Background Image
Previous Page  45 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 116 Next Page
Page Background

Toets ook die spuitstukke om te verseker

dat die regte toediening teen ‘n gegewe

druk gelewer word. Maak seker dat die regte

grootte spuitstukke vir die beplande doel

beskikbaar is en dat die spreipatroon nog na

wense is.

Beplanning is, soos ons vroeër genoem het,

een van die belangrikste komponente van

suksesvolle presisieboerdery. Dit is eintlik

maklik. Hoe meer inligting jy het, hoe beter

besluite kan jy neem en hoe akkurater kan

daar beplan word. By Senwes Presisie-

boerdery glo ons byvoorbeeld dat boer-

dery oor ‘n paar jaar baie anders daar sal

uitsien en dat beplanning van kardinale

belang is. Presisieboerdery stel dan ook

JDLink as ‘n opsie beskikbaar en John

Deere-trekkers wat ingeskakel is, sal so-

doende data kan stoor.

Die maatskappy beplan voorts om in die

toekoms meer en meer van tegnologie ge-

bruik te maak om dit vir die saaiprodusent

nog makliker te maak om te beplan en om

jou besigheid makliker te kan bestuur.

Verhouding met verskaffer

As daar enige probleme in werkstyd is, sal

die tegniese personeel altyd baie besig

wees. So kontak hulle voor die tyd om jou

by te staan om die toerusting in stand te

hou, te toets en reg te maak. Sorg ook dat

jy so ‘n persoon se telefoonnommer het en

dat hy jou ken. Só sal jy baie grys hare spaar.

Vir meer inligting, kontak vir Etienne Nel by

018 464 7526 of 083 298 1553.

2: Maak seker dat al die A-B-lyne van al die

lande wat gewerk gaan word op die skerms

is en dat die instellings reg is volgens die

werkswydte van die implemente.

3: Skerp jouself op in die gebruik van die

tegnologie. Kalibreer die toerusting en

vergelyk dit met die toedieningsvereistes.

4: As alles reg loop, is dit ‘n plesier om te

gebruik. Maak net seker dat die inligting

gereeld en tydig oorgedra en gestoor word.

4