Background Image
Previous Page  33 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 116 Next Page
Page Background

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

31

August 2015

Massey maak die verskil

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture

M

assey Ferguson se MF 8690 van 250 kW is in 2009 deur

Nebraska OECD, een van die wêreld se voorste trekker-

toetssentrums, geloof vir sy brandstofdoeltreffendheid.

Vandag, ses jaar later, getuig produsente steeds hoe

hulle voordeel trek met Massey Ferguson se dieselsuinige hoëteg-

nologietrekkers.

“Nebraska OECD se meting van brandstof in gm/kW/h is gebaseer op

’n kragaftakkertoets in laboratoriumtoestande en verwys na die enjin

se vermoë om brandstof in energie te omskep,” sê mnr Piet Vorster,

produkbestuurder vir Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers by

Barloworld Agriculture.

‘n Nebraska-verslag wys kurwes wat kW-uitsetting op verskillende

enjinomwentelings uitstippel asook wringkrag en brandstofdoeltref-

fendheid onder verskillende dinamometerladings.

“‘n Trekker se doeltreffendheid hang nie alleen af van die enjin se ver-

moë nie. Die enjin, transmissie en hyser moet as ‘n kragtige eenheid

kan saamwerk om optimale benutting te bewerkstellig. Dat Massey

Ferguson skitterend hierin slaag, is plaaslik deur en deur bewys, ook

met vergelykende toetse in die veld,” sê Vorster.

Spanwerk

“Die rede hiervoor is die ongeëwenaarde spanwerk tussen die

MF 8690 se 8,4 liter AGCO Power-enjin; die wêreld se mees gevor-

derde transmissie, Dyna VT; en die puik hyser met sy hope reserwe-

kapasiteit.”

Die AGCO Power-enjin beskik oor ‘n Dynamic Tractor Management-

stelsel wat enjinomwentelinge outomaties aanpas om die mees

ekonomiese brandstofverbruik te verseker by veranderende grond-

en werktoestande. Die enjin bied ook ’n hoë wringkragreserwe – ’n

kenmerk van Massey Ferguson-trekkers – wat onder meer moontlik

gemaak word deur ’n lang enjinslag.

Dyna VT, Massey Ferguson se deurlopend-wisselende transmissie,

sorg outomaties vir die presiese beheer van grondsnelheid, terwyl

enjinomwentelinge so laag as moontlik gehou word. Dit bring mee

dat die trekker altyd op sy mees ekonomiese en doeltreffendste werk.

Daarby bied die elektronies beheerde driepunthyser met sy enorme

optelvermoë van tot 12 ton, ‘n groter reserwekapasiteit vir die

gemaklike hantering van implemente. Massey Ferguson se hoë-

tegnologietrekkers is beskikbaar met GPS-gebaseerde Autosteer, is

ten volle Isobus-gereed en ook reeds voorsien van antennas en sen-

sors vir Agcommand-telemetrie wat die afstandmonitering van die

trekkers moontlik maak.

“Die voordele van hierdie tegnologiekombinasie geld vir al die

maatskappy se hoëtegnologietrekkers – sowel as die res van die

MF 8600-reeks en die MF 7600-reeks,” sê Vorster.

Afgesien van die MF 8690, bestaan die MF 8600-reeks uit die

MF 8670 van 213 kW en die nuwe MF 8660 van 196 kW, wat onlangs

tot die reeks toegevoeg is om die kilowatt-gaping tussen dié reeks

en die MF 7600-reeks te vul.

Die MF 7600-reeks van 96 kW tot 177 kW bestaan uit sewe modelle

wat almal aangedryf word deur AGCO Power-enjins. Trekkers in die

reeks is beskikbaar met ’n Dyna VT- of Dyna 4- of Dyna 6-transmis-

sie afhangend van die model en beskikbare opsies. Die Dyna 4- en

Dyna 6-modelle beskik oor 16 of 24 vorentoe- en truratte onderskei-

delik, wat jy sonder ’n koppelaar wissel. Modelle in die reeks se hys-

vermoë wissel van 7 ton tot 9,1 ton – weer eens ver bo die gemiddeld.

Die maatskappy het die afgelope tyd enorme groei behaal in die

hoëtegnologiesegment van die mark. “Dit is omdat al meer eind-

gebruikers aan hulle sak die verskil ervaar wat Massey Ferguson-

tegnologie maak ten opsigte van brandstofverbruik, produktiwiteit

en werkverrigting,” voeg Vorster ter afsluiting by.

Die vlagskip onder Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers, die MF 8690, gaan voort om plaaslik louere in te oes vir brandstofdoeltreffendheid en

werkverrigting.

FOKUS