNAR is verbind tot jou sukses.

Almal maak op

n boer staat.

Saam boer ons

vir die toekoms

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

85

Die kultivarouer word sorgvuldig gekies om spesifieke eienskappe

in die nageslag te bekom. ‘n Terugkruisingsprogram word gevolg

waar die weerstandsbron slegs een keer met die aangepasde

lyne gekruis word. Daarna word die nageslag herhaaldelik na die

aangepasde lyn teruggekruis om sodoende die goeie eienskappe

van die ouer te herwin.

Wanneer ‘n nuwe biotipe aangeteken word, word al die kruisings

teen die nuwe biotipe geëvalueer alvorens die versameling weer-

standslyne getoets word. Soms is die kruising weerstandbiedend,

soms nie en dan moet die hele proses van vooraf herhaal word.

Die terugkruisingsproses word elke keer wanneer ‘n nuwe geskikte

weerstandsbron geïdentifiseer word, met ‘n uitgesoekte, herhalen-

de kultivarouer gedoen.

Grafiek 1

wys hoe die kultivarouer se by-

drae met elke terugkruising toeneem.

Jaarlikse vrystelling van voortelerslyne

Die nuutste kiemplasmavrystelling is ‘n stel van tien lyne met

Russiese koringluis weerstand uit ‘n landras met die identiteits-

nommer PI 225227.

Hierdie landras, wat in wese ‘n “produsenteseleksie” is, is van Iran

afkomstig en is reeds op 28 April 1955 in die Amerikaanse kiemplas-

maversameling opgeneem. Dit is vir dekades daar bewaar en in die

laat negentigerjare na Suid-Afrika ingevoer. Dit bevat weerstand

teen drie van die vier Russiese koringluis-biotipes wat hier voor-

kom, naamlik: RWASA1, RWASA2 en RWASA3.

Hierdie lyn is met Kariega as aangepasde Suid-Afrikaanse koring

gekruis en ‘n stel van tien baie belowende teeltlyne is ontwikkel wat

nou tot die beskikking van al die Suid-Afrikaanse koringtelers gestel

is. Hierdie lyne bevat nie net Russiese koringluis weerstand nie,

maar ook weerstand teen stamroes, blaarroes en geelroes.

Die maal- en bakkwaliteit is ook baie beter as dié van die landras.

Opbrengste van die lyne is baie kompeterend en lewer waardes van

8,971 ton/ha tot 16,174 ton/ha onder besproeiingstoestande.

Die unieke kombinasie van Russiese koringluis en roesweerstand,

in kombinasie met goeie kwaliteit en opbrengs, maak hierdie lyne

besonderse goeie weerstandskenkers vir koringteeltprogramme,

omdat daar geen nadelige eienskappe met die gebruik van hierdie

lyne geassosieer is nie. Die ontwikkeling van dié lyne deur een

kundige, voorkom duplikasie in verskillende teeltprogramme. Op

hierdie manier word kundigheid en koste gedeel tot voordeel van die

hele koringbedryf.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Vicki Tolmay by

058 307 3433 of

TolmayV@arc.agric.za .

Hierdie werk is moontlik gemaak met die

finansiële ondersteuning van die Winter-

graantrust en die Landbounavorsingsraad.

Môre se brood…Navorsers

werk nou saam om koring-

kultivars vir die toekoms te

verseker

OP PLAASVLAK