Background Image
Previous Page  52 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

ANNEMARIE BREMMER,

Pro Agri

Kubota

maak appelboerdery maklik

R

egoor die wêreld maak Kubota sake

makliker vir produsente sodat hulle

meer doeltreffend, makliker en

winsgewender kan werk. Die Wes-

Kaapse appelplaasbestuurder, mnr Neil Reid

van Elgin Orchards, is een van die produsen-

te wat op Kubota-oplossings reken.

“Ons gebruik die voorgemonteerde opsie

grootskaals om ons appelkratte te vervoer,”

sê Reid, “en Kubota het ‘n tasbare verskil

aan my bedrywighede gemaak ten opsigte

van doeltreffendheid en wesenlike be-

sparing. Hierdie trekkers is hoofsaaklik

aangekoop vir hulle nat koppelaars en

vorentoe-truskakelingstegnologie, want an-

der soorte trekkers het nie hierdie unieke

tegnologie nie, wat onnodige staantyd

tydens die oesseisoen meebring.”

Kubota se tegniese spesialis, mnr Mike

Heath, verduidelik hoekom Kubota – en

meer spesifiek die M7040N en M8540N

– so uitnemend geskik is vir voormonte-

ringstoepassings. “Dit is basies toe te skryf

aan die uniekheid van Kubota se vooras-

en kragoordragstelsel,” sê hy. Die unieke

Kubota-kenmerke in hierdie twee opsigte

sluit in:

Vooras

Keëldryfrataandrywing – geen kruis-

skakels.

Verseëlde oliesmering vir alle ratte.

Baie sterk gietysterhulse.

Gebuste skarnierpunte met maklike ver-

stellings.

Tweespoedstelsel vir knap draaiwerk,

selfs in vierwieltrek.

Veelplaat-natskyfaandryfkoppeling.

Voorasmonteerraam aan die unieke

Kubota-silinderblokgietstuk geheg.

Baie robuuste en goed-ontwerpte voor-

stegewigrak vir montering van die ver-

voerhaak.

Drie voorbandspesifikasies om van

te kies.

Presisie en vinnige maneuvrering word

moontlik gemaak deur die heen-en-

weer-stelsel met nat veelplaatkoppe-

laars, wat ook ‘n veel langer lewe as ge-

wone, droë koppelaarplate het.

Kragoordrag

Kubota se unieke nat veelplaatkoppelaar

bied:

Vorentoe- en truskakelingskoppeling

sonder om die koppelaarpedaal te trap.

Die aandryfstelsel werk met afsonder-

like nat veelplaatkoppelaarstelsels vir

vorentoe- en trubeweging, wat beter

werksverrigting en ‘n langer koppe-

laarlewe meebring as met die konven-

sionele droë koppelaars.

Sentrale rathefboom kies alle ratte met

sinchro-skakelingstelsels.

Agt versnellings – identies vir vorentoe

of tru.

‘n Aparte, nat veelplaatkoppelaarstel-

sel koppel en ontkoppel vierwieltrek in

die ry.

Kubota word in Suid-Afrika versprei deur

Smith Power Equipment.