

d
ie dinamiek van die plaaslike
mieliemark, veral in terme van
die verwerking, het oor tyd
redelik verander. In terme van
produksie, word die meeste
geelmielies onder normale
omstandighede in die oostelike gedeeltes
van die land verbou – dit sluit hoofsaaklik
Mpumalanga en die Oos-Vrystaat in.
Witmielies word meestal in die westelike
gedeeltes van die land geproduseer wat
hoofsaaklik in die westelike gedeeltes van
die Vrystaat en die Noordwes Provinsie
is. Die verwerking van mielies het oor tyd
grootliks aangepas by die produksiegebie-
de en dit is belangrik om van hierdie inlig-
ting gebruik te maak ten einde vas te stel of
die mark effektief funksioneer al dan nie.
Witmielies
Grafiek 1
toon die produksie en verwerking
per provinsie van witmielies as ’n persenta-
sie van die totaal wat in die land geprodu-
seer word. Uit Grafiek 1 kan gesien word
dat die Vrystaat en Noordwes Provinsie
die twee grootste witmielieproduserende
provinsies in die land is met onderskeide-
lik 46% en 26% van witmielies wat hier
verbou word.
Alhoewel die syfers van die Vrystaat dié
provinsie se totaal weerspieël, word die
groter meerderheid van dié provinsie
se witmielies deur die meer westelike
gedeeltes gelewer. Mpumalanga is die
derde grootste witmielieproduserende
provinsie in die land en lewer ongeveer
14% van die totale witmielies. In terme van
produksie speel die ander provinsies ’n baie
kleiner rol in die totale prentjie.
Grafiek 1 toon dat die meeste witmielies
in die Vrystaat en Noordwes Provinsie
verwerk word – 25% en 21% onderskeidelik.
Gauteng is die derde grootste provinsie in
OP PLAASVLAK
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
27 November 2018
Mieliemark
:
Weerspieël huidige
prysvormingsmeganisme effektiwiteit?
Grafiek 1: Witmielieproduksie en verwerking per provinsie (persentasie van totaal).
* Sluit Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap in
Bron: NOK en SAGIS
Grafiek 2: Witmielieproduksie en verwerking per provinsie (gemiddelde 2011/2012 - 2017/2018).
* Sluit Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap in
Bron: NOK en SAGIS
Januarie 2019
16