FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
FELIX REINDERS,
oudpresident: Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-Ingenieurswese
Suid-Afrikaanse Instituut
van Landbou-Ingenieurswese
vier goue jubileum
D
ie Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-Ingenieurswese
(SAILI) wat op 11 Februarie 1964 beslag gekry het, vervul
‘n onmisbare rol in die landbousektor, want feitlik geen
landbou-aktiwiteite kan onderneem word sonder een of
ander vorm van toerusting, stelsel of fasiliteit wat deur landbou-
ingenieurswesetegnologie ondersteun word nie.
Só het SAILI ‘n lang geskiedenis van bydraes tot die ontwikkeling
van landbou in Suid-Afrika en verlede jaar is hul 50ste bestaansjaar
van uitnemendheid gevier.
Die stigtingsvergadering van SAILI is gereël op inisiatief van ‘n
groepie manne wat kennelik bewus was van ‘n behoefte om land-
bou-ingenieurs in Suid-Afrika in ‘n verteenwoordigende liggaam
saam te snoer en om ‘n spreekbuis vir hulle te wees om hulle teg-
niese en professionele belange te bevorder en ‘n bydrae te lewer tot
die uitbouing van landbou in Suid-Afrika.
Hierdie manne kan vandag gesien word as SAILI se voortrekkers.
Deur hulle aanvoeling, versiendheid en optrede is die fondamente
van die instituut gelê. Dat die fondamente goed gelê is, spreek uit
die feit dat SAILI in 2014, 50 jaar ná die eerste raadsvergadering van
SAILI op 11 Februarie 1964, steeds daar was om die professie te dien.
Die doelstellings van die Instituut is soos volg:
Die bevordering en ontwikkeling van die wetenskap en tegniek
van landbou-ingenieurswese.
Die bevordering van die landbou-ingenieursberoep.
Die bevordering en aanmoediging van navorsing en opleiding in
landbou-ingenieurswese.
Die verspreiding van kennis, inligting en idees op landbou-
ingenieursgebied by wyse van byeenkomste en publikasies.
Die skepping van onderlinge ontmoetingsgeleenthede vir land-
bou-ingenieurs en verwante tegnoloë in Suid-Afrika.
Die daarstelling van ‘n liggaam wat met gesag oor landbou-
ingenieursaangeleenthede in Suid-Afrika kan spreek en wat ook
standaarde en kodes vir die vakgebied kan neerlê of aanbeveel.
Die beskerming van die belange van lede van die landbou-inge-
nieursberoep en onderlinge hulpverlening op tegniese en ander
terreine.
Oorspronklik het die Departemente van Landbou-Ingenieurswese
aan Suid-Afrikaanse universiteite, naamlik dié van die Universiteit
van Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit
van KwaZulu-Natal, verseker dat deurlopende opleiding van stu-
dente in landbou-ingenieurswese plaasvind, maar tans is dit nog
net die Universiteit van KwaZulu-Natal wat landbou-ingenieurswese
binne ‘n geakkrediteerde program van die Suid-Afrikaanse Raad vir
Ingenieurswese aanbied.
‘n Klein groepie landbou-ingenieurs wat sedert die dertigerjare
van die vorige eeu aan die universiteite afgestudeer het, was yl
en wydverspreid oor die hele Suid-Afrika. ‘n Mens sou kon sê: “In
die begin was die wêreld van die landbou-ingenieur woes en leeg”
– hulle was onbekend en onbemind.
Baie min mense het begryp en aanvaar dat die broodnodige inge-
nieursaspekte van die landboubedryf kritiek belangrik is in die land-
bou met sy omvattende natuurlike hulpbronne, soos grond, water,
klimaat, omgewing, plante, diere, energie, arbeid en finansies. Toe-
nemend is hierdie areas in die landboubedryf paslik met entoe-
siasme en oorgawe aangevul deur landbou-ingenieurs.
Só is daar duidelike voorbeelde van die groot bydraes wat landbou-
ingenieurslede van SAILI en hulle organisasies in die Suid-Afrikaanse
landboubedryf gelewer het en steeds lewer.
Landboumeganisasie het in die destydse Unie van Suid-Afrika, ná
die Tweede Wêreldoorlog, geweldig uitgebrei en die mark was voor-
sien van ‘n groot verskeidenheid fabrikate en modelle van trekkers
en ander werktuie wat vele diens- en herstelwerkprobleme opge-
lewer het.
‘n Behoefte is deur verskeie organisasies uitgespreek dat ‘n
organisasie tot stand moes kom om onpartydige en wetenskap-
lik gefundeerde gegewens oor trekkers se werkverrigting onder
Suid-Afrikaanse toestande beskikbaar te stel.
Vanuit hierdie klein begin het uiteindelik ‘n instansie ontstaan in
1961 wat ‘n kardinale rol in landboumeganisasie, besproeiing en
hulpbronbewaring vervul. Die Afdeling Landboumeganisasie en
Ingenieurswese, soos dit destyds bekend gestaan het, het ‘n belang-
rike mylpaal in die geskiedenis van landbou-ingenieurswese inge-
lui, want dit het die omstandighede geskep vir die konsolidasie van
landbou-ingenieurswese in die Departement van Landbou Tegniese
Dienste.
Vandag vervul die Instituut vir Landbou-Ingenieurswese van die
Landbounavorsingsraad steeds daardie rol en is verantwoordelik vir
navorsing in al die velde van landbou-ingenieurswese, naamlik be-
sproeiing, meganisasie, grondbewaring, prosessering, plaasstruk-
ture en -fasiliteite, energie asook landelike ingenieurswese.
Verder is die maatskappy Murray, Biesenbach en Badenhorst (MBB)
in 1973 gestig as Suid-Afrika se eerste landbou-ingenieurswese kon-
sultantegroep wat vandag een van die grootste spesialismaatskap-
pye op die Afrika-kontinent is, wat ook dienste lewer op die siviele,
industriële, meganiese en strukturele ingenieurswesegebiede.
Hulle het ervaring in elke aspek van landbou-ingenieurswese, soos
die ontwikkeling van infrastruktuur; damme en besproeiing, groot-
maatwatervoorsiening, waterwetsake, agroprosessering en stoor-
fasiliteite, om maar net ‘n paar te noem.
Daar is ook landbou-ingenieurs betrokke by kommersiële boerdery,
soos Wildeklawer, ZZ2 en Schoeman boerdery, Dalein plaasbou,
Augustus 2015
36