Laat presisieboerderytegnologie
vir jou werk en jou nie grys hare gee nie
V
andag vorm tegnologie ‘n integrale
deel van landbou, maar in besonder
ook vir saaiboerdery. Presisie-
boerderytoerusting kan vinnig divi-
dende uitbetaal, maar kan ook lei tot groot
frustrasie indien dit nie reg geïmplemen-
teer en in stand gehou word nie. Die vraag
word dan dikwels gevra: Wat moet ek doen
om tegnologie suksesvol in my boerdery in
te bring?
Beplanning maak dit
makliker
Beplanning is die eerste en heel belangrik-
ste beginpunt. Onthou net dat hierdie ‘n
proses is wat deurgevoer moet word. Daar
moet tydig die nodige instandhouding ge-
doen word en die werking van die toerus-
ting moet vroegtydig getoets word. Alles
begin by kennis. Kennis van hoe die produk
en toerusting werk, wat waar en wanneer
gediens moet word en hoe dit gedoen
moet word. Dit sal raadsaam wees om jou
eie asook die ander gebruikers van die teg-
nologie se kennis oor die werking van die
produkte opnuut te verfris.
Gaan weer vir ‘n kort kursus om die nuutste
weergawe van die tegnologie onder die knie
te kry. Om te kan beplan vir die komende
seisoen, moet ‘n mens oor genoeg inligting
en data beskik. Begin hier deur die vorige
seisoen se opbrengsdata af te laai, dit dan
te verwerk of te laat verwerk, sodat die in-
ligting vir die komende seisoen se beplan-
ning gebruik kan word.
Die proses
Die eerste proses is om al die data van die
skerms af te laai indien jy dit nog wil ge-
bruik. Dan moet die skerms skoongemaak
word van al die ou data. Die sagteware op
jou toerusting moet redelik nuut wees en
dit is juis nou die regte tyd om die toerus-
ting se sagteware op te gradeer. Kontak jou
verskaffer reeds nou om jou te help met
hierdie taak.
Let dan hierop
Die frekwensies van die GPS, soos die Star-
fire, kon wel verander het. Maak seker dat
die frekwensie korrek op die heelwerktuig
ingelees is. Kalibreer dan die
terrain com-
pensating module
(TCM) voordat jy die
implement haak om primêre bewerking
ETIENNE NEL,
Senwes Presisieboerdery
FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale