Sade wat bo-op die grond ontkiem, vestig swak as gevolg van ‘n
swak kiemwortel wat nie die grond kan binnedring nie. Duiweker-
wel gedy in grond met ‘n hoë nutriëntstatus en reageer positief
op stikstofbemesting. Dit reageer ook goed op bekalking, want dit
verkies neutrale tot alkaliese gronde.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir duiwekerwel geregistreer is, wat
in die publikasie
A guide for the chemical control of weeds in South
Africa
genoem word, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook ‘n paar
onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat
die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddo-
ders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,
maar wat wel effektief teen duiwekerwel is as daar nie weerstand
is nie.
Duiwekerwel is redelik tolerant teen die hormoononkruiddoders
en ALS-inhibeerders moet ook toegedien word terwyl die plantjies
nog baie klein is. Duiwekerwel verloor gou sensitiwiteit teen die
ALS-inhibeerders as die plante kans kry om groter te word.
Volgens
www.weedscience.orgis daar nog nie weerstand teen
onkruiddoders in duiwekerwel aangeteken nie. Daar is wel weer-
stand in Australië teen trifluralien in ‘n naverwante spesie, naamlik
Fumaria densiflora
in 1999 aangeteken, maar nog nie in
Fumaria
muralis
nie.
Dit is egter belangrik dat antiweerstandsmaatreëls toegepas word
om te verhoed dat weerstand teen onkruiddoders ontwikkel. Sorg
moet gedra word dat enige onkruiddoder onder goeie spuittoestan-
de en die korrekte dosis toegedien word op onkruid wat nie groter
as die vierblaar-stadium is nie.
Té hoë en té lae dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teiken-
setel- en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die
gebruik van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as moontlik af
met ander onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander
woorde in ‘n ander werkswyse groep).
Alternatiewe beheer
Met die oog op die voorkoming en bestuur van onkruiddoder-
weerstand is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese be-
heer staatgemaak word nie. Dit is maklik om duiwekerwel met die
hand uit te trek, maar die versteuring veroorsaak dat groot getalle
saailinge weer daarna opkom. Dit moet elke tien weke herhaal
word. Probeer ook om skadu-effekte te skep deur vinnig groeiende
gewasse of deklae.
In Australië is gevind dat bewerking die ontkieming van duiweker-
wel stimuleer. In koring wat deur middel van geenbewerkingsprak-
tyke gesaai is, was die hoeveelheid duiwekerwel onbenullig min.
Waar geenbewerkingskoring egter opgevolg is met kanola wat
voorsaai bewerk is, het die getalle duiwekerwel astronomies toe-
geneem, omdat bewerking die ontkieming stimuleer en ook omdat
duiwekerwel baie swak beheer word in kanola.
Bewerking in die nag, indien prakties moontlik, het baie minder
duiwekerwelplante tot gevolg gehad en indien die gewas onmiddel-
lik daarna gesaai is, het dit duiwekerwel redelik goed onderdruk
deur skadu-effekte en kompetisie. Daar word ook voorgestel dat
‘n ligte bewerking toegepas kan word om ontkieming te stimuleer
en die saailinge dan met ‘n nie-selektiewe middel voor saaityd
doodgespuit word.
Met gewasrotasies moet in ag geneem word dat duiwekerwel
moeilik in kanola, lupiene, erte en weidings beheer word. Die geen-
bewerkingstoestande in ‘n verlengde weidingsfase mag minder
duiwekerwel op die land tot gevolg hê, maar dit verminder nie
die saadbank nie. Daar word voorgestel dat ‘n triasienbestande
kanolakultivar ná die weidingsfase gesaai word, aangesien triasie-
ne redelik effektief is op duiwekerwel.
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
April 2015
52
1: Sade van duiwekerwel.
2: Die saailing van duiwekerwel.
3: ‘n Volwasse duiwekerwelplant met
blomme.
4: Blomme en jong vrugte van duiweker-
wel.
5: Spreidende groeiwyse van duiwekerwel.
ONKRUIDE IN DIE WINTERREËNVALSTREEK
1
4
2
3
5