Background Image
Previous Page  43 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 116 Next Page
Page Background

te doen. Laai hierna al die A-B-lyne van al die

lande wat gewerk gaan word op die skerms.

Toets ook al die heelwerktuie om te sien of

die lasry en werkswydte reg is alvorens die

primêre bewerking in alle erns begin.

Behalwe vir die sagteware, is die kontro-

lering van die hardeware net so belangrik.

Begin deur die trekker se hidrouliese stel-

sel ordentlik te diens. Kyk veral na die olie-

filters en dan die hidrouliese oliepomp se

lewering. As daar filters by die hidrouliese

motors is, maak seker dat dit skoon is en

vervang verkieslik die filter.

Gaan vervolgens die installasie van die stel-

sel op die trekker en implemente na. Maak

seker dat alles in is wat moet in wees. Kon-

troleer en inspekteer die werking van die

harnas en die koppelpunte van die harnas.

Maak seker dat die koppelpunte nie korrosie

of vuiligheid op het nie.

Kyk veral vir skade deur rotte en kunsmis

wat op die drade geval het en of die drade

nie dalk op een of ander manier beskadig is

nie. Voete wat op die drade trap, veroorsaak

baie skade.

1: Dit is enige produsent se nagmerrie dat die planter nie reg werk nie. Dié foto illustreer duidelik

hoeveel van die oppervlakte nie geplant is nie.

1