

terme van witmielieverwerkings en 19%
van die witmielies word gemiddeld per jaar
hier verwerk. Die Kaapprovinsie (Noord-
Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap) verwerk
ongeveer 12% van die totale witmielies
per jaar, terwyl Mpumalanga, Limpopo en
KwaZulu-Natal almal minder as 10% van
die totale witmielies per jaar verwerk.
In
Grafiek 2
word die produksie en
verwerking van witmielies met mekaar
vergelyk in terme van die tonnemaat
geproduseer. Die grafiek toon dat beide
die produksie en verwerking in die Vrystaat
die hoogste is gevolg deur die Noordwes
Provinsie. In hierdie twee provinsies vind
die meeste transaksies tussen produksie en
verwerking van witmielies plaas.
Mpumalanga verbou ook meer witmielies
as wat in die provinsie verbruik word, ter-
wyl die res van die provinsies almal minder
mielies produseer as wat verbruik word.
Dit beteken dat hierdie provinsies in tekort-
situasies is.
Geelmielies
Grafiek 3
dui die gemiddelde produksie
en verwerking van geelmielies oor die
afgelope sewe seisoene aan. Die Vrystaat
is die grootste geelmielieproduserende
provinsie oor hierdie tydperk gevolg deur
Mpumalanga. Hierdie twee provinsies
produseer onderskeidelik 34% en 32% van
die totale geelmielie-oes. Die Kaapprovinsie
is die derde grootste met ongeveer 13%
van die totale oes. (Van die drie provinsies
wat saamgevoeg is, produseer die Noord-
Kaap die meeste geelmielies.)
In terme van die verwerking van geelmie-
lies blyk dit uit Grafiek 3 dat die meeste
geelmielies steeds in Gauteng verwerk
word, gevolg deur die Kaapprovinsie.
Hierdie twee provinsies verwerk onder-
skeidelik 28% en 21% van die land se totale
geelmielies, Mpumalanga en die Vrystaat
albei 15%, die Noordwes Provinsie en Kwa-
Zulu-Natal elk 10% en Limpopo verwerk die
minste geelmielies van al die provinsies.
Grafiek 4
vergelyk die geelmielieverbouing
en verwerking per provinsie in terme van
die fisiese tonnemaat geproduseer en
verwerk. Dit is duidelik dat die produksie
in die Vrystaat, Mpumalanga en die Noord-
wes Provinsies die verwerking in dié
provinsies oorskry. In die meeste van die
ander provinsies is die verbouing laer
as die verbruik wat hierdie provinsies in
tekort-situasies plaas.
Ten slotte
Die inligting in die artikel dui aan dat die
meeste van die produksie en verwerking
van witmielies mekaar in die Vrystaat en
Noordwes Provinsie oorskry. Dit beteken
dat die hoogste konsentrasiepunt van
transaksies tussen die produksie en ver-
werking van witmielies meestal in die
westelike gedeeltes van die land plaasvind.
In terme van geelmielies toon die syfers
dat alhoewel die meeste verwerking steeds
in Gauteng gebeur, ’n groot gedeelte in
Mpumalanga en die Vrystaat plaasvind.
Dit is ook die geval in terme van produksie.
Daaruit kan afgelei word dat die hoogste
konsentrasiepunt van transaksies tussen
die produksie en verwerking in die meer
oostelike gedeeltes van die land behoort te
wees, wat Mpumalanga, die Oos-Vrystaat
en Gauteng insluit.
Gegewe hierdie inligting en die duidelike
verdeling tussen wit- en geelmielies laat
dit die vraag ontstaan of die huidige mark-
meganisme vir prysbepaling met Randfon-
tein as verwysingspunt, steeds die beste en
mees effektiewe alternatief weerspieël.
Grafiek 3: Geelmielieproduksie en verwerking per provinsie (persentasie van totaal).
* Sluit Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap in
Bron: NOK en SAGIS
Grafiek 4: Geelmielieproduksie en verwerking per provinsie (gemiddelde 2011/2012 - 2017/2018).
* Sluit Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap in
Bron: NOK en SAGIS
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
17
January 2019