Background Image
Previous Page  53 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 92 Next Page
Page Background

– Deel 11

PJ PIETERSE,

Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch

Duiwekerwel (

Fumitory

)

WINTERREËNVALSTREEK

Onkruide in die

Reeks

d

aar kom twee

Fumaria

-spesies in Suid-Afrika voor,

maar net

Fumaria muralis

(duiwekerwel) is ‘n algemene

onkruid. Alhoewel dit na bewering ‘n relatiewe swak

mededinger by wintergraan is, kan dit sterk met

groentegewasse kompeteer.

Duiwekerwel se kompetisie-impak hang af van die gewasspesie

en -kultivar, tyd van vestiging van duiwekerwel en digtheid van die

populasie. In Australië is gevind dat duiwekerwel koringproduksie

met tot 40% en kanolaproduksie met tot 36% kan verlaag.

Die feit dat die plant teen ander plante kan opklim, maak dit ‘n sterk

kompeteerder teen gewasse met kleiner plante en dit het skynbaar

ook allelopatiese eienskappe wat gewasgroei kan onderdruk. Ander

faktore wat duiwekerwel ‘n suksesvolle onkruid maak, is die groot

genetiese variasie binne die spesie wat oorsprong gee aan baie

verskillende ekotipes wat verseker dat die spesie in ‘n reeks van

verskillende omgewings kan oorleef. Dit het saad wat tot 20 jaar

kiemkragtig kan bly en het ‘n baie wye venster van temperature

waartydens dit kan ontkiem. Duiwekerwel is moeilik om te beheer

in kanola en word dus bevoordeel in rotasies wat kanola insluit.

Duiwekerwel bevat ‘n klompie verskillende chemiese verbindings

wat toksies kan wees vir mense, maar in klein hoeveelhede medi-

sinale eienskappe het. Só word plantmateriaal van duiwekerwel

byvoorbeeld in lande soos Mauritius en die Réunion eiland in

badwater geplaas om uitwendige probleme, soos ekseem, aknee,

ringwurm, ‘n gejeuk en wonde te behandel.

Dit word ook inwendig as tonikum en stimulant gebruik wat na

bewering bloed suiwer, lewerfunksies stimuleer, as lakseermiddel

gebruik word, anti-diabetiese funksies het en gebruik word om hoë

cholesterol te beheer. Weens die moontlike toksisiteit, is dit egter

nie raadsaam om die plant vir inwendige medisinale gebruik aan te

wend nie.

Duiwekerwel is platgroeiende tot halfregop, kruidagtige, eenjarige

plante wat tot ‘n mate teen stutte soos draadheinings of ander plan-

te kan oprank. Hulle vertak redelik baie vanaf die basis en kan tot

60 cm hoog word. Die stingels wat haarloos en groen is, kan fyn

geriffeld tot hoekig wees. Die blare is dubbelveervormig saamge-

steld en is afwisselend gerangskik. Die blaarveertjies van die

boonste blare is omgekeerd eiervormig gelob, haarloos en tot

1,5 cm lank. Die saamgestelde blaar kan tot 8 cm lank wees.

Die blomme kom in oksel- of eindstandige trosse voor en is pienk

met perserige punte. Die vrugte is lig- tot donkerbruin, lensvormig

en tot 2 mm in deursnit. Die sade is groen tot bruin, lensvormig

met ‘n dowwe, haarlose oppervlakte en tot 2 mm in deursnit.

Voorkoms en verspreiding

Duiwekerwel is oorspronklik afkomstig van Marokko en die Ibe-

riese Skiereiland van Spanje, maar kom tans op alle kontinente

behalwe Antarktika voor. In Suid-Afrika kom dit wydverspreid

voor, maar veroorsaak veral probleme in koring in die Suid-Kaap

en in Mpumalanga. Dit is ook ‘n lastige onkruid in lusern en baie

groentegewasse in die winterreënvalstreek.

Duiwekerwel plant net met saad voort. Die blomme is selfbestui-

wend en minder as 1% kruisbestuiwing vind plaas. Duiwekerwelplan-

te kan tot 22 500 sade per plant produseer. Die sade kan binne drie

weke nadat die eerste blomme verskyn het, begin ryp word.

‘n Narypingsperiode is dan nodig vir die sade om te ontkiem. Dui-

wekerwel se saad kan deur klere, skoene, masjinerie, gewas- en

weidingsaad en voer versprei word. Oor die algemeen word dit

waarskynlik die meeste saam met onsuiwer kanola en ondergrondse

klawersaad oor lang afstande versprei.

Die saad kan ook deur water versprei word. Dit beskik ook oor ‘n

baie effektiewe kortafstand verspreidingsmeganisme (minder as

10 m) deurdat die sade se saadhuid olieryk is en miere dit dan

versamel en in hulle neste begrawe waar dit veilig kan lê en wag op

geskikte ontkiemingstoestande.

Duiwekerwelsade is hoogs rustend as gevolg van ‘n onvolwasse

embrio (vandaar die behoefte aan ‘n narypingsperiode) en saad-

huid wat suurstofopname belemmer. Die embrio word volwasse

ná blootstelling aan hoë temperature gevolg deur ‘n koue, klam pe-

riode. Sade wat vlakker as 5 cm begrawe is bly vir drie tot vyf jaar

kiemkragtig en op ‘n diepte van 15 cm kan dit vir 20 jaar lank oorleef.

Miere help met oorlewing deurdat hulle die sade diep begrawe. Dui-

wekerwel kan dwarsdeur die jaar ontkiem, maar dit gebeur meestal

tussen Mei en Augustus in reaksie op reënbuie. Die optimum ont-

kiemingstemperatuur is 10°C - 15°C alhoewel ontkieming tussen

5°C en 22°C kan plaasvind.

Ontkieming kan gestimuleer word deur bewerking in die dag wat

die sogenaamde ligeffek verskaf. Die bewerkingseffek vervang die

temperatuurbehoeftes van die saad vir ontkieming. Ontkieming

word nie deur stikstoftoediening beïnvloed nie. Sade is relatief klein

en ontkiem vlak (vlakker as 2,5 cm).

Wetenskaplike naam:

Fumaria muralis

Afrikaanse naam:

Duiwekerwel

Engelse naam:

Fumitory

51

April 2015

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer