Background Image
Previous Page  41 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

Argo se Landini Landforce

‘n veelvoud in ontwerp en werkverrigting

D

ie Landini Landforce ontwerp is nuut met skerp lyne en ‘n

robuuste voorkoms, maar tog met dieselfde tradisionele

gevoel wat sinoniem is met die Landini-familie.

Landini se Landforce is eerstens in ‘n platformkonfigurasie beskik-

baar en pas gerieflik tussen die bestaande platformmodelle in; in ‘n

segment waar Argo tot dusver nog net ‘n kajuitmodel kon bied. Dit

behoort aan die verbruiker ‘n goedkoper keuse te bied in die spesi-

fieke 80 kW - 90 kW-klas. Die nuwe Landforce-modelle is as ‘n opsie

nou ook in kajuitformaat beskikbaar.

Die Landini Landforce is ontwerp vir taai, robuuste toestande en

bied ‘n wye keuse van multi-aanwendingsgebruike.

Daar is twee modelle in die Landini Landforce-reeks: Die Land-

force 115 (82 kW) en die Landforce 125 (88 kW) teen ‘n aangeslane

2 200 rpm.

Die Landforce-reeks is toegerus met ‘n betroubare ß-Power vier-

silinder TIER 3-enjin, met ‘n direkte brandstofinspuiting. Wringkrag

teen 1 250 rpm lewer kragtige uitsette van 510 Nm vir die Land-

force 115 en 515 Nm vir die Landforce 125. ‘n Turboaanjaer met tus-

senverkoeling verseker optimum kraglewering regoor die enjin se

werkspoedlading.

Die enjins is gekoppel aan ‘n sterk, betroubare meganiese ratkas vir

uitstekende werkverrigting, algemene doeltreffendheid en praktiese

spoedkeuses. Albei modelle beskik oor twaalf vorentoe- en twaalf

truratte met ‘n kruiprat en spoelkas (

shuttle

) asook 4WD-traksie. Dit

is ‘n kruiprat van 16 vorentoe- en 16 truratte. Ratkaswerking word

ondersteun deur swaardiens, episikliese ratwerk en ‘n askapasiteit

van 5 000 kg.

Die ondergedompelde tipe, multiskyf kragaftakker-koppelaar is elek-

trohidroulies aangedryf en verseker gladde implementinwerkingstel-

ling. ‘n Spoed van 540/1 000 rpm word deur die kragaftakker verskaf.

Die dryflyn-effektiwiteit en ratuitleg verseker minimale kragverlies

vanaf die enjin na die kragaftakker.

‘n Oopvloei hidrouliese sisteem met dubbelaksiepomp is geïnstal-

leer as ‘n basiese konfigurasie met twee afstandbeheerkleppe.

Die hidrouliese stelsel bestaan uit ‘n dubbelaksiepomp wat ‘n vloei

van 29 liter/min na die stuurstelsel en 66 liters/min na die oopsisteem

hidrouliese stelsel verseker.

Daar is ook ‘n geslote hidrouliese stelsel beskikbaar in die-

selfde modelle, met ‘n drukvloeibeheer-kompenseerderpomp van

90 liter/min.

‘n Meganiese hyser verskaf ‘n 4 500 kg hyskapasiteit met standaard-

posisie, diepgang en trekbeheer.

Die Landini Landforce is uiters beweegbaar met goeie gewigsdis-

tribusie gedurende implementaanwending. Operateursgemak is

van ‘n hoë gehalte met ‘n gerieflike platform en die sitplek- en stuur-

wielkombinasie pas goed in by die ergonomiese uitleg van die kon-

troles. ‘n Sondakkie met ROPS en straallaagbande maak die Landini

Landforce oor die algemeen ‘n baie aanwendbare trekkerreeks.

MONTY SWART,

namens Argo Industrial

1: Die Landini Landforce 125 met ‘n 88 kW Betapower-enjin.

2: Die Landini Landpower-reeks is beskikbaar met ‘n oop of geslote

hidrouliese stelsel.

2

1

39

August 2015