Background Image
Previous Page  44 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 116 Next Page
Page Background

Kontroleer ook dat die implement ‘n veilig-

heidsmeganisme het om die harnas te be-

skerm as die implement vir een of ander

rede self afhaak.

Maak seker dat die werkende dele reg werk

en dat daar nie slytasie is wat die werking

beïnvloed nie. Weet ook wat is die noodsaak-

like komponente wat dalk kan breek en sorg

dat daar op die plaas noodonderdele is of

dat noodonderdele wel beskikbaar is.

Veranderlike toediening

Die sukses van veranderlike toediening

hang grootliks van beplanning af. Veran-

derlike toediening het basies twee kom-

ponente: Eerstens die voorskrifkaart en

tweedens die toerusting self. Hier moet die

kaarte vroegtydig in plek wees sodat jy die

regte produkte en die regte hoeveelheid van

‘n produk kan bestel.

Gaan die toerusting na en kalibreer dit. Ná

kalibrasie en as die inligting van die toe-

dieningspyle beskikbaar is, kan gekyk word

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Laat presisieboerderytegnologie

vir jou werk

of die strooier, kunsmistoediener of planter

by die nodige pyle kan uitkom.

Indien die nodige toedieningspyle nie ge-

haal word nie, kan die hekopening by die

kalkstrooier aangepas word en by die kuns-

mistoedieners en planters kan die ratver-

houding verander word om sodoende by

die verskillende pyle uit te kom.

As alles nagegaan is, laat die implement ‘n

stukkie werk en kyk of alle inligting reg ge-

kommunikeer word. Dit is baie goedkoper

om ‘n klein bietjie mieliesaad en ‘n bietjie

kunsmis op te offer as om in planttyd of

werkstyd agter te kom die toerusting werk

nie reg nie.

Spuittegnologie

Spuittegnologie het ‘n al hoe belangriker

rol begin speel – veral met die koms van

selfaangedrewe spuite en geen- of mini-

mumbewerking. Die presisieboerderykom-

ponente moet ook skoongemaak word

sodat nuwe sagteware gelaai kan word.

2

3