Background Image
Previous Page  47 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

Plant

akkuraat vir wins

O

f jy nou konvensionele of bewaringsbewerking doen,

sukses met planttyd hang af van jou planter se akkuraat-

heid en betroubaarheid. Presiese plantspasiëring en

korrekte plantdiepte kan jou opbrengs – en jou wins

– dramaties verhoog, soos produsente wat met Massey Ferguson-

planters plant lankal reeds weet.

Barloworld Agriculture, wat Massey Ferguson versprei, bied koste-

doeltreffende plantoplossings vir ‘n verskeidenheid toestande en

behoeftes. Al die MF-planters word gekenmerk deur eenvoud, kon-

stante akkuraatheid, ‘n stewige konstruksie en lae onderhoud.

Die Massey Ferguson (MF)-planterreeks bestaan uit:

MF 9100-vasteraamplanters (voorheen die MF 555-reeks) met

positiewe lugdruk, beskikbaar met 3 tot 12 rye en ‘n ryspasiëring

van 0,76 m tot 1,5 m.

MF 9100-, 9700- en 9800-wyespanplanters met positiewe lug-

druk, beskikbaar met 12, 16, 24 en 36 rye en ryspasiërings van

76 cm (of 91 cm by die 12-ry-model wat vertikaal stapel).

MF 100-, MF 500- en MF 700-bewaringsbewerkingsplanters met

vakuumsaaduitmeting, beskikbaar met 2, 4, 6 en 8 rye.

Die nuwe MF 300-fynsaadplanter, met saaduitmeting via ge-

groefde spiraalrollers en beskikbaar met 20 en 26 rye, en met ‘n

rywydte van 17 cm.

‘n Verskeidenheid kouters, tande en skoonmakers verseker

plantproduktiwiteit ongeag jou bewerkingsmetode.

Werk wyd

Konvensionele Massey Ferguson-planters is twee dekades al in die

mark gevestig en die wydwerkplanters bou voort op hul reputasie vir

akkuraatheid en betroubaarheid. Hierdie planters bied die beste van

alle wêrelde – maksimum produktiwiteit in planttyd en tegnologie

wat jou opbrengs en winsgewendheid verhoog.

Mnr Rudolph Schoeman van Christo Schoeman Edms Bpk, wat tus-

sen Middelburg en Hendrina boer, het die afgelope seisoen 1 500 ha

mielies en soja met ‘n 24-ry MF 9824-planter met rywydtes van

76 cm geplant. “Plantspasiëring en ontkieming is baie goed en ek

het ook goeie beheer oor diepteplasing met die MF 9824,” sê hy.

Die planter skarnier op twee plekke, met nege rye wat aan elke kant

vorentoe toevou. Dit word hidroulies beheer en ry-eenhede kan

uit die kajuit aan- of afgeskakel word. Twee 2 500 liter-tenks waar-

mee gif en entstof of vloeibare kunsmis toegedien kan word, ver-

minder staantyd.

“Hierdie planter is ‘n toonbeeld van swaardiens,” sê Schoeman. “Dit

kan baie gewig op die disselboom dra. En leeg of vol, maak dit in

minder as ‘n minuut oop en toe. Ek het teen gemiddeld 110 ha per

dag geplant, sonder probleme.”

Die planters se verskillende seksies kan 15% op en af krink sodat al

die ry-eenhede heeltyd in kontak met die grond is vir ‘n konstante

diepte. Omdat elke seksie sy eie ratkas het, bly saadspasiëring kon-

stant wanneer daar teen kontoere geplant word.

Plant vir bewaring

Mnre Egon Schulenburg en sy seun, André, van Cyferfontein by

Coligny, pas bewaringsbewerking toe om vogverlies, spoelskade en

winderosie te bekamp en produksie te verbeter.

Hulle drie MF 715-planters, waarmee hulle vanjaar 1 500 ha mielies,

sonneblom en soja geplant het, is toegerus met penne wat 150 mm

- 200 mm diep werk om die sanderige leemgrond in die saadvoor

los te maak.

“Bewaringsbewerking begin by die regte planter en die MF 700 is

ontwerp deur iemand wat weet presies wat hy doen,” sê Schulen-

burg sr. “Dit is ‘n swaardiensplanter wat die penne wat ons gebruik

kan hanteer. Die voorsnykouters van 22 duim sny maklik deur oes-

reste. Danksy die ontwerp en lengte van die plantereenheid pak

materiaal ook nie saam nie, wat oponthoude weens blokkasies ver-

der uitskakel.”

Daarby is die saaduitmeetstelsel absoluut akkuraat. “As ons 28 000

pitte per hektaar wil neersit, doen die planter dit, en teen die regte

spasiëring.”

Die voordele van bewaringsbewerking is vanjaar weer bewys toe die

Schulenburgs ‘n mielieopbrengs van tot 3,5 ton/ha behaal het teen-

oor opbrengste van gemiddeld sowat 2 ton in die omgewing.

Vir meer inligting, kontak jou naaste Massey Ferguson-handelaar.

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture

Massey Ferguson-wydwerkplanters is beskikbaar met tot 36 rye en verskillende opvou-opsies.

45

August 2015