Background Image
Previous Page  48 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

Versatile-trekkers beïndruk

produsente landswyd

JAKES JACOBS,

JWL Landbou Voorsieners

D

ie Versatile 570-trekker (399 kW)

wat sy buiging by Graan SA se

NAMPO Oesdag vanjaar gemaak

het, het die afgelope tyd produsen-

te in die land aan die praat ná verskeie

demonstrasies met die trekker gehou is.

Demonstrasies is gehou in die Noord-Kaap

by Prieska, Douglas en Modderrivier asook

by Lichtenburg in die Noordwes Provinsie

en by Val in Mpumalanga.

Dit is veral die brute krag van die Cummins-

enjin wat op lae enjinrevolusies reeds krag

lewer, die gladde wisseling van die CAT-

kragskuiftransmissie en die feit dat die trek-

ker maklik versienbaar is, wat produsente

laat regop sit.

Verder het die trekker geen tierlantyntjies

nie, ten spyte daarvan dat hy wel toe-

gerus is met ‘n ruim kajuit (die grootste

in die industrie), ‘n transmissiebeheer-

funksie wat outomaties ratte kan wissel,

‘n

headland management-sisteem

wat

funksies by die operateur kan oorneem,

‘n instrumentpaneel met al die nodige in-

ligting, soos wielglip, en hy is reeds toe-

gerus om GPS-stuurstelsels te kan hanteer.

Die trekker het verskeie werktuie, waar-

onder kombinasiewerktuie asook ‘n beitel-

ploeg van 12 m wyd, met gemak hanteer.

Die Versatile 570 word gerugsteun deur

die vervaardiger in Kanada en ‘n besen-

ding onderdele is reeds onderweg na

Suid-Afrika. Vyf handelaars in die land

gaan hierdie trekkers versprei en is ook ge-

rat om hulle te kan versien.

Die Versatile 570 (399 kW) wat by NAMPO

2015 bekend gestel is.