FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
Produk-inligting
Die nuwe grootte
Peake-spuit
R
eeds vir die afgelope 15 jaar be-
mark Peake Equipment intensief
hulle reeks tegnologies gevorderde
hoogloop, selfaangedrewe gewas-
spuite met hul kompeterende 2,2 m grond-
vryhoogte en spuitbalk vooraan die kajuit.
Die slagspreuk: “Built to last” vir Suid-Afri-
kaanse toestande, het die afgelope 15 jaar
nie net in die plaaslike, maar ook in die
buitelandse mark vir Peake Equipment groot
aftrek en bekendheid tot gevolg gehad.
Die nuutste toevoeging tot hul produkreeks
– die Peake STS 5000 – wat onlangs by
Graan SA se NAMPO Oesdag bekend ge-
stel is, sal voortaan die vlagskipmodel in hul
produkreeks wees en beskik oor al die ken-
merke en vereistes waaraan ‘n topproduk in
‘n baie kompeterende mark moet voldoen.
Hierdie spuit word aangedryf deur ‘n
215 kW Cummins-enjin en kan ‘n topspoed
van 36 km in vierwielaandrywing bereik. Vir
‘n langer spuittyd, is dit met ‘n 5 000 liter
spuittenk toegerus.
Soos wat die geval is met al Peake Equip-
ment se ander produkte, soos die Peake
DTS Mk3a en die Peake STS 3000 gewas-
spreier en saadmielie-ontpluimer, word
die STS 5000 vervaardig volgens die
kliënt se individuele behoeftes, maar met
al die kenmerke van Peake Equipment se
topprodukte.
MARIANNE PEAKE,
Peake Equipment
1 en 2: Die Peake STS 5000 – 30 m.
3: Die Peake STS 5000-kajuit van naderby.
1
2
3
Peake Equipment
“InFront and Over the Top”
Equipping You For The Future
Die Nuwe
“peak”
produk in die
produktereeks; die STS 5000 vir gewasbespuiting.
Masjiene word met trots te Beestekraal,
Noord-Wes Provinsie, Suid-Afrika vervaardig.
PEAKE STS 5000
• Aangedryf deur die alombekende 6.7l Cummins QSB, 6-silinder 215kW enjin
vir puik wringkrag en hoë werkverrigting.
• Hidrostaties vierwielaandrywing met addisionele ewenaar sper en het ‘n top
spoed van 36km/uur.
• Enjin aangedrewe kompressor en outomatiese vrag sensors vir 210 mm onaf-
hanklike “Air-Ride” vierwiel lugvering.
• 30m of 36m voorgemonteerde spuitbalk.
• Enkel 304 vlekvryestaal spuittenks met ‘n kapasiteit van 5 000 liters.
• 2.2m onderraam grondvryhoogte.
• Lug gesuiwerde en verkoelde, gerieƀike twee sitplek kajuit.
• TeeJet gerekenariseerde spuitbeheer.
• GPS, seksiebeheer en auto-stuur is standaard.
:RRGVSHF (QJLQHHULQJ
Donald: 083 701 0810 of Cliff: 083 702 0050
donald@peakeequipment.co.zaof
peak@mweb.co.za www.peakeequipment.co.za