Background Image
Previous Page  49 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

AgriVaria-produkte

verhoog

effektiwiteit en spaar jou geld

PIETMAN BOTHA,

namens AgriVaria

A

griVaria is ‘n besigheid wat glo

daar is waarde in die landbousek-

tor om te ontsluit. Hul fokus daarop

om die effektiwiteit en doeltref-

fendheid in die produksieproses van grane

en oliesade te verhoog en produsente

sodoende geld te spaar. Dié vervaardiger

voorsien hoofsaaklik selfvervaardigde kuns-

miswaens, ‘n verskeidenheid planters en

spuite, spuitonderdele, spuitpunte en ‘n ver-

skeidenheid van veral Ausplow-onderdele

aan graan- en oliesadeprodusente.

Die belangrikste produklyne van AgriVaria

sluit die volgende in:

Selfvervaardigde vier- of tweewiel

AgriVaria-kunsmiswaens met verskil-

lende volumes en dravermoëns.

Selfvervaardigde meganiseringsalterna-

tiewe vir die hantering van losmaat-

kunsmis wat ‘n awegaar of bakkieshyser

of ‘n kombinasie met ‘n kraan kan insluit.

Ausplow-produkte en -onderdele uit

Australië.

Super Walter direkte plant (

no till

) plan-

ters ingevoer uit Argentinië.

Caffini-gewasspuite uit Italië.

Lechler-spuitpunte uit Duitsland.

Gewasspuitvervangingsonderdele van-

uit Italië.

Die doel met die selfvervaardigde AgriVaria-

kunsmiswaens is om die effektiwiteit van

die bestaande planters te verhoog. Meer

hektare kan per planter per dag geplant

word deur losmaatkunsmis vinnig in die

planters te gooi. Dit kan gedoen word deur

óf ‘n awegaar óf bakkieshyser te gebruik.

Hierdie selfvervaardigde kunsmiswaens

kan ook gebruik word om graan en saad

te vervoer of gebruik word as ‘n tydelike

graanstoorfasiliteit. AgriVaria vervaardig

en monteer ook ‘n hidrouliese optelarm of

kraan op die kunsmiswa waarmee die groot-

maat kunsmissakke hanteer kan word. Die

Lechler-spuitpunte en -spuitonderdele is

van hoogstaande gehalte en word wêreld-

wyd gebruik. Selfs hierdie onderdele en

spuitpunte is ontwerp om die onkruidspuit

se effektiwiteit en doeltreffendheid te ver-

hoog. Op dié manier word die doeltreffend-

heid van chemiese middels ook verhoog.

Die Caffini-spuite en Super Walter-planters

is bekend vir hul effektiwiteit en doeltref-

fendheid in die uitvoer van hul take.

Die awegaar-kraan-kombinasie waarmee

een ton kunsmissakke gemaklik hanteer kan

word en waarmee ‘n planter maklik gevul

kan word.