Background Image
Previous Page  50 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

Die opwindendste handelsmerk

in landboumeganisasie?

D

ie hoëtegnologiemark in landboumeganisasie is ‘n taai

omgewing, met uitstekende handelsmerke wat mekaar die

stryd aansê. Min van hierdie handelsmerke is egter só op-

windend soos Challenger, waarvan die eenheidsverkope in

Suid-Afrika in minder as twee jaar meer as verdubbel het.

Wat maak Challenger so ‘n uitsonderlike handelsmerk? Wat het die

gesamentlike verkope van die rusperband- en geartikuleerde trek-

kers, stropers en selfaangedrewe spuite so skerp laat groei?

Die antwoord lê by ‘n kombinasie van uithalerprodukte, ‘n uithaler-

span mense daaragter en ‘n strategie wat gedryf word deur die be-

hoeftes van die eindgebruiker.

Sedert Barloworld Agriculture in Oktober 2014 ‘n eie Challenger-

afdeling staangemaak het, gaan dié handelsmerk van krag tot krag.

Gesamentlike verkope het in die eerste twaalf maande met 103%

gestyg en die afgelope nege maande steeds toegeneem – in teen-

stelling met die daling in verkope in die mark as geheel weens

droogte en ander faktore.

Mnr Willie Stander, hoofbestuurder van Challenger by Barloworld

Agriculture, sê Challenger se rusperbandtrekkers van 280 kW tot

383 kW is ná tien jaar sinoniem met ongeëwenaarde, winsgewende

werkverrigting en is ook bekend as ‘n produk wat met markleierteg-

nologie help om oesopbrengste te verbeter. Sedert die eerste rus-

perbandreuse in die Wes-Vrystaat verkoop is, is hulle nou landswyd

in aanvraag.

“Dieselfde vlak van tegnologie is teenwoordig in ons ander Challen-

ger-produkte en ons sien dit as ons taak om die voordele vir pro-

dusente landswyd te ontsluit.”

Die Challenger-span by Barloworld Agriculture doen deurentyd

toetse saam met AGCO, die vervaardiger van Challenger, en werk

saam met eindgebruikers om te verseker dat die produkte aan hul

behoeftes voldoen.

Só het Barloworld Agriculture byvoorbeeld die afgelope 18 maande

’n reuse-strooptoetsprogram in samewerking met Challenger-

ingenieurs uit Amerika onderneem om seker te maak Challenger-

rotorstropers voldoen aan hul potensiaal en word optimaal ingestel

vir plaaslike behoeftes.

“Gewasse – van mielies, sonneblom en soja tot koring – is landswyd

gestroop en daar is deurentyd gesien dat brandstofverbruik ver-

laag, stroopspoed verhoog en ‘n uitsonderlike graanmonster ge-

lewer word. Dié toetsprogram is vanjaar in oestyd voortgesit en toet-

se word ook deurentyd met ons ander Challenger-produkte gedoen.

“Terselfdertyd belê ons in opleiding, van sowel ons eie personeel as

ons handelaars, om te verseker dat ons produk tot sy reg kom, en om

ons strewe na uitnemende naverkope-steun na te kom.”

Geen produk kan optimaal benut word indien dit nie absoluut reg in-

gestel is vir ‘n spesifieke toepassing en toestande nie. Teoretiese en

veldopleiding van Barloworld Agriculture-personeel en Challenger-

handelaars word gedoen om te sorg dat eienaars die nodige kundig-

heid en ondersteuning tot hul beskikking het om sukses te verseker.

Die hooffaktor in hierdie groei is waarskynlik die Challenger-span by

Barloworld Agriculture. Dié dinamiese span is jonk, maar ervare (’n

skaars kombinasie in landbou) en hul werksetiek en ongelooflike pas-

sie vir hul produk is deurslaggewend tot die maatskappy se sukses.

“Hulle loop die ekstra myl om handelaars te ondersteun en raak

persoonlik betrokke by eindgebruikers om te verseker die produk

voldoen aan behoeftes, en dat probleme wat dalk ontstaan, vinnig

opgelos word,” sê Stander.

Sowel Stander as mnr Gary Halvorsen, nasionale verkoopsbe-

stuurder vir Challenger, was al finaliste vir Barloworld Beperk se

prestigeryke CEO-toekenning. Dié toekenning word gemaak aan dié

Barloworld-werknemer wêreldwyd wat die meeste waarde toevoeg

vir belanghebbendes – klante, verskaffers, personeel en aandeel-

houers. ‘n Goeie aanduiding van wat potensiële Challenger-kopers

kan verwag!

“Die bied van tegnologie-gedrewe oplossings, gerugsteun deur die

nodige kundigheid, is sentraal tot die maatskappy se groeistrategie,”

sê Stander. “Met sowel ons produkte as die regte ondersteuning,

streef ons daarna om by te dra tot die sukses van produsente se

boerdery-ondernemings.”

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture

1: Willie Stander en Gary Halvorsen – Challenger-hoofbestuurder en

-verkoopsbestuurder onderskeidelik by Barloworld Agriculture.

2: Challenger se nuwe MT 700E-rusperbandtrekkers (280 kW en 298 kW)

versit weer eens die doelpale vir werkverrigting en brandstofverbruik.

1

2

Augustus 2015

48