Background Image
Previous Page  59 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 92 Next Page
Page Background

57

April 2015

Laat die kenners wegdoen met

jou leë, gevaarlike afval

T

erwyl ons wag vir die goedkeuring van die industrie afval

bestuursplan, wil die Vereniging vir Veterinêre en Gewas-

verenigings van Suid-Afrika (AVCASA) graag vir produsente

raad gee oor die omgewingsverantwoordelike wegdoen

van uitgediende plaagdoders en leë plastiek plaagdoderhouers met

die ondersteuning van geregistreerde gevaarlike afval bestuurs-

maatskappye en aanbevole plastiekverwerkers.

Produsente benodig veilige en verantwoordelike tegnologie en

metodes om ontslae te raak van uitgediende plaagdoders en leë

plastiek plaagdoderhouers. Dit geld veral vir produsente wat vrug-

te en groente vir uitvoer produseer, omdat sertifiseringsagent-

skappe daarop aandring dat sulke afval verantwoordelik bestuur en

vernietig word.

Hierdie ou plaagdoders en leë plaagdoderhouers hou ‘n gevaar vir

openbare gesondheid en die omgewing in en mag ook produsente

se sertifisering in gedrang bring as dit nie verantwoordelik bestuur

en vernietig word nie.

AVCASA het verlede jaar met geregistreerde gevaarlike afval be-

stuursmaatskappye oor die wegdoen van uitgediende plaagdoders

beraadslaag sowel as met ‘n aantal plastiekverwerkers oor die weg-

doen van leë plastiek plaagdoderhouers.

Verwerking van leë plastiek

plaagdoderhouers

Daar behoort geen rede te wees waarom produsente met leë plas-

tiek plaagdoderhouers belas moet wees nie. Sulke houers moet

drie keer met skoon water gespoel word en die spoelwater moet

in spuittenks oorgegiet word. Dit maak die houers dan gereed om

verwerk te word.

Produsente mag sulke houers op die plaas berg en dan een van die

aanbevole verwerkers kontak vir die wegdoen van die skoon houers.

Sommige verwerkers kollekteer houers op plase, terwyl ander ver-

kies dat die houers by hul persele afgelaai word.

Die lys van aanbevole verwerkers is beskikbaar op

www.avcasa.

co.za

saam met riglyne vir die hantering en wegdoen van drie keer

gespoelde houers. Produsente word aangeraai om van die AVCASA

aanbevole verwerkers gebruik te maak omdat hulle voldoen aan

regulatoriese vereistes en goeie diens lewer.

Onthou:

Leë uitgediende plastiek plaagdoderhouers mag nie in afval

versamelplekke weggegooi word nie; dit mag ook nie op

plase begrawe word nie omdat dit ‘n wesenlike gevaar vir die

vergiftiging van grondwater inhou.

Houers mag nie op plase verbrand word nie omdat die hitte-

energie van gewone vure onvoldoende is en dit giftige gasse

vrystel wat ‘n groot gevaar vir mense, lewende hawe en die

omgewing inhou.

Dit mag ook nie aan enige iemand verkoop of geskenk word

om as houers vir enige voedsel of drank gebruik te word nie.

Dit is lewensgevaarlik om sulke leë houers vir kos of drinkwater

te gebruik.

Wegdoen van uitgediende plaagdoders

Uitgediende plaagdoders kan vernietig word deur drie van Suid-

Afrika se grootste gevaarlike afval bestuursmaatskappye. AVCASA

het met al drie onderhandel en hulle word op die webtuiste

www.avcasa.co.za

aangedui.

Hierdie maatskappye het goeie diensrekords, beskik oor die no-

dige menslike hulpbronne, vaardighede, toerusting en infrastruk-

tuur om hoogs gevaarlike afval, soos uitgediende plaagdoders, veilig

te vernietig.

Produsente wat uitgediende plaagdoders wil laat vernietig, moet

een van die maatskappye vir kwotasies nader. Dit word van sulke

persone vereis om ‘n inventaris saam te stel waarin die handels-

name, aktiewe bestanddele, tipes en toestand van houers, oor-

blywende massa of volume en produkveiligheidsdata-opgawes

aangedui word alvorens kwotasies saamgestel kan word.

AVCASA kan produsente die versekering gee dat as hulle van

die aanbevole maatskappye se dienste gebruik maak, hulle pro-

fessionele diens kan verwag. AVCASA is nie in ‘n posisie om enige

plastiekverwerker of afval bestuursmaatskappy te akkrediteer of

te sertifiseer nie; ons kan slegs hul bedrywighede onderskryf en

hul dienste aanbeveel. Ons behou die reg voor om slegs daardie

verwerkers en afval bestuursmaatskappye wat aan die industrie se

vereistes voldoen, aan te beveel as gevolg van die sensitiewe aard

van hierdie bedrywighede.

Vir verdere inligting, kontak mnr Tom Mabesa (AVCASA uitvoerende

direkteur) by 011 805 2000 of dr Gerhard Verdoorn (AVCASA-

konsultant) by 082 446 8946.

GERHARD VERDOORN,

AVCASA-konsultant

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Plaaghouers / Uitgediende plaagdoders

1: Leë plaagdoderhouers kan vir die produsent ‘n kopseer word.

2: Uitgediende plaagdoders is ‘n gevaar vir mens en dier.

1

2