TIM STUENKEL,
TeeJet Technologies
FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
Produk-inligting
TeeJet-spuitkoppe vir
suksesvolle bespuiting
T
eeJet
®
Technologies bied ‘n om-
vattende reeks landbouspuitkoppe
vir alle plaagdodertoedieningsbe-
hoeftes. Die verskaffing van effek-
tiewe dek ing en b heer en die verminde-
ring van spuitstofwegdrywing, is ‘n kritieke
faktor in suksesvolle plaagdodertoediening.
Sistemiese onkruiddoders, soos Roundup
®
,
kan effektief gebruik word in onkruidbe-
heer, selfs met groot druppels, maar sorg
moet geneem word om die wegdrywing
van spuitnewel te verminder. Spuitkoppe
soos die TeeJet AIXR gebruik luginduksie-
tegnologie om groter druppels te produseer
vir verbeterde spuitnewelbeheer teenoor
konvensionele spuitkoppe – wat dit ideaal
maak vir hierdie gebruik.
Die AIXR maak gebruik van ‘n eenvoudige,
kompakte, twee-stuk ontwerp wat mak-
lik skoonmaak en vervaardig word uit
UHMWPE-polimeermateriaal – wat ‘n langer
gebruikslewe het.
Vir kontak-onkruiddoders, swamdoders
en insekdoders, moet die Turbo TeeJet of
Turbo TwinJet
®
-platspuitkop gebruik word,
wat fyner druppels produseer en wye enkel-
of twee spuitpatrone vir beter bedekking en
blaardakpenetrasie gee. Dit maak dit ideaal
vir hierdie soort kontakgebruike.
Vir inligting oor die regte keuse in spuit-
koppe, probeer die TeeJet SpraySelect-
selfoonprogram wat gratis beskikbaar is op
jou Android of iPhone slimfoon.
Besoek gerus ons webtuiste om meer te
wete te kom oor TeeJet-spuitkoppe en ons
volledige reeks bespuiting- en presisieboer-
deryprodukte.
1: Die AIXR.
2: Die Turbo TwinJet.
3: Die Turbo TeeJet.
1
3
2