Background Image
Previous Page  50 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

48

55%

van die groothandelsprys van

diesel in Maart het uit die basiese

brandstofprys (invoerpariteitsprys

van diesel) bestaan en 45% daar-

van uit heffings en belasting. Die

grootste gedeelte (70%) van hierdie belasting en heffings bestaan

uit die algemene brandstofbelasting en die Padongelukkefonds-

heffing.

Die dieselkorting waarvoor produsente kwalifiseer, bestaan

uit 40% van die algemene brandstofbelasting en 100% van die

Padongelukkefondsheffing. Dit wil sê, op grond van berekeninge

in Maart, kwalifiseer produsente om 42% van hierdie heffings

en belastings via die dieselkorting terug te kry op 80% van hul

kwalifiserende liters.

Die dieselkorting vanaf April 2015

Die Minister van Finansies het op 25 Februarie aangekondig dat die

algemene brandstofheffing op 1 April met 30,5 sent per liter en die

Padongelukkefondsheffing met 50 sent per liter gaan toeneem.

Dit bring mee dat die dieselkorting vanaf 188 sent per liter na 250 sent

per liter op 1 April gaan toeneem – vir 80% van regmatige gebruik.

Tesourie het ook in die vooruitsig gestel dat die dieselkorting in die

nabye toekoms (April 2016) los van die BTW-stelsel hanteer gaan

word. Daar is ook voorstelle deur die Minister van Finansies dat

die korting op die algemene brandstofheffing vir sekere bedrywe

verminder moet word.

Verhoging in dieselkorting gaan met meer

verantwoordelikheid gepaard

Uit die artikel is dit duidelik dat ondanks die feit dat heffings en

belastings skerp toeneem, die dieselkorting ‘n noemenswaardige

deel daarvan uitmaak. Dit alles spel uit dat ons in die landboubedryf

die dieselkorting met die nodige omsigtigheid moet hanteer en ten

alle tye moet beskerm – dit is van die min ondersteuningsmaatreëls

wat ons wel ontvang.

Vir meer inligting oor die hantering van die

dieselkorting, besoek (Skedule 6 deel 3):

http://www.sars.gov.za/AllDocs/LegalDoclib/

SCEA1964/LAPD-LPrim-Tariff-2012-19%20

-%20Schedule%20No%206.pdf

Die dieselprys bestaan uit 45%

heffings en belastings, maar...

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Samestelling van die groothandelsprys van diesel in

Maart 2015.

Grafiek 2: Dieselkorting.

Wenke vir dieselkorting

Eis die dieselkorting op grond van verbruik en nie

aankope nie.

Hou volledig boek van dieselgebruik op die plaas (vanaf

die hoofverspreidingspunte):

Datum van diesel ingegooi

Hoeveelheid diesel ingegooi

Beskrywing van voertuig

Waarvoor diesel aangewend is

Kry hier meer inligting oor die hantering van die

dieselkorting.